,

Alles is weg....

Net sodra jy dink alles werk soos dit moet dan is dit sulke tyd! Die hele blog is in sy maai net omdat Jasper nie ore het nie. Moenie die CSS verander as die blog oorgeswaai word "wordpress toe nie!!) Nou moet ek al die laaste paar maande se posts loop opsoek en oordoen

Haai wee jy!

griffel2

,,,

In ‘n land sonder grense Waarheen niemand wil gaan Vind ek in die donker ’n spoor Van ’n ou troebadoer met ’n vaal hout kitaar En ‘n pen wat papier kon bekoor En as ek hom kon volg Buite tyd en bestaan Na waar daar ‘n toevlug dalk is Sou ek hom dalk net soveel beter verstaan En dalk ook sy antwoorde wis Want sy tyd is so lank reeds verby Tog sy woorde leef hier diep in my As die lied tot duskant hartseer kom Dwaal ek diep in sy gedagtes rond In ’n kluis vol refreine Het hy sy reis gestoor Met musiek soos ’n sleutel gesluit Vir altyd geberg totdat iemand dit hoor En die sprokie vir almal ontsluit Met woorde akoorde Is sy liefde verbloem ‘n gordyn wat sy mens dig versteek Wat sou hom in lewe Met die wereld versoen Geen siel sal dit nimmer ooit weet Kyk my tyd is ook amper verby En tog sy woorde leef nog steeds in my As die lied tot duskant hartseer kom Dwaal hy diep in my gedagtes rond [display_podcast]

,,,,,,

By die blouberg klippe in tafelbaai soos die oumense vertel reis daar somtyds n swart seilskip uit die gragte van die hel Want ’n seeman het sy siel verkoop Om die tyd in waan vooruit te loop En sedertdien seil hy steeds voort Op soek na die hawe poort Geen duit wou hy langer aan land vertoef En in sy gekke gang Weerhou hy hom om ’n perdehoef Aan die voormas op te hang En as die branders deur die baai breek En die fosfor perde dans Soos miljoene wit blink liggies oor die strand Praat almal van die onheil in ’n rooi gloed lig verskans En die glimmer van die spookskip wek weer angs Ja die hollander se verbond Is met die duiwel homself gesmee Al moet hy tot in ewigheid vaar Geen storm sal hom ooit keer En as die branders oor die kiel kom bars Van jou skuit op die storm see En jy hom vervloek in sy aangesig Loop die teenspoed jou ook mee Want die seevaders se dit tot vandag Behoed is jou laaste uur As jy sy brief uit die hiernamaals vat en vir sy mense aan wil stuur En as die bliksems oor die baai skeur En die mis rol woedend teen die 12 apostelberge wat dit keer Sien jy straks ‘n rooi gloed hang deur die newels oor die see Of dalk is dit net wat stories maar beweer
Peinsend sit en staar jy na die druppels uit ‘n kraan dit syfer deur die jare en jy wonder weer oor haar naamDie tyd loop stadig deur jou glas Dit is alles so ongelee soos foto’s uit ‘n ou koerant verdof en geel verweerHier en daar kruis julle mekaar tussen lank vergete goed deur die krummels van ou drome waar sy nou en dan kom groet Want wat was is lank vergete En wat kon wees bly jou by Ja as jy maar net gevra het was sy dalk nou aan jou sy Jy sien haar deur ou vensters en onthou die dae toe jy gewonder het hoe sou dit wees as jy in haar hart kon bly Was sy maar tog net een mens sou jy dalk kon verstaan Waarom draal dieselfde deuntjie So traag deur elke aand Steeds knetter daar ‘n vuurtjie in die smee diep in jou hart en ‘n blaasbalk voed die vlamme As gedagtes jou weer tart Want wat was is lank vergete En wat kon wees bly jou by Ja as jy maar net gevra het was sy dalk nou aan jou sy
HERINNERING My hart voel erg geteister soos ek na die woorde luister Wat jy langsaam vir my fluister As die diepste donker duister oor jou kom Daars geraamtes in die voetpad Van die mense wat aan jou wil vat En besinning in jou afplat Tot jy alles in jou siel glad wil vermom Die heimwee van wat was is lank verlore en herinnering is al wat aanklank vind. Die verlede rank soos skadu’s deur jou drome en net die hartklank bly die siel nou eensgesind. Gedagtes en gebare opgegaar soos stof deur jare dwarrel doelloos dog ervare Soos herfs se roesbruin blare in die wind Die mens in jou is steeds bewus Van dit wat nog die kinders sus En al hul lewens vure blus Sodat jy weldra sielerus kan vind Die heimwee van wat was is lank verlore en herinnering is al wat aanklank vind. Die verlede rank soos skadu’s deur jou drome en net die hartklank bly die siel nou eensgesind. [display_podcast]
LAASTE WOORDE Die morester hang in die ooste En die laatnag glip stil verby Daar is ‘n trekkie op die oggend lug Wat sny deur my dikste ou trui Ek krap deur gistraand se kole Vir ‘n warm ketel steen Die reuk van dougras hang om my Dit ruik soos die lente reen Jou laaste woorde ruk die snare diep Dit spook hier binne in my As die briesie deur die bloeisels fluister Hoor ek jy is lief vir my Daar is skimme tussen die newels Van die vroee oggend uur Dit verander in die hoogste bome En gooi skadu’s duskant die vuur Die Seun van die more kom nader met ‘n vlinder wat dans in sy hand en die saad van die najaar se weiding rys groen deur die winter se brand ’n swaeltjie sny deur die more mis Wat hang soos ’n reuk oor die veld En my hart klou aan ’n gedagte Wat die koue uit my uit smelt Want ek hoor weer jou laaste woorde Wat roep na die mens diep in my As die briesie deur die bloeisels fluister Hoor ek jy is lief vir my Kuier Uncle toe mos nou die dag saam met ‚n klomp vrinne toe so ander jafel inspraak maak op die gesprek synde hy nou ook van iewers in onse mooie land afkomstig is en afrikaans as huistaal in gemeen het met die res van ons. Hoe dit ook al sy stel die knaap homself voor as Gotlieb van Greeunen vanaf iewers dukant Tjepees halfway tussen Messina en Nerens. Maar in elk geval, slaan die ou ‚n paar Biere weg en soos die tyd stap klim uncle se wenkbrou al hoer die lug in want die ou begint kak praat in preporsies waarvan uncle self nie die dimensies kan skat nie en dis nou iets te se want Uncle het darm ‚n meesters in Ingenieurswese... Doop Uncle toe sommer die vent net daar en dan met ‚n bietjie polisiekoffie en nou heet hy Gotlieb Grootlieg. Bedrewe Leuenaar en Lieplapper “of note“. Soos die tyd stap en ons al hoe meer bemoerd word vir Gotlieb se vertoning dog almal maar dis tyd om bietjie visvang te gesels en te kyk waar heer Grootlieg se stories ons gaan heenvat. Visvang is mos immers ‚n sport waar ‚n maatband net lieg en die skaal se spriengs altyd te styf is. Na Hanno so paar foto’s afgeshow het van sy tjomma se onlangse trippie Inhaca toe val mister Grootlieg ook toe weg. Presies wat ons wou gehad het en dit lui so (Uncle moet bieg lat hy die storie al donkiejare terug raak gelees het in ‚n ou stywe lyne se wolstorie afdeling, maar nou ja, „it goes to show“) Anycase, Gotlieb en sy neef besluit eendag om te loop kyk of hulle die groot babers onder die Hertebeespoortdam se wal kan gaan vang. Op hierdie stadium is grootlieg al so vasgevang in sy eie stories hy glo homself. “Indefinitely!“ Nou moet ons ook natuurlik weet dat die f*ken visse so groot is dat hulle nie met dooie voeltjies en gewone stok en katrol gevang kan word nie. Uh Uh nee. Hiervoor het ‚n man gereedskap nodig. So sit die twee toe af damwal toe met ‚n Ford F-two-fifty-pick-up-trok, ‘n winch en ‘n dooie volstruis. Daar gekom bekyk die 2 die storie en besluit toe maar om die wa teen die afdraende tussen die bome te parker net so verby die slangpark duskant Kosmos. Nou hoe de f*k het julle die volstruis toe by die damwal gekry wil die manne toe nou ene ore weet. Hierdie is mos nou ‚n altemit Mariko styl storie a’la Charles Herman Bosman en dit raak heel interresant. Gotlieb laat ook nie op hom wag nie en vertel hoe hy en neef Gysie die trokkie se spaarwiel loop afhaal het en die tube toe binne uithaal solat hulle een tamaai kettie kon bou tussen 2 bome op die wal. So gemaak hak hulle toe die volstruis aan die winch se hoek wat toe sommer ook as vishoek dien en reverse die wa tussen die bome uit. Met die allemintige kettie rekke toe nou so styf soos kitaar snare laat los hy wat Gotlieb is die winch se rem-hakkie en doer trek die enigste volstruis wat nog ooit gevlieg het. Bene, vlerke, poepekan en als. Raait, toe begint die groot wag. Watwo, halfuur op die klok en die groot vundu maak sy verskyning met ‚n moerse maalkolk en sommer sulke stoffies wat oor die water loop. Daar gaan die winch op loop wyle Gotlieb en Gysie verward rondspring op soek na iets wat die damn winch kan stop want die clutch brand uit en die rem wil nie werk nie. Soos die stuk kabel deur die water sny sien mens blykbaar net Hyasinte vlieg soos die gedoente daar voor onder die water spook om los te kom. Maar f*k dit reken Gysie toe die winch uiteindelik tot stilstand kom en al wat beweeg is so brand reukie deur die lug wat die vas ge-seizde winch se lot be-aam en Gysie start die Ford op. Nie links nie gooi die knaap die gearboks in reverse en trek daar weg lat mens net klippe sien spat. Gotlieb reken hy gooi cover want die donnerse vis is toe sommer heeltemal te sterk vir die bakkie en hy dog sy neef is na moer toe die trok die berg af op loop gaan waterkant toe soos die vis daar voor trek. Gelukkig kom die trokkie te staan tussen dieselfde twee boompies waaraan die kettie rekke vas was en daar staan hy. Nie ‚n tree verder nie en die vis gee ook geen aanduiding of hy een of ander tyd gaan moeg word nie. O nee, hy trek aan daai winch-kabel lat die ding so styf word jy kan tande met hom vlos. Soos die storie ook nou al erger en intens begint word wil ons toe nou weet hoe de f*k het die gielemientjie nou uiteindelik aan wal gekom en dis toe nou hier waar Gotlieb begint klei trap en aan plan b begint dink. Nooi reken hy, daar was ‚n korporaal in die weermag wat vir neef Gysie baie ge-like het toe die nog troep was en die streep-arm was nog steeds in diens op een of ander kampterein duskant Pelindaba. So by so bel hulle die weerman en hy kom sowat ‚n uur later daar aangesuiker met ‚n mortier en een verskriklike harpoen wat hy by sy broer se oom se skoonseun in die vloot geleen het. Nee wat daar is geen probleem nie se die korporaal en maak die mortier aan die harpoen vas en draai hom toe met die 2e volstruis (Gotlieb wou oorspronklik 2 visse vang en so sien). So gese so gedaan en die korporaal trek los met die harpoen in die rigting van die vis wat toe nou al nader aan die oppervlakte baklei met die kabel. Getrou aan die natuur van ‚n Baber ruik hy weliswaar mos wragtig die 2e voeltjie wat so half onder sy neus land en hy sluk die ook weg. So reg in korporaal se kraal en hy trek die mortier se safety-pin uit met die harpoen se tou. Magtig maar is daar toe nou vir jou een tamaai F*k*p. Vertel Gotlieb van een donderslag wat soos 6 kanonskote tussen die berge om die dam weergalm en die grate van die vis wat spat van die ontploffing en soos droppers oor die water trek in al wat rigting is. Volgende dag blykbaar in die lokale koerant is daar sprake van ‚n paar seiljagte wat die vorige aand op onverklaarbare rede by die kosmos seiljagklub beskadig is deur nugter weet watse gedierte se beendere. Die is sommer ook weggestuur vir ontleding. Maar nou Ja. Sedertdien was Ene Gotlieb Grootlieg nog nooit weer naby Harties nie en sedertdien het Uncle en kie hom ook nog nie weer gewaar nie. Jy lê op 'n ou dekstoel Hier op my oop balkon 'n ligte briesie speel deur oop skuifdeure draai spoke in die kantgordyn My hande huiwer Waar pêrels en saffier oor jou rug kom speel Waar fyn haartjies rys en vra vir die streel van vingerpunte wat jy voel Soms innig, soms ligsinnig Safraan speel oor die see as die son sak tussen lyne van purper en smarag jy bind my met 'n glimlag in die laaste lig Om jou groet die dag. Onthou jy die ou Eik in die kloof by Ebenezer Die reuk van kersie bloeisels en die misreën oor die meer onthou jy die klein houthuis teen die hange in die woud Die hert se knettervuurtjie en die glas vol vonkel goud Jou nek Satynsag teen my wang Jou bors streel lig teen my Die kamisool kruip stadig op In my hande oor jou dy Ek sien weer die swaar houtdeur Met jou rug half teen die muur Jou vingers deur my hare Soos jy ritmies teen my skuur Saggies kruip die donker deur die nate in die hout Jou lippe voel soos glans fluweel en ek drink die atmosfeer Die lang haar mat is snoesig waar jy uitgestrek kom lê en ons drink saam uit die kelkie as die nag ons toe kom vou Briefie vir Suid Afrika Daar is 'n plek waar ek al my gedagtes herleef en beelde van die lewe voor my aangesig sweef die verlange oor 'n tyd waar verbeelding die wêreld vergeef Dan dink ek weer aan lank terug se kind wees die kooperasie daar op Settlers se kersfees Met 'n boek in die hand wat ek agter die silo's kon lees Ja die verlede het so langsaam ook agter gebly Waar ek hier deur die vreemde se strate ry die kruispad verby soos die toekoms deur die donker mis sny deur onbekende tye verloor ek alles wat die mens in my hart wil hoor want 'n braambos kruip onsamehangend oor die ou land se spoor My siel hunker erg na jou afrika waar die mense aan jou suid punt vir vrede vra Kan die helde van ouds weer jou skoonheid aan die mensdom oordra As die volk weer jou hartland met liefde wil streel Sal jy weer al jou diepste geheime dalk deel en kan my kinders dan ook ongedeerd in jou arms kom speel

