Herinnering

3:51 pm Jasper se liedies
HERINNERING 

My hart voel erg geteister
soos ek na die woorde luister
Wat jy langsaam vir my fluister
As die diepste donker duister oor jou kom

Daars geraamtes in die voetpad
Van die mense wat aan jou wil vat
En besinning in jou afplat
Tot jy alles in jou siel glad wil vermom

Die heimwee van wat was is lank verlore
en herinnering is al wat aanklank vind.
Die verlede rank soos skadu’s deur jou drome
en net die hartklank bly die siel nou eensgesind.

Gedagtes en gebare
opgegaar soos stof deur jare
dwarrel doelloos dog ervare
Soos herfs se roesbruin blare in die wind

Die mens in jou is steeds bewus
Van dit wat nog die kinders sus
En al hul lewens vure blus
Sodat jy weldra sielerus kan vind

Die heimwee van wat was is lank verlore
en herinnering is al wat aanklank vind.
Die verlede rank soos skadu’s deur jou drome
en net die hartklank bly die siel nou eensgesind.

 
icon for podpress  Herinnering [3:15m]: Play Now | Play in Popup | Download
One Response
  1. Justine :

    Date: May 25, 2008 @ 1:04 pm

    Dis al amper ‘Junie’, wanneer gaan ons weer ‘n nuwe liedjie hoor Jasper? My siel dors na meer …..

Leave a Comment

Your comment

You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.