Hoe monitor jy blogs?

5:52 pm Algemeen

,,

Ek verwonder my nou al ‘n rukkie hoe party bloggers (en lesers) op hoogte bly van nuwe inskrywings. As ek so deur almal se blogs scan voel dit partykeer of ek iewers iets mis. Teen die tyd wat ek by iemand se blog kom lyk dit of die inskrywing al ‘n dag oud is met die hoeveelheid kommentaar wat al klaar gelewer is. (Veral nou dat ek in die suide van Siberie rond hang….)

Om dit te monitor het ek op ‘n stadium die “google desktop” se RSS voer gebruik. Die ding het egter desperate ontwikkelings hulp nodig en was so onbetroubaar dat ek dit naderhand maar afgesit het. Toe begin ek die ingeboude i-explore RSS funskie gebruik. (Wat ‘n gemors). Dit kan nie onderskei tussen ‘n “itunes RSS feed” en ‘n gewone inhoud “RSS feed” nie. Die ander ding wat my gegrief het van dit is die tydsame opdaterings proses. Somtyds tot 48 uur voor dit ‘n nuwe inskrywing optel. Sommige bloggers soos DaMario wat gereeld iets interresants griffel het al 3 inskrywings gemaak teen die tyd wat i-explore die eerste een opgetel het….)

Lank terug toe RSS voere net begin is, was daar so paar programmetjies in die omtrek wat nogals aanvaarbaar was, maar die ontwikkeling daarvan het regtig agterwee gebly en met die buiging van “Web2.0″ het die ook vir ‘n bol poef gegaan.

So, hoe nou gemaak. Want ek hou ook nie van “online” feed monitors nie. As ek reg onthou gebruik Chris by “My-Kop-Op-’n-Blok” so een. Dit is net te veel van ‘n schlep vir my om elke keer soontoe te browse. Maar soos enige iets anders is daar oplossings vir individuele smaak en so kom ek toe af op “Illumio

Wat ‘n lekker program. Dit is gratis, Dit is “Web 2.0 ready” en word op jou rekenaar gelaai soos enige ander program. Dit wys as daar ‘n nuwe inskrywing is met ‘n klein venstertjie soortgelyk aan Outlook se e-pos notifikasie en as jy die mis, flikker die ikoon in die werkstaaf om jou in te lig. Hier onder is ‘n 2 skermskote van Illumio.

Dit is alles wat ek nodig het en ‘n klein bietjie meer. Na ek al die “default” feeds uitgesny het en my eie groep geskep het met al die voere wat ek graag wil lees, werk dit soos ‘n bom. Hy is so naby aan onmiddelike opdatering soos demmit aan ‘n vloekwoord en maklik om op te stel en te gebruik. Die linker-kantste kolom wys die blog of webtuiste en die regterkantste een wys ‘n samevatting van die blog inskrywing. As dit goed lyk kliek jy net op “full article” en hy vat jou reguit na die betrokke blog inskrywing toe.

Nog ‘n lekker ding wat ek agter gekom het met die gebruik van die ding is dat as ek op i-explore op ‘n feed afkom en “subscribe”, dan tel illumio dit op en add dit outomaties.

Net een klein dingetjie het my gehinder aan die begin. Daar is ‘n tab opsie op die linker kanste kollomme waar die een tab net artikels of blog inskrywings uit blogs wys wat betrekking het op die sleutelwoorde wat jy vooraf insit. Dit het veroorsaak dat ek heelwat inskrywings gemis het totdat ek die dag agter gekom het ek kyk na inskrywings onder die verkeerde tab. Toe ek die verander na “all articles” toe, wys hy die hele kaboedel en nou is alles in die haak.

Dit spaar soveel tyd om nie deur elke site hoef rond te wip en te kyk wie griffel iets interresants nie. Ek kan nou vinnig in die oggend en aand (Dis nou as daar internet in die sneeu bedekte wereld is) deur almal se inskrywings en “comments”draf en siedaar. 2 ure se surf in 20 minute

Helse dankies aan Illumio, en moenie stress kap as ek nie by comments uitkom nie. Ek lees wel!!

9 Responses
  1. Da Mario :

    Date: February 21, 2008 @ 6:04 pm

    Ek monitor nie blogs nie. Ek lees soos ek tyd kry, buiten vir so paar gunstelinge, wat ek vinnig scan soggens of in middag-ete of saans. Ander blogs lees ek so elke twee dae of so, ander net as ek ‘n interessante verwysing sien, maar ek draf my blogroll gereeld deur, maar comment nie orals nie.

