Verbeel jou (Deel II)

5:10 am Jasper se Digkuns

,,,

Verbeel jou….

My vingers kruip so suutjies
hier oor die vaalbos veld
waar twee vir eens verenig is
en die liefde hom vergeld

Die heuwels in die donker
lê soos skimme teen die kim
net die gras wat liggies bewe
verklik die lewe in
die nat gedoude kelkies
wat yl hang oor die spoor
en met die bries die stuifmeel
hier teen my lies verloor

Die hoendervleis ruk hand uit
en ek sien die aandblom wink
as jy diep snak na die asem
wat deur my siel weerklink


16 Responses
  1. Kyker :

    Date: March 8, 2008 @ 11:18 am

    Erg mooi.

  2. Da Mario :

    Date: March 8, 2008 @ 12:06 pm

    Verlange is ‘n bitch nie waar nie?

  3. Jasper :

    Date: March 8, 2008 @ 1:04 pm

    DM, Jy weet dan ;)

  4. Justine :

    Date: March 8, 2008 @ 1:07 pm

    Diep snak
    Diep teug aan ‘n gedagte/herinnering
    ‘Oomblikke van ewigheid’ diep ingedrink

    Dit word Diep Pragtig beskryf.

  5. annelie :

    Date: March 8, 2008 @ 2:20 pm

    wat ‘n heerlike verbeeldingsvlug ;)

  6. Roer :

    Date: March 8, 2008 @ 8:02 pm

    Daai verkoue was seker die moeite werd.

  7. Jasper :

    Date: March 9, 2008 @ 4:35 am

    Kyker, welkom.
    Justine.. ;) Dankie

    Annelie, Ek is bly jy kan darm nou ‘n laggie los :D

    Roer, Dit was amper griep :lol:

  8. My Kop Op 'n Blok! :

    Date: March 9, 2008 @ 9:29 am

    Stadig kêrel, stadig!

  9. Zee :

    Date: March 9, 2008 @ 6:30 pm

    Ai Jasper, ek raak nou raadop. Wat kan ek anders se as…. wel gedaan en pragtig!

  10. Justine :

    Date: March 9, 2008 @ 7:51 pm

    Is verlange aansteeklik?

  11. boendoe :

    Date: March 9, 2008 @ 10:01 pm

    Ouch! Vuurwarm!

  12. Justine :

    Date: March 9, 2008 @ 10:51 pm

    boendoe

    Na dit wat Suiwer en Oorspronklik is!

  13. Sharks :

    Date: March 10, 2008 @ 7:10 am

    Jasper dit is so mooi, ek het dit seker 4 keer oor en oor gelees, mooi, genuine bevange!

  14. Nikita :

    Date: March 10, 2008 @ 11:09 pm

    Wooooowww…. baie mooi… Die hoendervleis ruk hand uit! ;)

  15. Die Gestorwe Soldaat :

    Date: March 21, 2008 @ 11:52 am

    WOW! Dit is stunning verby…

  16. Jasper :

    Date: March 26, 2008 @ 8:01 pm

    GS, komende van die meester gloei ek nou om die wange…. ;)

Leave a Comment

Your comment

You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.