,,,,


Met die oudag as die son sag
deur die bosveld bome hang
En die krieke jou vermaak
met skrille sang

Steek jy straks 'n kykvuur
met 'n tonteldosie aan
dan wag jy rustig
en jou hart ontspan

Iewers met die kronkelpaadjie
kom 'n ou vriend aan
die donker stap so
stilletjies ook saam

Op 'n ou stomp sit ou Pieta
met 'n bekfluit in die hand
en die vlamme skiet
drogbeelde deur die aand

Vandag se spoke sluimer
soos die rooiwyn in jou glas
vergete is wat kom
en dit wat was

 

,,,,,

Daar's 'n plekkie duskant Sabie
waar die Kudu Bulle wei.
Tussen vaal graniet en raasblaar
Kom ons noem dit Kudu's vlei

Elke dag met sonop
as die leeus rivier spoor sny
Verdwyn die Kudu saggies
en loop sy skim by jou verby

 

Kameelpeerd kol kameelperd
knibbel rustig aan 'n tak
so tussen al die dorings
van die blinkblaar wat hy hap

Sy knoppies knieë pla hom erg
as hy moet water drink
Maar hy sien alles eerste
met sy lang nek in die wind

 

Wit renoster swart renoster
eet jy blaar of gras
Die ene met die punt lip
Kou die blare aan die bas

Jou vel so dik soos pantser
en die horings op jou snoet
Die wêreld sal so arm wees
as jy die dag moet groet

   
  Die jagluiperd lê rustig
langs die pad in Hhlane park
hartelik verlustig
aan 'n rooibok agterkwart

Gister was 'n jaagtog
teen 'n honderd myl per uur
Sy aandete met kwinkslag
na die hiernamaals gestuur

 

,,,,,,,,

Hierdie is spesiaal vir Sonkind, Nikita, Boendoe en almal wat die plekke ken waaroor hierdie gedig gaan.

