Die "wat gebruik jy Tag"
March 11, 2008 2:47 am AlgemeenDaMario het hierdie mandie op my stoep kom sit via Johan Swart…… Thanks DM
Het gewonder wat ek vanaand op die blog gaan sit…
Wat gebruik ek?
Ek werk op ‘n Dell Inspiron 9400 laptop met ‘n 17 duim skerm. Redelike vris rekenaartjie, want dit is al wat die druk kan hanteer as jy met groot grafiese dokumente speel so af en toe of as jy Sonar 7 musiek prosesserings programatuur hardloop. Nie dat ek dit juis elke dag vir werk gebruik nie, dit is meer ‘n stokperdjie maar daar kom tye…
Photoshop CS3 is die program van keuse en contribute gebruik ek natuurlik om die blog mee te update. Dreamweaver is ook daar en dan natuurlik oubaas Bill se programatuur. Buiten die het ek open office en gimp vir die gratis gedeelte en natuurlik ook Acrobat 8 prof om die nodige dokumentasie om te swaai na pdf toe. Dit is nodig in my werk waar kwotasies en kontrakte somtyds skielik anders lyk as wat jy dit oorspronklik gekryf het… (Ja, dit gebeur in Engeland ook)






Roer :
Date: March 11, 2008 @ 4:12 am
Eish…
Sharks :
Date: March 11, 2008 @ 4:34 am
H E L P !!!!
Da Mario :
Date: March 11, 2008 @ 4:53 am
Hehehe… lekker man!
Sharks :
Date: March 11, 2008 @ 10:32 am
sjoe nee jy dit was nou nie nodig nie, skaam jou!
Nikita :
Date: March 11, 2008 @ 4:08 pm
Eish…soos Roer se… nou gee jy my werk! ek moet ongelukkig ‘n “moviese” power point slide show voorberei vir iemand by die skool, sal kyk of ek daarby kan uitkom, so nie, more dalk…as ek klaarkry met die slide show…
Jasper :
Date: March 11, 2008 @ 4:21 pm
Jammer julle
Julle moet maar die kettie op DaMario rig
Nikita :
Date: March 12, 2008 @ 8:26 pm
Technology « Chessalee :
Date: March 13, 2008 @ 9:11 pm
[...] was tagged by JASPER to write about the PC and software I’m using… or like to use. Well, by just looking at [...]