    En so af en toe gaan lees ek blogs wat ek nie gereeld lees nie, click op links van nuwe name, kyk wat daar aangaan. Of click nuwe, vir my, name op ander mense se blogrolls.

    Maar wat ek altyd doen is om my eie comments op te volg op ander blogs, op die dashboard onder “my comments”. En daar is ook ‘n funksie vir blogs wat jy wil volg, so dis fine vir my. As mens alles wil lees is dit amper soos om elke dag elke koerant te wil lees, dit sal net eenvoudig te veel tyd neem.

    Maar dis ‘n oulike program wat jy daar het lyk dit my none-the-less, dalk check ek dit nog uit!! Thanks vir die resensie! :D

  2. Sharks :

    Date: February 22, 2008 @ 6:33 am

    Môre jy of is dit middag of aand, of laatnag? Ek lees maar vroeg in die oggende van die blogs, en comment maar so hier en daar, so nie lees ek eers in my etenstyd blogs. Ons feed word geblok hier by die werk.

    Lekker dag en naweek vir jou.

  3. Da Mario :

    Date: February 22, 2008 @ 7:28 am

    Oi, dis nie lekker as ek spam is nie! Sal jy dit release Jasper??

  4. Jasper :

    Date: February 22, 2008 @ 8:51 am

    DM, Jammer oor akismet se oor-ywerige filtrering…. (Ek het jou gered ;) ) Die wordpress “dashboard” is een van die dinge wat ek moes prysgee omdat ek wordpress onafhanklik op my eie server host. Sodoende kan ek nie comments monitor soos meeste wordpress gebruikers nie. Gelukkig kan mens die rss comments feeds in Illumio so stel dat dit ‘n blog se comments ook monitor. Ek het op illumio ‘n aparte groep geskep wat net comments monitor. Die ding wat egter vang is tyd. Daar is bietjie min daarvan in die omgewing :lol:

    Sharks, ek is op die oomblik so 3 ure voor julle in SA (Waar ek in Engeland gewoolik 2 ure na julle is.)

    Geniet julle naweek..

  5. Jaco :

    Date: February 22, 2008 @ 12:27 pm

    Dit klink na net die ding wat ek nodig het.

    Dankie Jasper ek gaan die outjie bietjie vat vir ‘n toetsrit

  6. sonkind :

    Date: February 24, 2008 @ 5:07 pm

    Dankie hiervoor, jasper. Ek het dit install en dit werk soos ‘n bom. Net - ek weet nog nie lekker hoe om ‘n comment van daar af te los nie. Moet ek ingelog wees as Sonkind?

    En hoe kan ek die comments monitor. Jy het ‘n monster create en nou moet jy hom kos gee - LOL!

  7. Jasper :

    Date: February 24, 2008 @ 5:40 pm

    Hi Sonkind,
    ek het self nog nie met die ingeboude comments ding gespeel nie, maar ek dink nie dit is vir comments monitoring nie.

    Wat ek gedoen het was om ‘n groep te skep en al die blogs se “comments” RSS feeds in die groep te link.

    Ek moet jou waarsku, dit kan nogals besig raak, veral as jy iemand soos DM ;) se blog in jou comments groep het. :lol:

  8. Zee :

    Date: February 27, 2008 @ 11:08 pm

    RSS feeds, comments, dis nog heel grieks vir my, maar is altyd game vir iets nuuts, gaan dit probeer!
    Thanks Jasper, en soos Sonkind se, jy sal maar die monster moet voer:)

  9. Nikita :

    Date: February 28, 2008 @ 10:25 pm

    Ek het RSS-op my desktop gehad van die nuus van CNN en Sky en ‘n paar ander… my rekenaar was bietjie “stadiger” as gevolg van hierdie “reader” wat eers laai voordat ek kon begin iets doen… toe verwyder ek dit… wens ek het die tyd gehad om almal se blogs te sit en lees… maar my werk is van so aard dat dit net nie moontlik is nie…. en sodra dit naweek is…het ek al heelwat uitgemis! :) en daar is duisende blogs met baie interessante dinge, maar tyd! (sug)

Leave a Comment

Your comment

You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.