God se kamer venster

Mis jy ook die dae
by die Misty Mountain Lodge
Die Long Tom pas kanonne
en die koeëlgat in die berg

Die ou antieke Leunstoel
by die hotel op pelgrimsrus
'n lekker koue braffie
en die foto van ou Jock

My gedagtes ry weer paadjies
tussen Sabie en Hazyview
so al langs 'n riviertjie
wat so af en toe oorspoel

Tot by Graskop met sy pannekoek
wat die engele ook graag eet
daar by God se kamervenster
met die laeveld in sy greep

Onthou jy nog die tien sent
vir die kolkgate se wens
die drie rondawel pieke
in die Blyde rivier se pens

Swadini was nie ver nie
as jy soos die kraai kon vlieg
Maar padlangs teen die kranse
het dit 'n ewigheid geduur

Langs die pad was watervalle
denne woud en forel
by die piesang stalletjie langs die pad
het ons kleingeld uitgetel

Af en toe in die spansel
waar die jakkalsvoël lig sweef
het 'n wolk gehang wat soos die reën
gedaal het na beneë

Somtyds was ons uitgevang
deur die mis bo in die berg
En ander kere kon ons sien
hoe God die wêreld verf


Vandag is my kort vakansie in SA op 'n einde. Visa probleme is opgeklaar, nuwe paspoort is uitgereik (binne 8 weke....) en nou is dit terug na die mislike weer en vriesvingers in die vroegtoggend langs die kalk-strome. Laat ek nou bietjie terugdink wat het alles die week gebeur.... Die Bosveld: Piet Planter het my na die mooiste mense in die bosveld geneem vir 'n ras egte kykvuur en braaivleis. Adriaan en sy vroutjie het gesorg vir 'n altemit "game drive" deur die reen deurtrekte veld met 'n modderbad ingesluit. Agterna alles opgesom met so paar koue nommertjies en 'n kitaar keurspel saam met Pieta. My moeder het ouder gewoonte saam met Oubaas Meerkat al die stops uitgetrek om my gemaklik en tuis te laat voel. (Oubaas Meerkat, jammer dat ek nou vi jou en oubaas Koos moes wys hoe om kurpers te vang.... Hehe) Ek sal maar teruggaan Pub toe om te gaan oefen met die darts voor ek weer so windgat gaan wees om jou aan te vat... In die stad: Willempie, onthou nou... Ek kan nie Jeagermeisters, zambuca en al daardie snaakse dinge drink nie, maar ek hol darm nie vir die bossies in die vars lug na 8 tequilas nie. ;) Theo, Baie dankie dat jy kom oe wys het. Dit was regtig lekker om jou weer te sien. Hoop die dis was darm slukbaar. Ons maak volgende keer weer so. Nou ja, sien julle weer iewers in Mei of Junie!! Intussen, hou maar die blog dop. Iewers is iets altyd aan die gebeur... Roer en Nikita het my getag vir hierdie een. 10 dinge wat 'n mens kwaadaardig maak en die 5 beste inskrywings op die blog.... Dit het my lekker laat kopkrap want oor die algemeen het ek 'n groot tolleransie vir mense en hulle geite... 10 dinge wat my omkrap... 1. ongeoorloofde besluitneming gebaser op "assumption". Daar is niks wat die politoer van my gemoed so vinnig kan laat smelt soos iemand wat negatief reageer of iets grimmigs te sê het oor hy / sy "assume" dat 'n ander persoon dalk iets gedoen of gesê het nie. My f#%k, as jy 'n probleem het met iemand, klaar dit eers met die persoon uit voor jy hom / haar net sommer afmaak as drek of beswadder waar ek in die omgewing is. Haai wee jy, die mensdom darm...... 2. "fickleness" Die vader hoor my as ek 'n armsalige skepsel met 'n slingevel tussen die oë wil gooi as hy / sy skuins draai om 'n flatus te passeer net omdat die Beckhams of Hofmeyers dit so doen. Jordan raak swanger en binne 2 weke is daar 'n populasie uitbarsting in Londen. "SUG".... What the F*&ck just happned!? :???: 3. Opportunistiese diewe Ja, dis die bliksems wat my kar se ruit uitslaan net om seker te maak daar is niks binne in nie. Jou armsalige stuk strond. Het jy nie oë gekry met die skepping nie. As ek iets in die kar vergeet het, touché, dis my vergeetagtige skoolgeld en jou score, maar moet jy my nou regtig deur al die kak en drama van 'n assuransie claim sit net omdat jy onnosel nuuskierig is :mad: 4. Iemand wat blatant vir my lieg terwyl hy / sy weet ek is ingelig (dood eenvoudig omdat so persoon dink jy het nie die guts om dit te bevraagteken nie).. Asseblief moenie my intillegensie onderskat nie. Jy gaan op jou moer kry! Somtyds op maniere wat jou misrabele brein nie kan "conceive" nie en seker ook nooit sal "comprehend" nie. 5. Moet ek iets sê oor die Jesus e-pos en die verstooteling met die chip op sy skouer wat dit vir my aanstuur, insluitende oningeligte sms'e en e-posse wat mense se koppe eis weereens oor die "assumption" van een of ander antie wat haar draadpop uit die pram gegooi het oor iemand op die radio iets gesê het waarmee sy nie saamstem nie :sick: 6. Base wat die skuld op hul werknemers pak oor hulle eie oningeligte besluite. 7. Ek weet nie wat pis my die meeste af nie.... Die windgat Zimbabwiese "illegal" immigrant wat jou goed steel en nog in vermetelheid te vertelle het dat die polisie hom nooit sal vang nie oor hy nie in Suid Afrika bestaan nie en / of die Suid Afrikaanse regering omdat hulle te kak sleg is om hierdie donners aan te keer of net selfs te keer dat hulle die land so onverpoos instroom. Wie is erger, Mugabe oor hy alles van sy mense vat of Mbeki omdat hy nie kan keer dat Mugabe se mense Suid Afrikaners roof nie. 8. Mense met 'n skerp tong wat ander afknou. Nie in my geselskap nie asseblief. Dit sê baie van jou eie tekortkominge. 9. "bus lanes" in Londen. Foeitog. Die burgermeester het laat gekom vir sy vergadering toe hy met 'n "black cab" moes ry. Nou boet 13 miljoen mense vir sy kortsigtige "solution". Ou Ken, het jy al ooit "Top Gear" gekyk?? :shock: 10. Lugredery kos Het jy al ooit 'n ontbyt op BAA of Air France probeer eet!? Virgin is nie veel beter nie en ek gaan verseker nie SAL probeer nie. Nou die dag was 'n verlepte stukkie bacon, 'n gebrande varkworsie en 'n lepeltjie roereiers wat lekker in die olie dryf. (Die Salmonella breek deur jou weerstand met windbestuiwing) My 5 gunsteling Inskrywings: Na die ou blog se data verlore gegaan het, is daar nie veel om van te kies nie, so ek gaan hierdie een liefs 'n skip gee. Sodoende sit ek dan die tag voort vir en sal ek dan nou maar die een wees wat vir BiB en Duskant tag Nou ja kyk, Ek was nog nooit groot op Gospel nie. Nie vir luister nie, nie vir sing nie en verseker ook nie vir skryf nie. Maar...... Maar..... So hele ruk erug kry ek 'n klompie mineur akoorde wat mooi inmekaar pas op die kitaar en die woorde pop toe sommer so op in die kraaines wat homself my brein noem. Ousus is toe ook sommer gaande oor die ding en wurg my amper omdat ek mos nou huiwerig is om dit op te neem. Uiteindelik swig Jasper onder die groepsdruk en dit is toe wat uitkom. Luister maar self en moenie bang wees vir kritiek nie... Jasper se skouers is mos breër as die lengte van 'n byl steel (Die lang byl mind you! Nie die klein handbyltjies wat jy gebruik vir jou kaggel stokkies nie...) Sy Kind [display_podcast] Hy Kyk na die mens en vra hom My Kind Is daar al nuus van verdraagsaamheid vrede ’n Geruis op die wind Die antwoord bly wyk verduister verslind Daar is geen woord van enige waarde net kaf op die wind Maar waar daar liefde is dink die mensdom anders Waar daar vrede is Leef die mensdom blind Uit die oë van ’n kind is die wêreld blind Uit die oë van ’n kind is alles wind Genade verbond verbrokkel veroud Weerklink die verlede die toekoms die hede die woorde in goud Geloof in die gees dra die mens se behoud Die Vader se liefde, geduld en diep vrede is ’n ewigheid oud Want waar daar liefde is is die mensdom anders Waar daar vrede is is die mensdom blind Uit die oë van ’n kind is die wêreld blind Uit die oë van ’n kind is alles wind So 3 of wat jaar terug was ek en skoonlief bietjie boos vir mekaar en besluit toe ons moet so bietjie vervreemd raak vir so wyle tot die een weer die ander kan waardeer. Als vir die beste en alles van die beste en al die tipe van dinge... Elke geval vat Jasper toe die nuutgevonde stukkie vryheid en kies koers Europa toe om bietjie te gaan toer. Heeltemaal by homselwers Venisië deur Rome tot in Parys sonder drama en vir die kersie op die koek sak die outjie bietjie af Suid Afrika toe vir 'n lekker kuier sessie. Daar gekom loop alles mos voor die wind. Lekker braaivleisie en pap en sous en so nou en dan 'n lekker koue brandewyntjie met baie eish. Die bosveld is mos ook nou nie vir sussies nie en so by so loop Jasper homself in ‘n bosveld kapel vas met ‘n bakkop so groot soos sy ouma se skinkbord. Maar nie eens dit troef hom nie en hy vang sommer die nommer om te loop kyk hoe vinnig ‘n plaaswerker nou regtig kan hol as die ding oor die boma se muur gegooi word (Eintlik het Jasper ‘n ratel ook gesoek om bietjie te gaan dobbel maar nou ja...) So met die terugkeer Londen toe is waar dinge toe mos sleg begint skeefloop. Sommer die eerste aand is die mannetjie pootuit van al die wedervaringe en loop soek hy die kooi op. Niks ongewoon nie, jou bed is mos jou bed.... Nie waar Jasper bly nie. ó néé... Jasper se bed is mos broeiplek vir die ondier. Salig slaap die mannetjie so van 8 uur die aand en word teen 2 uur verskriklik kru wakker gemaak met ‘n allemintige brandgevoel aan sy bas. Om nie eens van die koors van 40 te praat nie. Opgespring om te loop kyk watse kool vuur sit in sy jock vas en so halwe lafenis met die agterkwart liggies teen die koue badkamer teels. Ook net vir sekondes want dan moet daar weer aangeskuif word na die volgende teel toe. So voel voel met liggiese vingerpunte op die agterstewe proklameer 'n helse spul bulte wat voel soos muskiet byte op steroids. En het jy nou al jou boud probeer bekyk met 'n spieël wat 1.6 meter bo die grond teen 'n muur sit. As jy dit regkry, vertel ek jou nou jy wen die yoga kompetisie by die gym loshande sonder 'n smile op jou gesig.... Hoe het ek toe nie gewens vir 'n proper Suid Afrikaanse dokter met 'n voltaren spuit nie. Ai. Ou Ghaaitsie Goebieb daar by die veldskool met sy lang rottang en ses van die beste golf houe kon kom kers op steek by hierdie plasma skietwond aan my sitvlak. Die hel was nog nooit so vurig nie. Ek sweer. Weet jy hoe voel dit vir 'n groot man om 4 uur in die oggend die ambulans te bel dat hulle tog net seblief vir jou moet salf bring vir die stoof plaat wat nou nou nog jou bas was. Uh Uh nee. Nooit weer nie. Veral nie as jy vir 'n histeriese paramedikus moet verduidelik wat die oorsaak daarvan was nie. Dan glo die suurstof dief jou boonop nie eens nie. Want tussen die lakens in my katel het 'n harige 8 poot horriblis spieder lekker snoesig loop nes skrop wyle Jasper op vakansie was en toe hy nou rustig om die draai stap droomland toe is dit mos toe nou dwars oor die aaklige gedrog se bospaadjie na sy spens toe. Onthou jy die grapgat op skool wat kronies sy lang naels oor die swart bord getrek het. Nou ja! Dis hoe ek gegril het toe die gesig hom aan myself ontbloot. Sewentien keer het die brak van die duiwel my aan die bas geknaag! SEWENTIEN keer! En die verdomde ambulans man glo my nie want daar is mos nie "giftige" spinnekoppe in Engeland nie. Haai jinne mnr die entomoloog of wat ookal mens die kenners van arachnoids noem. Kom loer self na die ding in my kooi en terwyl jy draai maak bring sommer jou pilletjies saam met die termometer. O ja, en moet ook nie die salfies vergeet vir die nekrose aan my agterent nie want die prins van die donker se pooch het my agterstewe net so effentjies geknibbel met sy wreede stel tandjies. Dit is nou amper 'n skrikkeljaar sedert die naghond se besoek aan my duvet en die "scars" sit nog steeds. Darm nie meer "mentally" nie, maar aan die stewe pronk hulle nog lekker. Al wat ek onthou van die affere is toe die engeltjie vir my smile en sê....... "stof tot stof" toe die opgerolde koerant soos ‘n ploegskaar op die gebroetsel neerdaal en hom diep diep die grond in werk.....

