Die aankoms in Kazakhstan

2:50 am Algemeen

,,,

Voor almal dink ek het verdwyn, ek gaan probeer om die "travelling" gereeld te blog, dit hang net af hoe die internet beskikbaarheid is.

Jasper het toe eventueel sy werk bedank om bietjie die wereld te loop bekyk en sy inkomste op ander plekke te gaan genereer. Nie dat ek regtig kan kla nie, want ek maak nou in 3 weke wat dit my ‘n halwe jaar sou gevat het as ek in Engeland bly werk het. Dit was nou maar net tyd om die bal aan die rol te sit en weer vir myself te begin werk. Maar meer daarvan op ‘n ander tyd.

Gister aangekom in Kazakhstan Na ‘n goeie 7 ure vlug was daar te veel mis in Almaty en na 2 probeer slae, besluit die piloot om liewer nog 2 ure verder Noord te gaan en land toe eventueel in Astana. Bygese, Astana is mooi in die Steppe geleë, en -23°C is die algemene temperatuur die tyd van die jaar teen 12 uur in die middag.

Na nog 3 ure se vertragings kry ons toe uiteindelik ‘n nuwe vlug na Almaty en eventueel hier aangeland, groet hierdie gesig my….  Dit is grou weer, die sneeu van onlangs lê nog dik en die roet en nywerhede mis hang soos ‘n donker wolk oor die stad. Sondag verkeer lyk soos Maandag oggend in Pretoria met die verskil dat regterhand stuur motors in die land verban is (Die mense het te veel ongelukke gemaak want hulle bestuur erger as die ouens in Cairo). Die sneeu is half grys van al die roet en rook en meeste van die paaie is gelaai met swart ys want die stad se gritters werk net wanneer hulle wil.

Eventueel by die hotel aangekom, het ek maar net ‘n paar foto’s geneem, ‘n glasie wyn in die hotel se bar gedrink en toe gemaak vir die kooi. Die foto regs het ek uit die hotel se kamer venster geneem. Die gebou in die agtergrond is een van die nuwe "post sovjet" ontwikkelings wat oral oor deur die stad oprys. Sedert die ontwikkeling van die olie velde begin het so 7 jaar terug, is daar regtig ‘n bo-gemiddelde algemene groei wat in die land plaasvind en ek onthou die eerste keer wat ek hiernatoe gekom het was daar net ‘n handjievol luukse motors tussen al die honderde Lada’s en Volga’s wat nog uit die Russiese bewind gedateer het. Deesdae word dit al hoe meer en meer vervang met Nuwe motors en mens kan sien hoe "Rykdom" saam met olie die land inkom deur net die kar keuses van mense dop te hou. 4 Jaar terug het ek en die barman in die hotel op Almaty vriende gemaak. Deesdae werk hy vir een of ander nywerheids besigheid en ry ‘n Porche Cyaene.

Elk geval, ek pos more meer oor die plekkie. My internet tyd ardloop uit….

13 Responses
  1. Sharks :

    Date: February 18, 2008 @ 8:19 am

    Geniet dit!

  2. PlatterFuss :

    Date: February 18, 2008 @ 9:23 am

    Eish, hoe laat jy my voete nou jeuk……

    En nog baieeeeeeeeeee fotos seblief?

  3. boendoe :

    Date: February 19, 2008 @ 1:58 am

    Jinne, Jasper, jy loop nie met jou hart op jou mou nie, he?! Een oomblik is dit nog De la Rey en die volgende Kazakhstan! Vol verrassings, jy.
    Is dit vir holiday of werk dat jy daar is?
    Geniet daai koue! :D

  4. Jasper :

    Date: February 19, 2008 @ 4:18 am

    Hi Boendoe
    Nee jong, ek werk so tussen al die travels deur. As dit net vakansie was, sou dit ‘n bonus wees, maar ek op een of ander manier ‘n geldjie maak om die lot te laat werk, so ek slaan sommer 2 vliee met een slag…
    ;)

  5. Da Mario :

    Date: February 19, 2008 @ 6:35 am

    Jy is bevoorregd! Meeste van ons kan net droom, geniet die travels en die werk!

  6. Dellie :

    Date: February 19, 2008 @ 9:12 am

    Ek weet net nie of ek daardie koue sal kan hanteer nie - maar vir die toer sal ek nie nee sê nie!

  7. boendoe :

    Date: February 19, 2008 @ 11:13 am

    Maak sakke vol geld!

  8. Roer :

    Date: February 19, 2008 @ 11:43 am

    Jis, maar jy het darem ‘n boring lewe… ;-) (Ek is groen van jaloesie).

  9. Da Mario :

    Date: February 20, 2008 @ 9:59 am

    Ek wonder soms hoe dit sou moes wees om sneeu op Kerkplein hier in Pretoria te sien. Ek kan imagine die hele stad behoort heeltemal anders te lyk…

  10. Sharks :

    Date: February 21, 2008 @ 5:39 am

    Lyk my dit is so koud daar, jy klim nie eers uit die bed om ‘n nuwe inskrywing te maak nie.

  11. sonkind :

    Date: February 21, 2008 @ 1:06 pm

    Hel en dammit, ek wens ek was jy! :-)

  12. Rosalind Franklin :

    Date: February 21, 2008 @ 2:38 pm

    Van alle plekke kuier jy nou vir Borat… wat ‘n reis is dit nie. Jy moet dit geniet. Lekker.
    Ek sou dit nou geniet om draai in al die ou plekkes rond te krap.

  13. Nikita :

    Date: February 23, 2008 @ 2:45 pm

    Jy verras my met jou gebloggery daar anderkant!! Ek het gedink dit gaan bietjie “stil” wees hier! Dit lyk heerlik daar…en “heerlik” koud!! ;)

Leave a Comment

Your comment

You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.