Op pad na Suid Afrika

10:13 am Algemeen

Ek speel nou lekker!

Klaar weg by Heathrow en nou in transito op Madrid lughawe. Lekker…. Die vlug vanaf Heathrow is so uur tot hier en nou moet ek nog so 2 ure verwyl voor die Johannesburg vlug vertrek. DSCF0002Geen probleem nie, die lughawe is ongelooflik mooi met so paar "endeaming  features" soos ‘n rook area!! Seker die enigste plek in Europa wat nog so iets het buiten Duitsland.

Ek het probeer soek na ‘n "polarised donkerbril", maar die DSCF0003 enigste een in "duty free" is ‘n stel Ray Bans en sy glase laat my kop te groot lyk. Sal maar in SA een aanskaf of as ek baie gelukkig is sal ek my ou een kry waar ek gekuier het laaste by oubaas Chris…

Ek doen nou ‘n hele paar inskrywings so kort op mekaar want ek probeer die nuwe sisteem toets. Sover is ek heel be-indruk. Het nou heeltemaal wegbeweeg van Blogjet af en besluit om "Windows Live Writer" te gebruik. Wat ‘n fees. dinge wat voorheen eeue gevat het om te doen is nou reg en klaar in 5 minute. Dit sluit die foto’s in. Voorheen moes ek hulle edit met photoshop, dan die groodtes verander en dan "save for web".  Om die prentjie mooi in te kleur, ‘n inskrywing soos die het my normaalweg sowat 40 minute geneem. Foto’s edit, stukkie skryf, wag vir die rekenaar om aan te skakel, wag om aanlyn te kom etc etc etc.

Met die Vaio, ‘n finepix 7mp kamera en "Windows Live Writer" het hierdie stukkie my sopas 5 minute gevat. Rekenaar aan die gang kry en alles ingesluit. Fotokaart uit die kamera, reguit in die Vaio, ingevoer deur "windos live Photo Gallery", ge "drag en drop" tussen die text in, opsies gekies en "viola!"

DSCF0004 Met Live Writer "drop" ek eenvoudig die foto op die blog, "drag" sy grootte en kies dan "photopaper" om hom ‘n foto randjie te gee. Die lekkerste ding van "Live Writer" is dat hy die Wordpress "theme" optel sodra jy die blog "Login" en instede dat jy dan op ‘n wit agtergrond jou inskrywing tik, lyk die gedeelte waarop jy tik soos jou blog. Dit gee die voordeel dat jy presies weet waar jou foto’s in die inskrywing lê, en hoe die publikasie gaan lyk.

Vir Annelie, Ja jy kan jou tab en "indent" ook gebruik en as dit nie werk nie, het jy die voordeel om met tabelle ook te werk. (Soos wat ek gedoen het met die De La Rey vertaling ;) Dan is daar nog so paar ander lekker dingetjies wat mens kan doen….. Soos om ‘n kaart in te sit van waar jy jouself bevind (Mits jy internet access het… Wat ek nie voor wil  betaal op Madrid lughawe nie… Dit kos ‘n arm, ‘n voet EN 2 bene :-?) Ek sal dit maar volgende keer probeer. Op die oomblik moet ek nou maar hierdie inskrywing "save" tot ek weer aanlyn is.

Teen die tyd wat julle hierdie inskrywing te siene kry is ek al in SA en nog ‘n dag nader aan ‘n lekker koue biertjie saam met Da Mario :) (DM, dit sal dan die Dros in Montana wees ;)

Groete onderweg…

Jasper

8 Responses
  1. Meermin :

    Date: March 31, 2008 @ 1:05 pm

    Ek hoop ek word ook genooi vir hierdie koue biertjie, klink lekker!

  2. Nikita :

    Date: March 31, 2008 @ 9:37 pm

    hmmm…geniet dit! nou gaan jy seker meer kere blog… :)

  3. Da Mario :

    Date: April 1, 2008 @ 8:45 am

    Jasper dis reg, sien jou vanmiddag by die Dros in Montana!

  4. Meermin :

    Date: April 1, 2008 @ 10:36 am

    Eish ek sou graag die uitnodiging van DM wou aanvaar om saam julle so lekker eish koue ene te drink, ek kom eers na 5 by die huis, dan MOET ek gaan geld trek en en en en en, dalk ‘n volgende keer - op ‘n Saterdag of Sondag middag.

  5. Dellie :

    Date: April 1, 2008 @ 3:55 pm

    Ek’s jaloers! Geniet dit, julle!

  6. Meermin :

    Date: April 2, 2008 @ 10:38 am

    Wat het van jou en DM geword? Nie een van julle twee het vandag nuwe inskrywings nie. Jammer ek kon dit nie gister maak nie, sou nice gewees het, so ietsie kouds af in die keelgat!!

  7. Nikita :

    Date: April 10, 2008 @ 12:43 pm

    Hi Jasper..ek het nou Live Writer ook afgelaai, maar sien nie waar ek “movies”/audio kan oplaai nie… net url’s insit…maar nie van jou PC nie..mis ek iets? dis dieselfde met Blogdesk…

  8. Johan :

    Date: April 11, 2008 @ 6:10 am

    Jis Boetta,, is nou sommer lekker moerrig vir jou. Jy raak lyk my nou regtig rooinek van kom te min SA toe.
    Wag nou nog vir daai “ek bel jou terug” call..

Leave a Comment

Your comment

You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.