Laaste Woorde

3:55 pm Jasper se liedies

LAASTE WOORDE 

Die morester hang in die ooste
En die laatnag glip stil verby
Daar is ‘n trekkie op die oggend lug
Wat sny deur my dikste ou trui

Ek krap deur gistraand se kole
Vir ‘n warm ketel steen
Die reuk van dougras hang om my
Dit ruik soos die lente reen

Jou laaste woorde ruk die snare diep
Dit spook hier binne in my
As die briesie deur die bloeisels fluister
Hoor ek jy is lief vir my

Daar is skimme tussen die newels
Van die vroee oggend uur
Dit verander in die hoogste bome
En gooi skadu’s duskant die vuur

Die Seun van die more kom nader
met ‘n vlinder wat dans in sy hand
en die saad van die najaar se weiding
rys groen deur die winter se brand

’n swaeltjie sny deur die more mis
Wat hang soos ’n reuk oor die veld
En my hart klou aan ’n gedagte
Wat die koue uit my uit smelt

Want ek hoor weer jou laaste woorde
Wat roep na die mens diep in my
As die briesie deur die bloeisels fluister
Hoor ek jy is lief vir my

 
icon for podpress  Laaste Woorde [2:42m]: Play Now | Play in Popup | Download

9 Responses
  1. Justine :

    Date: January 22, 2008 @ 9:27 pm

    Ek het stilletjies en ongemerk hier tussen die blomme kom sit en my verlustig in die ongelooflike betowering wat in my hartklop fluister.

    Ek hoop die een vir wie dit bedoel is ervaar dit wat in my siel vloei as sy hierna luister. Dit is asemrowend mooi.

  2. Justine :

    Date: January 29, 2008 @ 6:12 pm

    Hierdie liedjie se laaste versie het my vanoggend 05:10 ‘wakker gesing’

    Nee, dit was glad nie vreemd gewees nie, maar ek wens ek kon meer van my reis onthou het, dit moes êrens tussen die sterre….

  3. Jasper :

    Date: February 5, 2008 @ 10:41 am

    Justine,
    Met jou gevoel, sal ek graag wil sien hoe jy skryf…

  4. Justine :

    Date: February 6, 2008 @ 5:29 am

    My heart
    Compressed
    Crushing my chest
    Love is engulfed by pain
    Ceaselessly flowing
    Through each vein
    Marring my soul

    Desperate cries
    Outstretched hands
    Sobbing your precious name
    My love
    My breath
    My life
    My need
    My ecstasy

    Groping coils of sacrifice
    Voices screaming within my soul
    Weeping
    You are me
    I am you
    I can’t let go
    Oh God
    I love him so

  5. Rosalind Franklin :

    Date: February 8, 2008 @ 12:38 pm

    Ek het nou nie my oorfone hier en, sal vanaand die liedjies luister by die huis, maar die woorde van al die liedjies is baie, baie nice.
    Hou ook van die kiekies, en skryfsels van die diere.

  6. Catharina :

    Date: March 4, 2008 @ 4:28 pm

    Die Goue Kroon is Pragtig.

  7. Justine :

    Date: April 28, 2014 @ 9:57 pm

    Heerlik om weer hier te kan en mag kom lees en luister. Dankie

  8. Jolie :

    Date: June 16, 2016 @ 2:10 am

    You completed some fine poinnts there. I did a seaarch on the matter
    and found mainly people will have the same opinion with your blog.

  9. ??????????????????? :

    Date: November 12, 2017 @ 3:11 pm

    Very good blog! Do you have any tips and hints
    for aspiring writers? I’m planning to start my own blog soon but I’m a
    little lost on everything. Would you suggest starting with a free platform
    like Wordpress or go for a paid option? There are so many options out there that I’m totally confused ..

    Any ideas? Cheers!

Leave a Comment

Your comment

You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.