Die Laaste Troebadoer

10:52 am Jasper se liedies

,,,

In ‘n land sonder grense
Waarheen niemand wil gaan
Vind ek in die donker ’n spoor
Van ’n ou troebadoer met ’n vaal hout kitaar
En ‘n pen wat papier kon bekoor

En as ek hom kon volg
Buite tyd en bestaan
Na waar daar ‘n toevlug dalk is
Sou ek hom dalk net soveel beter verstaan
En dalk ook sy antwoorde wis

Want sy tyd is so lank reeds verby
Tog sy woorde leef hier diep in my
As die lied tot duskant hartseer kom
Dwaal ek diep in sy gedagtes rond

In ’n kluis vol refreine
Het hy sy reis gestoor
Met musiek soos ’n sleutel gesluit
Vir altyd geberg totdat iemand dit hoor
En die sprokie vir almal ontsluit

Met woorde akoorde
Is sy liefde verbloem
‘n gordyn wat sy mens dig versteek
Wat sou hom in lewe
Met die wereld versoen
Geen siel sal dit nimmer ooit weet

Kyk my tyd is ook amper verby
En tog sy woorde leef nog steeds in my
As die lied tot duskant hartseer kom
Dwaal hy diep in my gedagtes rond

 
icon for podpress  Die laaste troebadoer: Play Now | Play in Popup | Download
3 Responses
  1. boerinballingskap :

    Date: January 13, 2008 @ 11:04 am

    Die kitaar in hierdie song is baie mooi!

  2. Jasper :

    Date: January 13, 2008 @ 6:19 pm

    Boertjie, ek stem saam. Die lead is vir my verskriklik mooi. Die liedjie is in Matt de Bono se sitkamer opgeneem en hy het die lead en Banjo gedoen. Die baskitaar is deur sy vriend Guy Gladish opgeneem. Hulle altwee speel vir die band “king Rat” (alternatiewe rock groep in Londen)

    dit help as mens vriende in die bedryf het….

    Vir meer oor “king Rat”, kliek hier:

    http://www.kingrat.net/biog.html

  3. facial hair removal system :

    Date: February 22, 2009 @ 1:05 am

    facial hair removal system
    I completely agree.

Leave a Comment

Your comment

You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.