Trane vir ‘n oumens

5:34 pm Jasper se Digkuns

,,,,

Trane vir ‘n oumens

Iewers
in die klowe
speel dagbreek
met ‘n vuur

Teen
kleurbelaaide druppels
Deur
‘n dun gordyn
van waterval
en reënboog
mis
wat dofweg skyn

skoonheid
van die kranse
nastergal
van die siel
diep blou poele
in jou oë
voed
die droë fontein

En ek lag

Want iewers
in die dieptes
waar die woud
geheime hou
speel
‘n ou serfyntjie
maak die hart
weer rustig stil

En ek huil

Trane
vir ‘n oumens
sleutels
van ‘n tyd
vergange
met gedagtes
vir ewig
weg gesluit

Die dunste
kronkel paadjie
Somber
in blaar verskans
spoorsny
vir die antwoord

om te kan drink
uit jou fontein


17 Responses
  1. Justine :

    Date: February 24, 2008 @ 8:18 pm

    Jy verras my herhaaldelik met jou woordkuns

  2. Zee :

    Date: February 24, 2008 @ 8:50 pm

    Ai, jy kan maar hoor!

  3. TristonJ :

    Date: February 25, 2008 @ 5:34 am

    Baie mooi Jasper.. jy mag maar!

  4. Roer :

    Date: February 25, 2008 @ 10:00 am

    Nou verlang ek my Ouma…en haar stories.

  5. Sharks :

    Date: February 25, 2008 @ 10:47 am

    Dit is so mooi, dit bring verlange terug - hoe mis ek nou my oupas en oumas, ek was so lief vir hulle gewees.

  6. boerinballingskap :

    Date: February 25, 2008 @ 1:12 pm

    Inspirerend mooi! Jy het nou maar eenmaal hope talent! 8)

  7. Rosalind Franklin :

    Date: February 25, 2008 @ 4:54 pm

    Ek wens ook ek kan nog en nog drink uit my ouma’s en oupa’s se fonteine. Bitter mooi. Dankie

  8. Sharks :

    Date: February 26, 2008 @ 5:22 am

    Jasper ek moes net hierdie weer kom lees het. Die verlange na my ouma’s en oupa’s is so GROOT - wens ek kon net een maal weer in my oupa se arms wees, my ouma se koffie drink, hoe reuk ek dit nou!!

    Hulle weet hoe lief ek hulle vandag nog het!!

  9. kaalvoetinireen :

    Date: February 26, 2008 @ 11:46 am

    Sjoe, hoe verlang ek nou na my ouma se lekker plaasontbyt met vars gebakte brood en vyekonfyt…

    baie mooi geskryf…

  10. boendoe :

    Date: February 26, 2008 @ 12:37 pm

    Snaaks hoe woorde, reg ingespan, sommer baie emosies in ‘n mens kan losruk. Baie mooi, Jasper.

  11. Jasper :

    Date: February 26, 2008 @ 1:50 pm

    Ek is bly dit maak dieselfde emosies in julle wakker wat ek vir my oumatjie voel…

  12. Just-Tine :

    Date: February 26, 2008 @ 3:51 pm

    Ek is seker jou oumatjie is grensloos trots op jou skryfvermoëns en jy is ongetwyfeld haar liefling kind.

  13. Nikita :

    Date: February 26, 2008 @ 10:27 pm

    Pragtig! soos altyd!

  14. Rene Boshoff :

    Date: February 27, 2008 @ 1:52 pm

    *sug* - dis mooi! Ek verlang verskriklik baie na Oumatjie se satynsagte-hande!!

  15. Riaan Oosthuysen :

    Date: May 6, 2008 @ 11:18 am

    Partykeer is ek verbaas oor hoe mooi woorde ‘n prentjie kan skets

  16. Wipneus :

    Date: May 6, 2008 @ 2:05 pm

    Jasper maar dit is mooi! Dit beskryf my gevoelens so duidelik! Jy mag maar die ding doen!

  17. breakneck hack :

    Date: December 22, 2015 @ 2:53 am

    Wow! At last I got a blog from where I be able to truly obtain useful facts regarding my study and knowledge.

Leave a Comment

Your comment

You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.