,,,,,

Hoe sit 'n mens die krag van die liedjie oor in engels!?? Al die vertalings wat ek tot dusver gelees het is engelse verwoording en myns insiens glad nie 'n vertaling nie. Nikita het my gevra om dit 'n probeerslag te gee,

So, Nikita (en almal wat belangstel)
Hier is Jasper se engelse vertolking van "De La Rey"

Op ´n berg in die nag
lê ons in die donker en wag
in die modder en bloed lê ek koud,
streepsak en reën kleef teen my

en my huis en my plaas
tot kole verbrand
sodat hulle ons kan vang,
maar daai vlamme en vuur
brand nou diep, diep binne my.

De La Rey, De La Rey
sal jy die Boere kom lei?
De La Rey, De La Rey
Generaal, generaal
soos een man, sal ons om jou val.
Generaal De La Rey.

Hoor die Kakies wat lag,
´n handjie van ons
teen ´n hele groot mag
en die kranse lê hier teen ons rug,
hulle dink dis verby.

Maar die hart van ´n Boer
lê dieper en wyer,
hulle gaan dit nog sien.
Op ´n perd kom hy aan,
die Leeu van die Wes Transvaal.

De La Rey, De La Rey
sal jy die Boere kom lei?
De La Rey, De La Rey
Generaal, generaal
soos een man, sal ons om jou val.
Generaal De La Rey.

Want my vrou en my kind
lê in ´n kamp en vergaan,
en die Kakies se murg
loop oor ´n nasie wat weer op sal staan.

De La Rey, De La Rey
sal jy die Boere kom lei?
De La Rey, De La Rey
Generaal, generaal
soos een man, sal ons om jou val.
Generaal De La Rey.

On the hill tops at night
In shadows and darkness we wait
The night chills te mud and the guts for my bed
While the rain and old rags sleeps with me

With the life that they burned
from my farm to take pride
in capturing me
They opened my soul to the flames
That fans the dark furnace in me

De La Rey, De La Rey
We need you to show us the way
De La Rey, De La Rey
General De La Rey
United we’ll fight till we fall
General De La Rey

You could hear the Queens force
mocking an end
to this brotherhood of men
Cornered by cliffs they did think
For us it’s the end

How they failed to conceive
The heart of a man
That they came to call Boer
Beware the pale horse from the west
The Lion that comes for his kin

De La Rey, De La Rey
We need you to show us the way
De La Rey, De La Rey
General De La Rey
United we’ll fight till we fall
General De La Rey

In the dark camps of death
My wife and my child pays the bill
For in the footprint of Khaki’s
This nation will rise once again

De La Rey, De La Rey
We need you to show us the way
De La Rey, De La Rey
General De La Rey
United we’ll fight till we fall
General De La Rey

   
© Bok van Blerk, Sean Else, Johan Vorster © English version: Jandré Neethling

,,,

Voor almal dink ek het verdwyn, ek gaan probeer om die "travelling" gereeld te blog, dit hang net af hoe die internet beskikbaarheid is.

Jasper het toe eventueel sy werk bedank om bietjie die wereld te loop bekyk en sy inkomste op ander plekke te gaan genereer. Nie dat ek regtig kan kla nie, want ek maak nou in 3 weke wat dit my 'n halwe jaar sou gevat het as ek in Engeland bly werk het. Dit was nou maar net tyd om die bal aan die rol te sit en weer vir myself te begin werk. Maar meer daarvan op 'n ander tyd.

Gister aangekom in Kazakhstan Na 'n goeie 7 ure vlug was daar te veel mis in Almaty en na 2 probeer slae, besluit die piloot om liewer nog 2 ure verder Noord te gaan en land toe eventueel in Astana. Bygese, Astana is mooi in die Steppe geleë, en -23°C is die algemene temperatuur die tyd van die jaar teen 12 uur in die middag.

Na nog 3 ure se vertragings kry ons toe uiteindelik 'n nuwe vlug na Almaty en eventueel hier aangeland, groet hierdie gesig my....  Dit is grou weer, die sneeu van onlangs lê nog dik en die roet en nywerhede mis hang soos 'n donker wolk oor die stad. Sondag verkeer lyk soos Maandag oggend in Pretoria met die verskil dat regterhand stuur motors in die land verban is (Die mense het te veel ongelukke gemaak want hulle bestuur erger as die ouens in Cairo). Die sneeu is half grys van al die roet en rook en meeste van die paaie is gelaai met swart ys want die stad se gritters werk net wanneer hulle wil.

