DaMario, TristonJ en die Montana Dros
April 2, 2008 5:29 pm AlgemeenUiteindelik kon Jasper toe nou name by gesigte pas. Saam met die Legend (Da Mario) so bietjie skuim van ‘n braffie of 2 gaan afblaas. TristonJ het saam ‘n ogie kom wys en die geselligheidjie was lekker. Op slag moes ek haar darm net bietjie touwys maak met ‘n glasie Jameson en Tonic ;) Dankie julle. Ons maak verseker weer so. (Volgende keer verkieslik om ‘n knetter vuurtjie met ‘n kitaar of ‘n ding by en niks verder verpligtinge nie…
Kyk,SA is lekker. Die enigste ding wat my vang is die konsumpsie van die druif se sap en die hoeveelheid beeste wat ek nou al geknaag het van ek hier is. Nagmerries 2 uur in die oggend. Eina!! En nog is dit het einde niet. Die 10e is ver…… (Ek raak te oud vir die 5 uur in die oggend slapery…)
Besigheid is bedrywig in Suid Afrika en ek kry die idee die sonland gaan my ‘n hele paar keer te siene kry in die volgende paar maande. Hopelik nie deur termnaal 5 nie
Elke geval, die braai roep
gesels weer more






Jaco :
Date: April 2, 2008 @ 9:08 pm
Welkom terug in die land van melk en heuning (of is dit nou vlees en druifnektar?)
Klink of die Dros uitstappie toe ‘n jolige besigheid was.
Nikita :
Date: April 2, 2008 @ 10:27 pm
Klink vir my TE lekker! geniet dit! Ouderdom tree nou in?
Meermin :
Date: April 3, 2008 @ 5:49 am
Volgende keer join ek julle, daai vuurtjie met die kitaar klink lekker! Laat weet my vroegtydig!!
Roer :
Date: April 3, 2008 @ 11:06 am
Jy weet, daar is baie meer te sien in Suid Afrika as net Gauteng. Moenie ons ou beskeie klompie Kapenaars vergeet nie.
TristonJ :
Date: April 3, 2008 @ 7:17 pm
daai goed wat jy my meer tou wys gemaak het! ouch! lol… maar dit was heerlik om jou te ontmoet en n gesig met lyf en al aan n blog te heg!
sonkind :
Date: April 3, 2008 @ 7:34 pm
Ek stem saam met Roer, die Kaap is mooi, die son skyn, hier is Bikini Beach en Sandy Bay en Clifton. Ag, wat kan ek meer sê. O ja, hier is KWV ook
Nikita :
Date: April 3, 2008 @ 8:55 pm
Hi Jasper…as jy nie omgee nie… jy’s die musiekman… loer in by Ge se liedjie…my vertaling…kommentaar asb… tks!
Da Mario :
Date: April 5, 2008 @ 1:58 pm
Ja Jasper dit was lekker. Sal ek nou aspris wees as sê dat ek oplet dat TristonJ sê die “lyf” was ook lekker om by die gesig te pas??
TristonJ :
Date: April 6, 2008 @ 1:57 pm
DM jy is altyd aspris! Ek bedoel bloot dat ek reeds geweet het hoe sy gesig lyk… nou het ek die res gesien… maar aan gesien jy nou so aspris wil wees. Die lyf is geen teleurstelling gewees nie!
My Kop Op 'n Blok! :
Date: April 6, 2008 @ 8:02 pm
Ja, dit klink lekker, veral die kitaar om die knettervuur gedeelte. Die 5-uur in die oggend gaan slaap sal ek op my ouderdom liewer ‘n ’skip’ gee!
Rene Boshoff :
Date: April 7, 2008 @ 7:53 am
Jaaaaa Jassie - die Kaap is ook mooi en lekker en ons wyn is die beste in die wêreld - so moenie vir jou upstairs hou nie! Kom kuier vir ons ook!!
Zee :
Date: April 8, 2008 @ 9:36 am
Jasper, dit is lekker om die gesigte by die name te sit nê!
Jasper :
Date: April 8, 2008 @ 11:20 am
Ek kuier so lekker hier dat ek amper nie eens blog nie. So gepraat van lywe en die mooiste kaap…
Ek belowe plegtig om volgende keer draai daar te. My boet wil my seker al vermoor omdat ek nie by hom uitkom nie.
Volgende keer julle
Ek maak nou reg om Donderdag terug te vlieg Londen toe. Vergaderings is klaar en alles het goed verloop.
Een van die dae is ek in die Congo en dan Nigerie en so aan..
Sal vir julle blog van daar af (As ek kan)
Bloggers en hulle k*k… « Da Mario se gepraat… :
Date: April 8, 2008 @ 12:26 pm
[...] aan dat ek dalk ook minder gaan blog. Ek is nie van plan om op ‘n uitgebreide safari ala Jasper deur Afrika te toer nie, ek is nie van plan om op te hou skryf nie, ek is nie van plan om Ebola op [...]
Meermin :
Date: April 9, 2008 @ 8:55 am
Eish het julle so lekker gekuier dat jy amper ‘n week verloor het?
Nikita :
Date: April 11, 2008 @ 10:09 am
… en jy pas nog steeds name by gesigte…LOL!
Meermin :
Date: April 11, 2008 @ 10:49 am
Pas jy nou nog die name en die gesigte en die blogs bymekaar, wa is jy????
boendoe :
Date: April 11, 2008 @ 4:23 pm
Hi Jasper, maak nou seker dat jy eendag ‘n draaitjie in sonnige Angola ook kom maak! Dan sal ons na een of ander obskure eetplekkie gaan en goedkoop Porra-wyn drink! Ek sal ook graag die lyf aan die kop wil sit!
Jasper :
Date: April 12, 2008 @ 5:55 pm
Jitte Boeta, ‘whats cooking’ gedink die SA trip verskyn al op die blog. Ons Mis ‘n nuwe storie!
Da Mario :
Date: April 15, 2008 @ 6:07 am
Neem aan daar’s nie juis Internet in Nigerië??
Nuwe post ’seblief!!
Meermin :
Date: April 15, 2008 @ 11:12 am
((((((((((hallo))))))))))
julle ek dink die man het die aand toe jy DM en Trison ontmoet het, te dink in die bottel gekyk, of verdwaal, waar is jy?? Hierdie is nou regtig al ou nuus!!!
Tersia :
Date: April 17, 2008 @ 8:44 am
Dit bly maar lekker om lekker te kuier. En so was julle omtrent 1km van ons huis af! Daar het ons nou ‘n lekker kuier-vuur aangeskaf!