Op pad na SA

3:36 pm Algemeen

Kom ons kyk hoe gereeld lees my moeder die blog ;)

As sy nou hier lees sal sy agter kom Jasper is op pad SA toe vir ‘n bietjie werk en sowat van ‘n kortstondige kuiertjie. Ek kan nou nie meer wag vir die vliegtuig nie. Hier sit ek op Heathrow en skryf die boodskap. Gelukkig vertrek ek nie van terminaal 5 af nie. Wat ‘n globale gemors. Die pomme reken hulle het fataal gefaal in die oge van die res van die wereld.

Ek is half geneig om met hulle saam te stem. Foeitog! Wat ‘n absolute gemors en die beeld word lekker rustig die wereld ingestuur deur hulle eie media.

Soms wonder ek of die media die belange van die land op die hart dra…..

10 Responses
  1. Da Mario :

    Date: March 29, 2008 @ 5:29 pm

    Nou ja, sien dan later vir daai bier!

  2. Nikita :

    Date: March 29, 2008 @ 10:39 pm

    GENIET dit… lekker kuier! en biltong eet!! :)

  3. Nikita :

    Date: March 29, 2008 @ 10:40 pm

    o ja, wat terminaal 5 aanbetref…stem saam, klink na ‘n groot gemors..

  4. sonkind :

    Date: March 30, 2008 @ 1:49 pm

    Sjoe, jy blog so vinnig, ek kan nie byhou nie. Jy moet jou kuier in SA geniet en as jy teen 14-16 April in Jhb se omgewing is, skiet ek jou vir ‘n drankie, of as jy dalk hier in die Kaap uitval, gooi ‘n email.

    Lekker travel!

  5. Justine :

    Date: March 30, 2008 @ 4:20 pm

    Veilig ry en lekker werk!

  6. NetJane :

    Date: March 30, 2008 @ 8:46 pm

    Ek sien nou ek vlieg Woensdag deur T5. Totsiens tasse…

  7. Meermin :

    Date: March 31, 2008 @ 7:44 am

    Jasper hier is nou so baie inskrywing ek het net begin wonder of ek dalk iewers ‘n week of ‘n maand verloor het!!

  8. Jasper :

    Date: April 2, 2008 @ 5:10 pm

    Sonkind, Ek gaan jou mis met so paar dae..
    ek vlieg al die 10e terug :-(

    Netjane, sterkte met terminaal 5. Ek hoop jou tasse kom saam met jou aan waar jy gaan.

    Meermin, ek het die blog bietjie “ge-flood”
    Dit was nodig na ek so lank lyf skraal gehou het ;)

  9. boendoe :

    Date: April 11, 2008 @ 4:25 pm

    En het jou ma toe gelees? :D

  10. Lelio Vieira Carneiro Junior :

    Date: September 2, 2017 @ 2:03 pm

    Thankfulness to my father who informed me regarding this website, this weblog is really awesome.

Leave a Comment

Your comment

You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.