Eventueel by die hotel aangekom, het ek maar net 'n paar foto's geneem, 'n glasie wyn in die hotel se bar gedrink en toe gemaak vir die kooi. Die foto regs het ek uit die hotel se kamer venster geneem. Die gebou in die agtergrond is een van die nuwe "post sovjet" ontwikkelings wat oral oor deur die stad oprys. Sedert die ontwikkeling van die olie velde begin het so 7 jaar terug, is daar regtig 'n bo-gemiddelde algemene groei wat in die land plaasvind en ek onthou die eerste keer wat ek hiernatoe gekom het was daar net 'n handjievol luukse motors tussen al die honderde Lada's en Volga's wat nog uit die Russiese bewind gedateer het. Deesdae word dit al hoe meer en meer vervang met Nuwe motors en mens kan sien hoe "Rykdom" saam met olie die land inkom deur net die kar keuses van mense dop te hou. 4 Jaar terug het ek en die barman in die hotel op Almaty vriende gemaak. Deesdae werk hy vir een of ander nywerheids besigheid en ry 'n Porche Cyaene.

Elk geval, ek pos more meer oor die plekkie. My internet tyd ardloop uit....

,,

Ek verwonder my nou al 'n rukkie hoe party bloggers (en lesers) op hoogte bly van nuwe inskrywings. As ek so deur almal se blogs scan voel dit partykeer of ek iewers iets mis. Teen die tyd wat ek by iemand se blog kom lyk dit of die inskrywing al 'n dag oud is met die hoeveelheid kommentaar wat al klaar gelewer is. (Veral nou dat ek in die suide van Siberie rond hang....)

Om dit te monitor het ek op 'n stadium die "google desktop" se RSS voer gebruik. Die ding het egter desperate ontwikkelings hulp nodig en was so onbetroubaar dat ek dit naderhand maar afgesit het. Toe begin ek die ingeboude i-explore RSS funskie gebruik. (Wat 'n gemors). Dit kan nie onderskei tussen 'n "itunes RSS feed" en 'n gewone inhoud "RSS feed" nie. Die ander ding wat my gegrief het van dit is die tydsame opdaterings proses. Somtyds tot 48 uur voor dit 'n nuwe inskrywing optel. Sommige bloggers soos DaMario wat gereeld iets interresants griffel het al 3 inskrywings gemaak teen die tyd wat i-explore die eerste een opgetel het....)

Lank terug toe RSS voere net begin is, was daar so paar programmetjies in die omtrek wat nogals aanvaarbaar was, maar die ontwikkeling daarvan het regtig agterwee gebly en met die buiging van "Web2.0" het die ook vir 'n bol poef gegaan.

So, hoe nou gemaak. Want ek hou ook nie van "online" feed monitors nie. As ek reg onthou gebruik Chris by "My-Kop-Op-'n-Blok" so een. Dit is net te veel van 'n schlep vir my om elke keer soontoe te browse. Maar soos enige iets anders is daar oplossings vir individuele smaak en so kom ek toe af op "Illumio"

Wat 'n lekker program. Dit is gratis, Dit is "Web 2.0 ready" en word op jou rekenaar gelaai soos enige ander program. Dit wys as daar 'n nuwe inskrywing is met 'n klein venstertjie soortgelyk aan Outlook se e-pos notifikasie en as jy die mis, flikker die ikoon in die werkstaaf om jou in te lig. Hier onder is 'n 2 skermskote van Illumio.

Dit is alles wat ek nodig het en 'n klein bietjie meer. Na ek al die "default" feeds uitgesny het en my eie groep geskep het met al die voere wat ek graag wil lees, werk dit soos 'n bom. Hy is so naby aan onmiddelike opdatering soos demmit aan 'n vloekwoord en maklik om op te stel en te gebruik. Die linker-kantste kolom wys die blog of webtuiste en die regterkantste een wys 'n samevatting van die blog inskrywing. As dit goed lyk kliek jy net op "full article" en hy vat jou reguit na die betrokke blog inskrywing toe.

Nog 'n lekker ding wat ek agter gekom het met die gebruik van die ding is dat as ek op i-explore op 'n feed afkom en "subscribe", dan tel illumio dit op en add dit outomaties.

Net een klein dingetjie het my gehinder aan die begin. Daar is 'n tab opsie op die linker kanste kollomme waar die een tab net artikels of blog inskrywings uit blogs wys wat betrekking het op die sleutelwoorde wat jy vooraf insit. Dit het veroorsaak dat ek heelwat inskrywings gemis het totdat ek die dag agter gekom het ek kyk na inskrywings onder die verkeerde tab. Toe ek die verander na "all articles" toe, wys hy die hele kaboedel en nou is alles in die haak.

Dit spaar soveel tyd om nie deur elke site hoef rond te wip en te kyk wie griffel iets interresants nie. Ek kan nou vinnig in die oggend en aand (Dis nou as daar internet in die sneeu bedekte wereld is) deur almal se inskrywings en "comments"draf en siedaar. 2 ure se surf in 20 minute

Helse dankies aan Illumio, en moenie stress kap as ek nie by comments uitkom nie. Ek lees wel!!

,,,,,,,

As julle lekker snoesig in die kooi lê en doeke trap, dink aan hoe koud julle nou regtig kon kry as julle hier kon rondloop. Dit is nie bietjie koud nie, Dit is "%ok£n koud!!! O ja, en die wit op die foto's is nie regtig sneeu nie, dit is meer soos 'n poeier ysreën tipe sneeu. Toe ek hier in Atyrau aankom, slaan 'n blizzard los en dit is een groot gemors. Vir 2 dae aanmekaar het die poeier neergekom en 'n goeie half meter dik loop lê op plekke. Dit is nie regtig wat erg is nie..... dit is die Siberiese wind wat uit die noorde oor die steppe aangewaai kom. As jy jou mond oopmaak om met iemand te praat, dan slaan dit jou asem weg. En dit voel of jy in die kaap loop in Augustus. As jy 'n sambreel naby het, jaag jy resies met Mary Poppins en jy loop so half skeef soos 'n krap met aambeie..

Die ou ligte briesie slaan jou met 'n aanvoelbare temperatuur van sowat -30°C. Niks ernstigs nie, moet net nie water afslaan langs die pad nie. As jy te veel biere agter die blad het, bly liewers binnenshuis. Die Kazakh mense se standaard bou metode is om huise van modder bakstene te bou. (Bietjie moeilik om dit reg te kry in die winter, want alles vries toe, selfs die rivier.) Modder huisies word dan met hout oorgetrek soos die een op die foto. Of sommige van hulle in elk geval. Daar is gewoonlik ook hout hekke en mure voor die geboue wat meeste van die tyd allerhande ornamentele versierings van gedraaide staal op het.

Buite die hotel is die Ural rivier toe ge-ys en jy kan dwars oor die rivier loop sonder enige probleme. Ek is half versigtig vir die affere, maar as die manne wat bietjie kom visvang  met hulle swaar vierwiel trek voertuie op die rivier kan ry, dan kan ek sekerlik seker daaroor loop. Dit voel effens snaaks om te dink jy stap nou dood luiters oor 'n vloeiende klompie water net 20 cm onder jou voete deur 'n deurskynende ys-laag. Miskien is dit 'n Suid Afrikaanse ding om voetjie vir voetjie te loop uit verwagting dat iets dalk gaan padgee..... :shock: O ja, en as jy op straat deur die dorp stap, hou maar verby die swart ys.... Dis effens seer as jou voete koers kies in die teenoorgestelde rigting van wat jou lyf loop.

Wonder bo wonder is hier nie regtig baie ongelukke nie. In elk geval niks waarvan ek hoor of sien nie. Die paaie word ook nie regtig ge-grid nie, maar dit lyk nie of dit die mense pla nie. Hulle ry nou wel effens stadiger, maar ek staar my verdwaas dat hulle nog steeds nie inmekaar vas neuk op die swart ys nie. My verstand sê vir my die motors moet gly, maar my oë vertel vir my 'n ander storie. Ek staan kronies oopbek as ek sien hoe die mense geleer het om in sulke uiterste omstandighede reg te kom. En natuurlik vir die rokers onder ons, Ek moet net vir julle sê, 'n pakkie sigarette kos net R4.

