Gedigte
Verbeel jou (Deel I)….
Jy lê op ‘n ou dekstoel
Hier op my oop balkon
‘n ligte briesie speel
deur oop skuifdeure
draai spoke in die kantgordyn
_______________________________________
Verbeel jou (Deel II)….
My vingers kruip so suutjies
hier oor die vaalbos veld
waar twee vir eens verenig is
en die liefde hom vergeld
_______________________________________
Openbaring in vers:
dawerend
deels
verdurend
dui
die daglig
die dood
verdag
_______________________________________
Die Sixtine Openbaring
Eendag lank lank gelede
toe ‘n engel die hemel oop sluit
Staan Johannes en vier wesens
voor die poorte van die paradys
_______________________________________
Trane vir ‘n oumens
Iewers
in die klowe
speel dagbreek
met ‘n vuur
_______________________________________
God se kamer venser
Mis jy ook die dae
by die Misty Mountain Lodge
Die Long Tom pas kanonne
en die koeëlgat in die berg
_______________________________________
Bosveld Somersaand
Met die oudag as die son sag
deur die bosveld bome hang
En die krieke jou vermaak
met skrille sang
_______________________________________
Briefie vir Suid Afrika
Daar is ‘n plek waar
ek al my gedagtes herleef
en beelde van die lewe
voor my aangesig sweef
die verlange oor ‘n tyd
waar verbeelding
die wêreld vergeef
_______________________________________
Ebenezer
Onthou jy die ou Eik
in die kloof by Ebenezer
Die reuk van kersie bloeisels
en die misreën oor die meer
_______________________________________





