Ignorance Kills

10:10 pm Algemeen

Ek skryf normaalweg nie engels nie, maar vir tekortkoming aan my Afrikaanse woordeskat skryf ek nou maar die stukkie in Engels.

Na aanleiding va Rene se inskrywing op haar blog onlangs:

Iets wat my oorlede stiefpa my geleer het:

Ignorance breeds apathy
Ignorance strangles empathy
Ignorance drains life like a leaking tap
Ignorance stems from the inability to accept change
Ignorance mutes the ability to utilise such change towards that which is good
Ignorance fans the flames to deteriorate what is good to cause that which is bad
Ignorance through such deterioration causes famine, disease, crime and sorrow

In Short:

Ignorance kills!

Soos René lê my empatie by die kinders wat geraak word deur die "ignorance" van ouers.

14 Responses
  1. Roer :

    Date: April 22, 2008 @ 4:09 am

    Ek herhaal wat ek by Renetjie gesê het: “Ek gaan nie hierdie mense oordeel as dit kom by ‘werk’ nie. Ons ken nie hulle situasie nie. Hulle het nou hulp nodig. Nie kritiek nie. Die een voordeel lyk my is dat daar ’skills’ is. Petra praat van skrynwerkers. Die skills het hulle natuurlik niks in die werkplek gehelp nie, want die velle is te wit. Almal het nie ‘n geleerdheid wat hulle enige plek in die wêreld werk kan bied nie. Hulle milieu is SA en soms net ‘n stad/dorp. As daar in daai plek nie werk is vir hulle nie, vergaan hulle. Dit slaan my ook altyd dronk dat iemand kan swanger raak in sulke omstandighede, maar weereens, ons ken nie die omstandighede nie en die mense het ons hulp nodig en as daar nou een volk is wat KAN organiseer en help, is dit ons volk.”

    Goeie en wyse ‘gedig’ Jas, maar die lewe is ongelukkig nie swart en wit nie.

  2. Jasper :

    Date: April 22, 2008 @ 7:25 am

    Roer

    Ignorance sluit die res van die gemeenskap in wat ‘n blinde oog gooi.

    Maar my grootste “gripe” met dit is mense wat bedel, soms met die kind op die arm…. As hulle op ‘n straathoek kan kom om bakhand te staan, kan hulle seer sekerlik op ‘n plek kom waar hulle vir ‘n dagloon kan gras sny en arbei.

    Ek was onlangs op ‘n plek waar daar rye en rye tente staan om hierdie mense te huisves. Die edele gedagte van die eienaar van die grond was om aan hierdie mense te verskaf op sy plaas sodat hulle selfonderhoudend kan lewe.

    Die implemente is daar en die saad en water, maar dit is makliker vir hulle om te krepeer en nie die land te bewerk nie. Nee, want dit is makliker om te kyk wie kom eerste by die koslorrie in die middag wat van Pick & Pay en Hyperama kom met vervalde kos en groente as wat dit is om ‘n trekker aan te sit en te ploeg.

    Intussen het die implemente so stadig maar seker begin verdwyn. Iewers tussen ‘n pawnshop en ‘n bottel drank ge-eindig en dit raak al hoe erger. Mense kom van heinde en verre. Dit is haglik en die storie raak al hoe erger.

    Die eienaar van die grond is oud, siek en bed lê-end. Daar is verpleegsters onder die “plakkers” wat hulleself nie eens kan verwerdig om da hom om te sien nie.

    As jy dink ek suig my duim, ry bietjie Swartspruit toe tussen Pretoria en Brits. Gaan kyk wat daar aangaan. Die vierkleur wapper oor ‘n veld van gemors. Ek is jammer, maar dit is glad nie waarvoor daardie vlag gestaan het nie.

    Daar is mense wat hulp nodig het. Mense wat selfs probeer om na hierdie mense om te sien. My respek en empatie lê by hierdie mense se bereidwilligheid.

    Maar ek verafsku die een wat sy kind laat lei oor hy nie kan werk kry net omdat sy vel wit is nie. Jammer, vir my is Apartheid dood. Velkleur speel nie vir my ‘n rol nie. ‘n swart skrynwerker het “souvenirs” gekerf uit optel hout en langs die pad verkoop om aan die lewe te bly tydens Apartheid. Wat is fout met ‘n wit skrynwerker se hande.

    Vir my is daar ‘n dadwerklike streep tussen hulp nodig en net algemeen sleg wees.

    En ja, onder hierdie gespuis tel geleerdes ook. Onder andere ‘n dokter, ‘n Prokureur en ‘n geleerde boer.

    As daar hulp nodig is, moet dit leiding wees om hierdie mense weer in te lig wat dit beteken om ‘n wit Afrikaan te wees. Wat dit beteken om waardes te hê en hoe om bekwaamheid behendig en selfstandig te gebruik om sodoende kos op die tafel van ‘n kind te kan sit.