Ek gaan nog sowat 7 dae hier in Atyrau vertoef en 3 van die dae sluit helikopter ritte in na van die lokale bedryfs installasies toe. Ek dink dit gaan 'n ondervinding en 'n half wees en het klaar gereel dat ek my kamera kan saamneem. Ek kan regtig nie wag nie. Dit is 'n lekker gevoel om so opgewonde te wees. Daar is net een gevoel wat dit oortref, en dit is die verlange na my seuntjie...

In afsluiting so stukkie oor godsdiens. Daar is 'n paar gelowe in Kazakhstan, maar oor die algemeen is dit die Russiese ortodokse gemeente en die Moslem geloof wat die meerderheid daarvan uitmaak. Die moskee op die foto is in die hartjie van Atyrau reg langs 'n park wat vir die Russe en Kazakhs omtrent net soveel beteken soos Picadilly Circus vir 'n engelsman. Daarmee groet ek julle vir eers. Geniet die sonskyn en die naweek in SA!!

,,,,

Trane vir 'n oumens

Iewers
in die klowe
speel dagbreek
met 'n vuur

Teen
kleurbelaaide druppels
Deur
'n dun gordyn
van waterval
en reënboog
mis
wat dofweg skyn

skoonheid
van die kranse
nastergal
van die siel
diep blou poele
in jou oë
voed
die droë fontein

En ek lag

Want iewers
in die dieptes
waar die woud
geheime hou
speel
'n ou serfyntjie
maak die hart
weer rustig stil

En ek huil

Trane
vir 'n oumens
sleutels
van 'n tyd
vergange
met gedagtes
vir ewig
weg gesluit

Die dunste
kronkel paadjie
Somber
in blaar verskans
spoorsny
vir die antwoord

om te kan drink
uit jou fontein


,,,,

Ek het hierdie stukkie laaaank terug (2005 as ek reg onthou) vir willeklong geskryf. Hopelik is dit nie "outdated" nie en gee dit 'n bietjie insae in my idiologie......

Then again, ek mag dalk verkeerd wees.

My Identiteit

Ja, ek is ‘n Suid Afrikaner want dit is my Nationaliteit. Histories van Europese oorsprong, maar gebore, getoë en onvoorwaardelik opgevoed as Afrikaner, oftewel my bevolkingsgroep.

Ek is nie ‘n Zulu, Xhosa, Ndebele, Sotho of dies meer nie. Ek is ’n Afrikaner. 400-jaar oue geologiese volks-ontwikkeling opgevat in die mens wat en wie ek is.

Moet ’n ras mitologies wees om erken te raak? Is ek ’n ‘breed’ wat geregistreer moet word sodat ek be-eien kan word deur my landsgenote? Ek glo nie. Talle bevolkingsgroepe in een land. Elkeen met sy eie kulturele identiteit. Saam maak dit een “nasie”, die Suid Afrikaanse nasie oftewel Suid-Afrikaner.

Is dit nie waarvoor my landsvlag staan nie? Hoekom is daar dan struweling omdat ek Afrikaner is in Suid-Afrika? Die Zulu wat langs my woon is trots om te sê hy is Zulu, Bloedrivier is ‘n hiroglief in sy geskiedenis. Waarvoor moet ek terugstaan of skaam wees? Vir die twee of drie geslagte Afrikaners voor my se politiese oortuigings? Vergeet dit. Ek leef in ‘n moderne samelewing waar humanitêre waardes gekweek is vir elke denkbare velkleur.

In die niet is die strydende partye en entrepeneurs van die laat 1800’s vroeg 1900’s wat nie saam wou staan in die Boere-oorlog nie. Gegun is hul vryheid om te konsentreer op goud en diamante en derglike omstandighede insluitende finansiële, politieke en godsdienstige oortuigings, welke geval die struweling vry te spring en nie deel te vorm van die oorlog-voerende partye nie. Inderdaad is dit so oorgedra aan ons voor ouers – met bloed betaal deur vrouens en kinders – verhaal deur kamtige samesyn van ‘n oortuigde, onder-ontwikkelde volk.

Kom die kolonialistiese regering en gaan weer in die jare opvolgens, want daar is toorn en onsamehangende gevoelens voortspruitend uit langafstand bestuur. Die sogenaamde nuwe nasie oftewel “blankes” het saam beskik en besluit, of dalk gebrandmerk, die verkose gemeenskap. Nog is dit het einde nuut.

Die argitektuur van Apartheid wink nader. Strydende partye verstaan dat eweneense belang lê in die samesyn van ’n blanke volk waar ’n meerderheid meer belang het as los verdrag van verskillende politiese (en/of finansiële) oortuigings. So gesê, so gedaan. Gebore die semi-sosialistiese regering. Geraam op bewysde tegniek van die ou Cromwell regime. Geen fout daarmee nie... (Of dalk net mis beëien). ‘n Samesmelting van verdrukte nasies soek uitkoms.

Meer onlangse geskiedenis dui op etniesiteit tussen Serwiërs en Bosniërs. Miskien dieselfde behaag in geskiedkundige apartheid. Twee nationaliteite; Blank of Nie-blank. Onderliggend lê daar nasies met eeue-oue haat vir mekaar. (Nie die beste mengsel om brood mee te bak nie; Zulu’s versus Sotho’s – Zilkaats draai in sy graf om) Ook ongelukkig die eerste (en enigste keer) wat die “blanke”’ Suid-Afrikaner kon aanspraak maak op ’n nasie. Of kon hy!? (En hoor jy die magtige dreuning?)

Ewenwel kom die verlosser. Die verlosser van die onderdrukte. Belans is aan die orde. Vir nou... Die onderdrukte kom na vore. Nasies, voorheen ge-amalgameer onder een vaandel eis nou identiteit. Verlore is “Nie-Blank”... na vore skuif die diverse etniese identiteit wat daar altyd was. Zulu, Xhosa, Tswana...

Die nuwe vlag, die nuwe aanwending van “power of the masses“. Die insig van ’n diverse volk oor wat samesyn waarlik beteken. Een nasie – een vlag – Suid-Afrikaner!! Of hy nou Zulu, Xhosa, Sotho, Tswana is. Ontwerpte verdrag vir ander bevolkingsgroepe en hul kulture beide gemeenskaplik en individueel bou die raamwerk van ‘n nasie wat groei. Wat het van die sogenaamde “wit” nasie geword!? Die “Blanke”!? Verdeeld soos voorheen onder vaandels van herkoms? Of dalk verdeeld oor geo-politiese persepsie, godsdienstige oortuigings, geldsug, magsug, of dalk net doodeenvoudige ‘ignorance’. Wie weet...

My voorouers was sogenaamde baanbrekers. Ossewa, voorlaaier voorslag en veldhoed. Sy term vir sy mense of die bevolkingsgroep van sy soort was Afrikaner. Die naam aangeneem deur hom en sy mense om te beskryf waar hulle hulself bevind en waarin hulle samehorigheid kon kry onder mekaar. (Is jy ‘n Hollander? Nee ek is ’n Afrikaner.) Dit is die naam van die bevolkingsgroep waaraan ek behoort. Waarin ek groot geword het. Die waardes waarvan ek geleer het. Die kultuur waarin ek getoë is en waarin ek my kinders moet, sal, kan en gaan opvoed. Dit is goeie waardes. Dit is etiese waardes. Dit dra ’n verdragskode gegiet in respek. Die sowat 400 jaar wat my mense hierdie kontinent aangeneem het as domiscilium. My kultuur sluit in braaivleis, boerewors en pap, volkspele en kinderkrans, biltong en droëwors.

Waaraan skryf jy jou herkoms toe seinde jy myne as nie-bestaande probeer bewys? Dalk naamloos en deurmekaar? Is jy baster? Is jy Engels van afkoms, hier aangeland vir die oorlog en toe die skip terug gemis want hier is goud en mooi weer? Is jy dalk deel van die horde spekuleerders wat gehoor het die stormloop vind plaas noord van die vaal? Die een wat beheer wou hê maar nie wou oorlog maak teen die kroon nie? Wat Paul Kruger opdraend gegee het met jou losse sedes en hoerery? Die steler en bedelaar? Vind jy eersdaags uit jou herkoms dra geen naam uit die mengelmoes nie en daarom veg jy vir die term Suid-Afrikaner sodat jy identiteit kan kry?

Soos daar Zulu is, is daar Tswana en Xhosa. So ook is daar Afrikaner.

