Drogbeelde in die Skemer Skans

11:40 am Algemeen

,,,

Het julle al ooit ‘n uiltjie geknip en so half in die "skemer skans" oftewel "twilight zone" van slaap beweeg. waar droombeelde so werklik is, jy kan tot die lyne op iemand se gesig sien. Soms droom ek in diepe slaap en kan niks onthou die volgende dag nie, tot op ‘n dag wat ek iets sien of iewers beweeg en dan so vir myself dink "ek was al hier…." So al asof ek die droom herleef. Ander kere weer sien ek die droom so duidelik soos ‘n drogbeeld in die skemerskans al asof dit nou besig is om te gebeur, maar dit gee nooit "dejavu" later nie.

Morgan La FayOp ‘n manier laat dit my altyd dink aan Morgan La Fay se spieël hande wat oor turflande gly. Foto’s as kind tussen Warmbad en Settlers met "mirages" oor die turflande as die dag warm raak. Die Mirage van ‘n standvastige lewe met ‘n pa wat nie rondloop nie.

Morgan La Fay, die moeder van Mirages, half suster van koning Arthur en ook bekend as die "vorm veranderings feëtjie". Die skoonheid van die kelte en "Femme Fatale of note". Dit was sy wat Guinevere en Lancelot se sodomie verklik het uit wraak vir Guinevere wat haar uit Camelot verban het oor haar losse sedes. Op haar ou dag vrede gemaak het met Arthur en as kisdraer by sy begrafnis opgetree het na sy hom as raadpleër bygestaan het in sy laaste jare. In die Arthurian siklus was sy die dogter van Elaine en het sy ‘n pa gedeel met Arthur. In die "Wheel of time" was sy Elaine se moeder (Morgase) en die koningin van die Roos Kroon. Ook hier was sy nie waffers met getrouheid nie maar sy kon maak soos sy wil as Koningin.

Lê vergifnis net in drome en feëverhale vir die klas van ding of is vergifnis regtig moontlik? Ek vra, want ek lees nou al ‘n geruime tyd al die blogs oor die topiek van manne wat nie hulle dinge uit gate kan (of wil) hou nie…..

 

8 Responses
  1. Roer :

    Date: March 10, 2008 @ 12:34 pm

    Moet die vraag dan nie eerder wees ‘kan manne hulle dinge uit gate uit hou?’? Dan hoef hulle hul mos nie te bekommer oor vergifnis nie. Of hoe?

  2. Justine :

    Date: March 10, 2008 @ 12:51 pm

    Vergifnis is ‘n werklikheid ‘n feit!

    Kyk maar vir Koning Dawid; owerspel+moord. Sy verhaal leer ‘n mens baie…..

  3. Sharks :

    Date: March 10, 2008 @ 1:01 pm

    Ja ek het al, dan lyk alles so bekend, alles voel bekend, tot even reuke en dinge!!

  4. Die “Wat gebruik jy?-tag”. « Da Mario se gepraat… :

    Date: March 10, 2008 @ 4:09 pm

    [...] being said, ek tag nou vir TristonJ, Die Gestorwe Soldaat, Gert Gariep en Jasper om vir ons te vertel waarmee hulle daagliks werk en hoe hulle Start Menu lyk. Wat ek verwag jy moet [...]

  5. Da Mario :

    Date: March 10, 2008 @ 4:59 pm

    Ek onthou werklik selde wat ek droom. Maar gisteraand het ek 3 drome onthou, en elke keer wat ek wakker geword het was dit so real. Dis met sulke drome dat ek wens en verlang en wonder.
    En vir my Jasper, is vergifnis werklik moontlik, want dit gaan saam met liefde. En dis nie altyd net manne wat nie hulle dinge uit gate kan hou nie, dis soms ook andersom.

  6. Sonkind :

    Date: March 10, 2008 @ 7:27 pm

    DM, met andersom bedoel jy nou dat gate nie hul dinge uit mans uit kan hou nie? :lol:

    Ek is versot op hierdie stories van Camelot en Arthur en flieks soos Gladiator.

    Vergiffenis is ‘n turksvy. Sommige goed kan mens vergewe, ander moet jy maar laat verbygaan, jou losmaak, want mens weet as die skade te groot is vir vergifnis. Al wat jy dan kan hoop om te bereik is neutraliteit.

  7. Nikita :

    Date: March 10, 2008 @ 11:22 pm

    Ek droom selde, maar as ek droom, dan weet ek dat ek te lank geslaap het! lol! Vergewe is om lief te he… “no matter what”.. nie net familie nie, maar oor die algemeen..ek glo die mens is gemaak om te vergewe. As jy nie kan vergewe nie, glo ek daar is nie liefde in jou nie.. en mens kan sekere goed net vergewe mense net vergewe met Jesus in jou hart… ek weet nie aldag of ek maklik ‘n moordenaar sal kan vergewe nie…veral as dit “my mense” raak…dis seker moontlik, maar moeiliker as ander gevalle…lekker week in hierdie vieslike weer wat ons het! Ek hoop daardie winde bly waar hulle is en waai waar hulle waai… ;) Wat sing Anton…
    “En so waai die wind, my kind, En so waai die wind ons blind,En so waai die wind, my kind, mos alles weg. Maar dis diep in jou gebore, Niks is ooit verlore …”

  8. Rosalind Franklin :

    Date: March 12, 2008 @ 2:46 pm

    O vergifnis lê diep binne in jouself. Dit is ‘n willensbesluit.

Leave a Comment

Your comment

You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.