  3. Wipneus :

    Date: April 22, 2008 @ 8:07 am

    Jasper ek stem daar is hope lui mense daarbuite, maar daar is ook ‘n handjievol wat te oud of te sieklik is, dis gewoonlik daar waar ek my geldjie laat val. Eendag het ‘n vriendin en die kerk mense ‘n vrou wat bedel (Menlyn) ‘n werkie gaan aanbied. Haar antwoord: hoeveel betaal die werk? Nee dankie, sê sy ek verdien baie meer hier! (Sy bedel)
    Ek het nog nooit honger gelei nie, wil ook nie graag oordeel, maar ek weet darem nie of ek aan die bedel sal kan gaan nie, dit sal baie moet vat om my op ‘n straathoek te kry. ;) Daar is natuurlik ook baie mense wat regtig nie werk kry nie, maar mens moet net soek en bereid wees om enige werk te doen. Werk is werk, solank dit kos op die tafel sit. Ons neem ook partykeer werk in wat ons nie regtig voor lus is nie. Maar jy kan nie meer kieskeurig wees nie. Groot kontrakte gaan nou gewoonlik aan BEE maatskappye “ens” as jy bereid is om vir iemand ‘n ekstra in die sak te stop as omkoopgeldjie (nie minder as 7 of 8 syfers), is die kontrak joune! Ek weet, ons moes al sulke kontrakte van die hand wys! Ek dwaal van die punt af…wat ek eindelik wil sê, as jy skelm is gaan jy makliker werk kry.
    Suid Afrika is nie meer dieselfde nie. Ek sukkel self om deesdae met alles te “cope” Maar ek het baie empatie met kinders, ek sal my laaste geldjie uithaal om ‘n kind gelukkig te maak!!

    Ek hou baie van die gedig!

  4. Roer :

    Date: April 22, 2008 @ 9:05 am

    “As daar hulp nodig is, moet dit leiding wees om hierdie mense weer in te lig wat dit beteken om ‘n wit Afrikaan te wees. Wat dit beteken om waardes te hê en hoe om bekwaamheid behendig en selfstandig te gebruik om sodoende kos op die tafel van ‘n kind te kan sit.” Hoor, hoor.

  5. Da Mario :

    Date: April 22, 2008 @ 9:30 am

    Hierdie is altyd moeilike situasies…

  6. Rene Boshoff :

    Date: April 22, 2008 @ 3:00 pm

    Dis moeilike situasies ja DM, ek stem, maar ons verkies om eerder ons rug te draai, in ons fancy karre te klim en na ons cosy huise te ry en agteroor te gaan sit en kyk hoe ons kinders speel! Ek beskou myself as “gelukkig”! Ja, ek het gewerk om te kom waar ek vandag is en NIKS het in my skoot geval nie! So ek hoef nie aan armes te verduidelik hoekom ek ‘n grand kar en huis het nie, maar moet ek wat so bevoorreg en geseënd is nie juis my dankbaarheid vir dit wat ek het bewys deur die wat minder bevoorreg is te help nie, maak nie saak hoe gering dit is nie?

  7. Rosalind Franklin :

    Date: April 22, 2008 @ 5:44 pm

    Ek hou van wat jy se oor ignorance, Jasper, ignorance of the mind…maak ‘n mens emosioneel en uiteindelik fisies ook arm.

    Ek kan lees jy praat van ervaring met lui mense.

  8. Tersia :

    Date: April 23, 2008 @ 7:07 am

    Kobus se altyd: Daar is followers en daar is leaders…. Hier in ons omgewing het daar ‘n ou altyd resepteboeke verkoop. Ek het hom ondersteun en toe ek by die huis kom, was net die eerste paar blaaie iets wat sin gemaak het, verder deurmekaar!! Ek was woedend! Op ‘n ander keer het dieselfde ou in Zambezi (by verskeie robotte), weer gebedel. Hy is opdringerig en toe ek noem oor die resepteboek, het hy gese maar hy het die geld nodig! Wel, volgens my is dit oneerlik bekom! Ek het gese dat ek in elk geval nie geld het om vir hom te gee nie, het hy my so gevloek en sleggese (met ‘n drank en rookasem….jig!!) en onder andere genoem dat ek nie weet hoe dit voel om sonder kos, klere, kar….ens te wees nie!
    Toe ek dit aan vriendinne noem, het hulle dieselfde gese dat die ou vrouens so vloek as hulle niks gee nie. Dit maak my twee keer dink voor ek weer vir bedelaars iets gee.

  9. Tersia :

    Date: April 23, 2008 @ 7:12 am

    Laat val nou iets anders as ‘n muntstuk in daardie “blinde” ou se blikkie, dan sien jy hoe vinnig kyk hy….. Dis dinge wat gebeur as jy jong seuns in die kar het…. Ek is soms bly ek het ‘n donkerbril op!
    Elke huis het maar sy kruis, maar ek voel ook regtig jammer vir kinders wat in sulke omstandighede is wat nie daarvoor gevra het nie! Kan hulle nie ophou kinders kry nie!! Ag, seker ok maar mens…seker ook maar….

  10. sonkind :

    Date: April 23, 2008 @ 1:01 pm

    Ignorance is also bliss. Count it the greatest sin to prefer mere existence to honor, and for the sake of life to lose the reasons for living.

  11. cheap transcription services :

    Date: June 17, 2016 @ 2:26 pm

    I enjoy reading through an article that will make men and women think.
    Also, many thanks for allowing for me to comment!

  12. best transcription services :

    Date: June 24, 2016 @ 9:05 am

    Yes! Finally something about quotes.

  13. Translation Michigan :

    Date: July 13, 2016 @ 1:15 pm

    Amazing! Its truly amazing paragraph, I have got much
    clear idea concerning from this piece of writing.

  14. divorce lawyers :

    Date: August 16, 2016 @ 7:06 pm

    Asking questions are truly good thing if you are not understanding something entirely,
    except this post gives fastidious understanding
    even.

Leave a Comment

Your comment

You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.