Waar jy in die prentjie pas, is jou saak. Aan watter bevolkinsgroep jy behoort, is jou saak. As jy voel jy is nie deel nie, skep vir jou ’n groep en rally jou soort soontoe. Maar troos jouself daaraan dat jy Suid-Afrikaner oftewel Suid-Afrikaans is - maak nie saak wat jou etniese oorsprong is nie. Dit is jou geboorteland. Saam maak al die bevolkingsgroepe een nasie en een volk. Die Suid Afrikaner of “South African”.

Laat my toe om aan my bevolkingsgroep te behoort en daarin te beweeg. Daar is vir my geen rede of bate om my mense en herkoms te onteien nie en ek het al die reg om kulturele waardes, bates en lewens van juis hierdie mense te beskerm en voort te dra. Dit vorm deel van Suid Afrikanerskap. Daarom is ek ook geregtig op die beskerming van my kultuur en identiteit deur 'n goewerment aan wie ek belasting betaal.

So hoekom de F*&^K gebeur dit nie!?


,,,,,,,

Skool van Athene (Stanze della Segnatura) - VatikaanRaphael Santi, meester van die natuurlike skoonheid in kuns. Voorkeur arties van die vegter pontief Julius II asook sy opvolger Leo X. Gebore en getoë in Urbino (Italië) op 28 Maart 1483 en oorlede op 6 April 1520 na 'n kortstondige 37 jaar waarin hy die wêreld met absolute geniale kunstigheid versier het.

Leerling aan die skole van Timoteo Viti en Perugia. Sterk influente op sy werk was onder andere, Botticelli , Leonardo da Vinci, Michelangelo en die dominikaanse arties Fra Bartolommeo

Sy Disputa muur Frescoes in die pontiewe stanza's het tot vandag nog geen gelyke in die wêreld ten opsigte van die uitbeelding van Tema's soos filosofie, godsdiens geskiedenis, natuurlike skoonheid asook magiese difiniteit nie. Die foto is van sy Fresco "School of Athens" (1509) in die Stanze della Segnatura van die Vatikaan. (Slaapkamer van Pope Julius II) en een van sy mees befaamde werke. Al drie meesters (Da Vinci, Michelangelo en homself) is tussen 'n skool van historiese filosowe, denkers en bekende skoliere vasgevang).

Hy kon Michelangelo nie verdra nie en het hom uitgekryt as 'n reklusiewe kluisenaar. Sy beheptheid met die groot meester het ook gelei na sy 2 mees verwarrende werke omdat hy nie die tegnieke van beide Da Vincy of Michelangelo kon bemeester nie. Daarbenewens het hy ook geen nuwe uitvindsels soos die 2 meesters die lig laat sien nie en dit word tot vandag teen hom gehou, maar waar hy wel uitstyg bo sy ewekniëe is sy lig en skadu tegnieke wat tot vandag toe nog nie ge-ewenaar kon word nie. Een ding is wel seker, hy het Michelangelo se meesterskap verafgod tot in so 'n mate wat hy 'n ewige kompliment aan hom gegee het deur hom in 2 van sy werke in te skilder.

Raphael was baie lief vir Portrette en met die uitsluiting van miskien Rembrandt, het hy ook hier nie 'n gelyke nie. Sy weergawes van die Madonna is vandag prysloos en onverkrygbaar op die kuns markte.

Sy oorlewing aan die mensdom voor sy dood aan 'n onverklaarbare koors is onskatbaar en mog dit verewig vir die mens bestem bly.

 

,,,,,,

My trippie na die Vatikaan in 2005 het my die idee vir hierdie stukkie gegee. Dit is regtig 'n ondervinding om in Die Sistynse Kapel te staan en hierdie werke te aanskou. So hier is Jasper se uittrekking oor Openbaring......

Openbaring

Eendag lank lank gelede
toe 'n engel die hemel oop sluit
Staan Johannes en vier wesens
voor die poorte van die paradys

Die Lam het die apostel ingenooi
om Vir hom die einde te wys
Want die sewe geeste voor die Troon
Het besluit dit is die einde van tyd

Een honderd vier en veertig duisend
Siele word heen gestuur
Na die berg van Armageddon
Om die eindtyd in vrede te vier

 

Soos die swaard van vuur
deur die laataande dreun
Vir die pyn wat die dooies verduur.
Staan die dood met 'n dolk in sy yskoue hand
en kerf 'n nuwe naam teen die muur

Want die gerubs stuur die vier ruiters
om die hel aan die sondaers te pand
en een kant skuil die donker prins
waar hy kyk hoe die wêreld verbrand

Maar die Engele bars uit in woede
deur die tuin van die môrester
en Michael wond die sewe kop dier
wat die brug na verlossing versper

Swael skroei die vlammende velde
Al die sterre ontplof een vir een
Die nasies verkrummel in wanhoop
en spat soos die gietende rëen

Uit die vreemde reis daar 'n vrede
'n engel het die seedier getem
en deur die sagte wit wolke
sak die nuwe stad Jerusalem

,

In opvolg op gister se inskrywing,
Jasper weereens oor openbaring....
Die keer in vers.

Openbaring in vers:

dawerend
deels
verdurend
dui
die daglig
die dood
verdag

Gespuis en
grou
gedaantes
gryp
gelowig vas

Eens is
elkeen
eenders
en alles
is in
as


,

14 Jaar!!! Ek kan nie besluit of ek super boos of oneindig hartseer is nie. Vir 14 jaar al lees ek aan een verhaal. Ja dit is reg, 14 bleddie jaar. Van 1994 tot 2008 lees Jasper al aan die "Wheel of time reeks". Die beste "science fiction" sedert Tolkien die koring gerwe gaan oes het. Van boek 1 tot Boek 11 het ek getrou met elke nuwe boek voor in die tou gestaan om hom te koop. Toe internet begin bewe het ek die boeke sommer 'n maand of 2 vooruit bestel. Jasper het al 13 antagoniste gehaat met 'n passie. Sy verbeelding somtyds in die wolke om 'n ding beter te doen as al drie protagoniste. Man, somtyds selfs gedroom oor die blessitse storie. Dit het "even" party van sy gedigte ge-inspireer..... Die liefde en haat, die sukkelgang en karaktergroei, die absolute hunkering daarna om te kan slaag....... Alles wat goeie boeke goed maak saamgeflans in een storie. Sowat 1200 bladsye per boek wat so ingewikkeld lees (Nie moeilik nie, dit vat net somehow langer as wat dit sou vat om 'n Wilbur Smit boek van dieselfde hoeveeleid bladsye te lees - 2 keer so lank...) En uit al 11 boeke kon ek nie een neersit voor hy nie klaar was nie en glo my...... ek spandeer liefs tyd op wikipedia voordat ek my snoet in 'n boek druk. Boek 12,dDie laaste boek van 'n fantastiese reeks was "supposed" om Desember 2007 vrygestel te word. My tyd was min en ek kon nie daarby uitkom om die boek te bestel nie, en eergisteraand toe dink ek...... Nou is die tyd en ek klim op die internet Tor publiseerders toe. Hmmmmmmm............. We are sorry to inform you, but Robert Jordan passed away in September 2007. WTF!? :shock: Nou sit ek maar net hier rond en wonder hoe die storie ge-eindig het........ Brandon Sheldon is gevra om boek 12 te skryf en die storie klaar te maak........ Sal dit ooit dieselfde wees....... Ek voel verkrag.... literêr verkrag.

,,,

Verbeel jou....

My vingers kruip so suutjies
hier oor die vaalbos veld
waar twee vir eens verenig is
en die liefde hom vergeld

Die heuwels in die donker
lê soos skimme teen die kim
net die gras wat liggies bewe
verklik die lewe in
die nat gedoude kelkies
wat yl hang oor die spoor
en met die bries die stuifmeel
hier teen my lies verloor

Die hoendervleis ruk hand uit
en ek sien die aandblom wink
as jy diep snak na die asem
wat deur my siel weerklink


,,,

Het julle al ooit 'n uiltjie geknip en so half in die "skemer skans" oftewel "twilight zone" van slaap beweeg. waar droombeelde so werklik is, jy kan tot die lyne op iemand se gesig sien. Soms droom ek in diepe slaap en kan niks onthou die volgende dag nie, tot op 'n dag wat ek iets sien of iewers beweeg en dan so vir myself dink "ek was al hier...." So al asof ek die droom herleef. Ander kere weer sien ek die droom so duidelik soos 'n drogbeeld in die skemerskans al asof dit nou besig is om te gebeur, maar dit gee nooit "dejavu" later nie.

