Die Sixtine Openbaring

10:35 am Jasper se Digkuns

,,,,,,

My trippie na die Vatikaan in 2005 het my die idee vir hierdie stukkie gegee. Dit is regtig ‘n ondervinding om in Die Sistynse Kapel te staan en hierdie werke te aanskou. So hier is Jasper se uittrekking oor Openbaring……

Openbaring


Eendag lank lank gelede
toe ‘n engel die hemel oop sluit
Staan Johannes en vier wesens
voor die poorte van die paradys

Die Lam het die apostel ingenooi
om Vir hom die einde te wys
Want die sewe geeste voor die Troon
Het besluit dit is die einde van tyd

Een honderd vier en veertig duisend
Siele word heen gestuur
Na die berg van Armageddon
Om die eindtyd in vrede te vier

 

Soos die swaard van vuur
deur die laataande dreun
Vir die pyn wat die dooies verduur.
Staan die dood met ‘n dolk
in sy yskoue hand
en kerf ‘n nuwe naam teen die muur

Want die gerubs stuur die vier ruiters
om die hel aan die sondaers te pand
en een kant skuil die donker prins
waar hy kyk hoe die wêreld verbrand

Maar die Engele bars uit in woede
deur die tuin van die môrester
en Michael wond die sewe kop dier
wat die brug na verlossing versper

Swael skroei die vlammende velde
Al die sterre ontplof een vir een
Die nasies verkrummel in wanhoop
en spat soos die gietende rëen

Uit die vreemde reis daar ‘n vrede
‘n engel het die seedier getem
en deur die sagte wit wolke
sak die nuwe stad Jerusalem

10 Responses
  1. rosalind franklin :

    Date: March 2, 2008 @ 1:37 pm

    Inderdaad een van die mooiste kunswerke ooit.

  2. Jasper :

    Date: March 2, 2008 @ 2:32 pm

    Rooskind,
    As ek oor Michelangelo wegtrek gaan dit ‘n laaaaaaang storie afgee.

    Raphael was ‘n meester, maar die kluisenaar was sy baas ;)

  3. Zee :

    Date: March 2, 2008 @ 6:33 pm

    Sjoe, nevermind die kunswerke, die skrywer het ook goed gedoen! :)

  4. Justine :

    Date: March 2, 2008 @ 10:22 pm

    Tonight I wish to release my thoughts to the wind,
    for I can’t find the words to express
    the effect of your words in my being

  5. attie :

    Date: March 3, 2008 @ 3:27 am

    Jasper. EK het weer en weer gelees. Jy help my om ‘n prentjie te sien van daardie gebeure en ek sien jy moes dit ook ‘n hele paar kere gelees het en daaroor gedink het om so daaroor te kan skryf. Jy het ‘n gawe. Well done!

  6. Roer :

    Date: March 3, 2008 @ 9:06 am

    Jasper, ek weet nie veel van kuns af nie. Lekker om by jou te leer. Ta

  7. Sharks :

    Date: March 3, 2008 @ 1:09 pm

    Jasper ek sou nie veel van hierdie goed geweet het nie, as ek nie nou onlangs vir Jaco moes info soek van die Baraque of so iets era nie, ek moes juis vanoggend net na 6 al hier by die werk wees om vir hom nog info te kry, en van die info te tik, ek moes nogal 6 bladsye goed sit en tik. SO vinnig hier en daar vanoggend ‘n blog gelees, self ‘n inskrywing gemaak, want hierdie week is ekke op ‘n kursus hier by die werk. Sal seker maar aan die stil kant wees hierdie week.

  8. Rosalind Franklin :

    Date: March 3, 2008 @ 1:36 pm

    Jasper,

    Jong Kenneth Clark het in daai lekker boek “Civilisation” geskryf dat mens ‘n beskawing ken aan sy kuns, aan dit wat hy geskep en gebou het. Wel wat meer kan ek se oor die meesters van die Renaissance?

  9. Jasper :

    Date: March 3, 2008 @ 2:14 pm

    Attie, Dankie. Openbaring hou baie mistiek vir die mense wat bereid is om dit te lees. Vir myself, Dit is my gekose kanoniek…

    Roer, ek sal nog oor die Renaissance en sy meesters skryf..

    Sharks, sterkte met die kursus. Jy moes laat Jaco self die goed tik. Hoe gaan hy anders leer? :D

    Rooskind, Ek gaan bietjie Kenneth se boek lees. Dankie. As jy self belangstel daarin, die Vatikaan se “online” ensiklopedie is ‘n goudkis…. (En dis gratis ;) )

  10. My Kop Op 'n Blok! :

    Date: March 3, 2008 @ 7:12 pm

    Baie mooi. As die ouens nou inskrywings wil uitsoek vir ‘n blogtydskrif - hier is een!

Leave a Comment

Your comment

You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.