Druppels uit ‘n Kraan

12:30 pm Jasper se liedies
Peinsend sit en staar jy na
die druppels uit ‘n kraan
dit syfer deur die jare
en jy wonder weer oor haar naamDie tyd loop stadig deur jou glas
Dit is alles so ongelee
soos foto’s uit ‘n ou koerant
verdof en geel verweerHier en daar kruis julle mekaar
tussen lank vergete goed
deur die krummels van ou drome
waar sy nou en dan kom groet

Want wat was is lank vergete
En wat kon wees bly jou by
Ja as jy maar net gevra het
was sy dalk nou aan jou sy

Jy sien haar deur ou vensters
en onthou die dae toe jy
gewonder het hoe sou dit wees
as jy in haar hart kon bly

Was sy maar tog net een mens
sou jy dalk kon verstaan
Waarom draal dieselfde deuntjie
So traag deur elke aand

Steeds knetter daar ‘n vuurtjie
in die smee diep in jou hart
en ‘n blaasbalk voed die vlamme
As gedagtes jou weer tart

Want wat was is lank vergete
En wat kon wees bly jou by
Ja as jy maar net gevra het
was sy dalk nou aan jou sy

 
icon for podpress  Druppels uit 'n Kraan [2:39m]: Play Now | Play in Popup | Download
4 Responses
  1. Justine :

    Date: January 31, 2008 @ 5:33 pm

    Hopefully with your consent

    Each and every time
    I experience these heartfelt songs
    I instantly become aware of
    a magnificent presence
    satisfying my inner self with
    unspeakable joy.

  2. Justine :

    Date: June 7, 2010 @ 12:14 pm

    Ek kan maar net nie hier wegbly nie, jou liedjies…. dit raak my teerste hartsnare aan en telkens wanneer ek hierna luister borrel die mooiste emosies uit my hart uit.

  3. Abdulkadir :

    Date: December 14, 2015 @ 9:56 am

    As a kid we’d take the bus downtown and then skate down to 124st to go to a skate shop. The shop is now gone but I used to love sktian downtown. This post reminds me of that time. Thanks Dave!

  4. do you have to have insurance on a car :

    Date: October 11, 2016 @ 9:07 am

    Thanks for pointing out the positives of working retail. I too remember years of abuse from customers. But I also remember the customers who were a pleasure to wait on. Hopefully people will continue reward great customer service. Seems it is a lost art these days!

Leave a Comment

Your comment

You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.