Jasper oor Gospel….

6:32 am Jasper se liedies

Nou ja kyk, Ek was nog nooit groot op Gospel nie. Nie vir luister nie, nie vir sing nie en verseker ook nie vir skryf nie. Maar……
Maar…..

So hele ruk erug kry ek ‘n klompie mineur akoorde wat mooi inmekaar pas op die kitaar en die woorde pop toe sommer so op in die kraaines wat homself my brein noem. Ousus is toe ook sommer gaande oor die ding en wurg my amper omdat ek mos nou huiwerig is om dit op te neem. Uiteindelik swig Jasper onder die groepsdruk en dit is toe wat uitkom.

Luister maar self en moenie bang wees vir kritiek nie… Jasper se skouers is mos breër as die lengte van ‘n byl steel (Die lang byl mind you! Nie die klein handbyltjies wat jy gebruik vir jou kaggel stokkies nie…)

Sy Kind

 
icon for podpress  Sy Kind: Play Now | Play in Popup | Download

Hy Kyk na die mens en vra hom My Kind
Is daar al nuus van verdraagsaamheid vrede
’n Geruis op die wind
Die antwoord bly wyk verduister verslind
Daar is geen woord van enige waarde
net kaf op die wind

Maar waar daar liefde is
dink die mensdom anders
Waar daar vrede is
Leef die mensdom blind
Uit die oë van ’n kind
is die wêreld blind
Uit die oë van ’n kind
is alles wind

Genade verbond verbrokkel veroud
Weerklink die verlede die toekoms die hede
die woorde in goud
Geloof in die gees dra die mens se behoud
Die Vader se liefde, geduld en diep vrede
is ’n ewigheid oud

Want waar daar liefde is
is die mensdom anders
Waar daar vrede is
is die mensdom blind
Uit die oë van ’n kind
is die wêreld blind
Uit die oë van ’n kind
is alles wind

13 Responses
  1. NetJane :

    Date: February 12, 2008 @ 9:42 am

    Ek sal nie sê ek ervaar dit as gospel nie (maar my kennis is nie so goed daarop nie). Ek hou daarvan, die boodskap. Veral die eerste vers.

    “Die antwoord bly wyk verduister verslind
    Daar is geen woord van enige waarde
    net kaf op die wind”

    Nice een, Jasper.

  2. Sharks :

    Date: February 12, 2008 @ 10:25 am

    Dit is baie mooi jy. Geniet jou dag.

  3. Da Mario :

    Date: February 12, 2008 @ 5:31 pm

    Jasper, daai plug-in lyk sommer bakgat!! As ek nou net Wordpress kan oortuig!! :roll:

  4. Da Mario :

    Date: February 12, 2008 @ 5:33 pm

    Net ‘n vragie, hoekom sien mens die widget as mens op jou main page is, maar nie as jy ‘n spesifieke post view nie? Dan verskyn hy nie op die sidebar nie?? Is ek blind??? Hehehehe!

  5. Jasper :

    Date: February 12, 2008 @ 8:12 pm

    DM, moenie worrie nie, jy’s nog jare ver van katarakte af :lol:

    as jy worpress op ‘n aparte server hardloop soos williewerkie. dan kan jy kies waar jou widgets wys. Myne is oor die algemeen gestel dat almal net op die hoofblad wys

    Dit is maar die standaard vir wordpress en ek probeer hom maar by die standaard hou waar ek kan (Dit hou die blog aan die kant… :D

    Dit is ‘n ding wat wordpress van Joomla af oorgeneem het.

    Sien hierdie webtuiste wat ek vir ‘n firma gebou het
    http://www.bcasbiomed.co.uk

    jy kan kies watter menu items moet waar wys.

    Ek probeer nog steeds iets uitfigger vir woordstoot se sekuriteits program om die widget op jou blog te laat werk. Hou duim vas. Ek probeer nou om die PHP met die HTML te integreer. As ek dit reg kry kan jy my maar genius noem :lol:

  6. Roer :

    Date: February 13, 2008 @ 6:19 am

    Mooi man. Ek hou daarvan. Ousus is reg om gaande te wees daaroor.

  7. boerinballingskap :

    Date: February 14, 2008 @ 11:26 am

    Welgedaan! Ek hou baie van die musiek en woorde. Dis gestroop van al daardie soetsappigheid wat so dikwels in geestelike songs aangetref word.

  8. Justine :

    Date: February 14, 2008 @ 6:03 pm

    Die verskuilde agter die ooglopende…. Ek moet bieg, hierdie keer verstaan ek nie alles nie, ek ervaar dit, maar…… ‘Die antwoord bly wyk verduister verslind’

    Van die woorde is soms net ? sleutelgat waardeur ? mens kan inloer; min wat baie sê. ‘soul stuff’

    Om te sê “Ek hou daarvan” sal afgewater wees, ek ondervind baie meer.

  9. Justine :

    Date: February 14, 2008 @ 6:04 pm

    Die verskuilde agter die ooglopende…. Ek moet bieg, hierdie keer verstaan ek nie alles nie, ek ervaar dit, maar…… ‘Die antwoord bly wyk verduister verslind’

    Van die woorde is soms net ? sleutelgat waardeur ? mens kan inloer; min wat baie sê. ‘soul stuff’

    Om te sê “Ek hou daarvan” sal afgewater wees, ek ondervind baie meer.

  10. Jasper :

    Date: February 18, 2008 @ 10:14 am

    Justine, Dankie.

    ‘Die antwoord bly wyk verduister verslind’

    Die vraag aan die seun van die mens of dit tyd is vir die wederkoms…
    As God soveel siele wil red as wat hy kan….

    Daar is geen antwoord om te gee nie. Veral nie nou nie…

    Maak dit sin?

  11. Justine :

    Date: February 19, 2008 @ 3:42 pm

    Dit doen ja, weet jy dat iemand so baie kan omgee dat hulle hulle eie lewe in ruil vir iemand se algehele vryheid aan God gebied het. En die aanbod staan, hart, siel en liggaam.

  12. Justine :

    Date: February 24, 2008 @ 6:34 am

    Dankie….

  13. annelie :

    Date: March 15, 2008 @ 5:40 am

    Jasper
    ‘n wêreld gaan vir my oop hier op jou blad.
    vandag die eerste keer jou stem gehoor… aangename kennis jong!!
    ek sal weer kom luister.
    ek is wel tegnologies gestrem (gaan lees maar my gediggie opgedra aan jou), maar ek kan nogal spel… jy bedoel nie “liedies” nie, doen jy? ek sou dit sowaar eerder liekies noem :)

Leave a Comment

Your comment

You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.