Morgan La FayOp 'n manier laat dit my altyd dink aan Morgan La Fay se spieël hande wat oor turflande gly. Foto's as kind tussen Warmbad en Settlers met "mirages" oor die turflande as die dag warm raak. Die Mirage van 'n standvastige lewe met 'n pa wat nie rondloop nie.

Morgan La Fay, die moeder van Mirages, half suster van koning Arthur en ook bekend as die "vorm veranderings feëtjie". Die skoonheid van die kelte en "Femme Fatale of note". Dit was sy wat Guinevere en Lancelot se sodomie verklik het uit wraak vir Guinevere wat haar uit Camelot verban het oor haar losse sedes. Op haar ou dag vrede gemaak het met Arthur en as kisdraer by sy begrafnis opgetree het na sy hom as raadpleër bygestaan het in sy laaste jare. In die Arthurian siklus was sy die dogter van Elaine en het sy 'n pa gedeel met Arthur. In die "Wheel of time" was sy Elaine se moeder (Morgase) en die koningin van die Roos Kroon. Ook hier was sy nie waffers met getrouheid nie maar sy kon maak soos sy wil as Koningin.

Lê vergifnis net in drome en feëverhale vir die klas van ding of is vergifnis regtig moontlik? Ek vra, want ek lees nou al 'n geruime tyd al die blogs oor die topiek van manne wat nie hulle dinge uit gate kan (of wil) hou nie.....

 

,

DaMario het hierdie mandie op my stoep kom sit via Johan Swart...... Thanks DM ;) Het gewonder wat ek vanaand op die blog gaan sit... Wat gebruik ek? Ek werk op 'n Dell Inspiron 9400 laptop met 'n 17 duim skerm. Redelike vris rekenaartjie, want dit is al wat die druk kan hanteer as jy met groot grafiese dokumente speel so af en toe of as jy Sonar 7 musiek prosesserings programatuur hardloop. Nie dat ek dit juis elke dag vir werk gebruik nie, dit is meer 'n stokperdjie maar daar kom tye... Photoshop CS3 is die program van keuse en contribute gebruik ek natuurlik om die blog mee te update. Dreamweaver is ook daar en dan natuurlik oubaas Bill se programatuur. Buiten die het ek open office en gimp vir die gratis gedeelte en natuurlik ook Acrobat 8 prof om die nodige dokumentasie om te swaai na pdf toe. Dit is nodig in my werk waar kwotasies en kontrakte somtyds skielik anders lyk as wat jy dit oorspronklik gekryf het... (Ja, dit gebeur in Engeland ook) So ek tag dan nou maar vir Nikita, Roer en Sharks.

,,,

Ah Baku


Die stad van wind aan die weskus van die Kaspiese see.

Lid van die ou Sovjet federasie. Geliefde stad van die voormalige  president Haydar Aliev. Sy toorn teen die russe oor die massamoord gepleeg op Azerbaijani studente net voor onafhanklikheid het hom die liefde van 'n nasie gewen. (Kudo's vir jou in my boek swaer) So erg was sy retaliasie dat die KGB hom wou dood maak. (Mugabe, kom neem bietjie lesse by die man). Tussen die oer oue mure en geboue van die "ou stad" met sy kenmerkende atmosfeer waar die ou gardes nog soos in die middeleeue leef tot die geharwar van die "nuwe stad" wat om sy mure gebou word.

Die mense haat die Armene aan die westelike grens (Hulle was die russe se byl met die massamoord) en ook die invallers in die vroeë 2000's vanwaar 'n hele gedeelte van Azerbaijan oorwin is. (Nog steeds 'n russiese hand hierin?). Aliev en sy seun wat nou president is het verkies om die westerse invloed aan te neem en sodoende vir die mense 'n eg demokratiese omgewing te skep. Dit het die russe vervies.

Almal praat nog steeds russies maar dit het met tyd verander na die 2e taal en stelselmatig begin  almal terugval na die oorspronklike Azerbaijani taal wat meer turks van oorsprong is. Die mense lyk soos die turke oftewel Ottomans waarvan hulle afstam. Kort bonkige mense met dadel kleur oë, blas velle en swart hare. Die skrefies oë van die Khans aan die ooskus van die Kaspiese see is nie hier te vinde nie. Die geboue dra ook die kenmerkende gewelende boustyl van die turke.

Die mure om die "ou stad" spreek van 'n tyd wat beinvloed is deur die kruistogte met die ooglopende boog skutte. Die tyd toe die kruisvaders die persiese magte aangevat en somtyds oorwin het.

Die sovjet regime het wel diep spore getrap. Veral in die nywerheid en industrie. Hier kan jy nog die russiese "citi golf" vind net soos in enige ander voormalige federasie lid land. Sedert die vroeg 80's maak hulle hierdie Lada motortjie en hulle maak hom vandag nog. 'n stuukie blik op wiele met net die fundamentele gedeeltes van 'n motor. 'n bakwerk met vensters, 'n verwarmer, 'n stuurwiel, sitplekke en matte. Natuurlik dan ook ligte en flikkerligte en die mees belangrikste gedeelte van enige kar in hierdie geweste natuurlik 'n ordentlike toeter. (Links 'n Lada van die laat 80's en regs een van die nuwe 2007 modelle)

Suid Afrikaners hier is heelwat. Jy hoef nie ver vir hulle te soek nie. Kyk net vir iemand wat nie heeltemaal so blas is nie en gewoonlik 'n hele hand bo die res van die mense uitstaan. ('n hand en 'n kop as jy my hoogte het) Kanse is dat sy aksent hom sal weggee nog voordat jy hom vra "van waar gehasie". Glenn, dankie vir die braai. Moenie worrie nie, dit was nie gebrand nie en die rooi wyn wat soos 'n Weiser Riessling proe sal ek weer saam met jou drink ;). Dokter van Blerk, ek hoop ons paaie kruis weer!

My tydjie in Baku was lekker. O'Finnigans se Guiness is nou klaar en die Tiger bar het besluit hierdie boerseun is 'n lewenslange lidmaatskap werd. Nie vir die meeste drank in een aand nie (As julle dalk so dink), maar omdat Jasper bietjie hans geraak het met 'n skepsel wat 'n meisie gestaan en rond ruk het. Ek dink die knaap se snoet snuif nou nog bloed... (stupid ingilsman..)

Elk geval Baku, ek kom "grace" weer jou "eastern shores" volgende jaar.

groetnis

Jasper

,,,,

Die blogosfeer se "prodigal son" doen weer 'n inskrywing. Jammer ek het so lank weg gekruip. Dit was nie my keuse nie.... So tussen al die administratiewe dinge wat noodgedwonge aandag soek (Sodat Jasper darm so paar sjillings in sy rekening kan kry) en 'n trippie na Ghana vir werk wat weereens na verdere administrasie lei, het blog tyd vir 'n rukkie agterwee gebly....

Ghana was lekker. Lekker warm. Sowat 36°C met 'n humiditeit van om en by 88%. Het jy al uit 'n temperatuur gereguleerde vliegtuig geklim na jy weg is uit 'n plek soos Engeland in die doodsnikke van die Europese winter? Glo my, dit voel of jy in 'n oond instap. Een wat die heel tyd aan bly. Dag en nag.

Malaria loop saam met die hitte. Die konstante "threat" wat heel tyd in jou agterkop sit. Elke oggend en elke aand na 'n lekker koue stort kom die buisie anti-mozzie salfies uit. Dik gesmeer in die aand reguit onder 'n muskiet net in die bed. Lê en loer so deur die gaas na die TV want internet word nog hanteer soos 'n gestapo kamp. Jy kan in, maar niks gaan uit nie. So as julle gewonder het hoekom Jasper so bietjie afvallig was in die Kuber spasie.... Blameer dit op die Cisco manne van Ghana.

Ghana is mooi. Soos in ongerep amper. Maak nie fout nie, jy moet ver soek vir 'n stukkie onbewerkte aarde. 2km is die verste wat jy gaan ry op 'n pad sonder om lewe te sien. Die mense is vriendelik en anders as meeste ander Afrika lande, hier voel jy veilig. Selfs in die aand alleen. Die populasie is Gods vresend. Daar is 'n ongelooflike godsdienstige atmosfeer in die lug. Korrupsie bestaan nie en jy kom dit agter as jy deur die doane gaan op die lughawe. Suid Afrikaanse immigrante is volop. Hulle bly hier soos in Suid Afrika van ouds. Die ergste bekommernis 'n malaria sessie van 3 dae in die bed. Daar is 5 taxis vir elke voertuig op die pad. 9 uit 10 taxi's het 'n godsdienstige "slogan" op die agter venster. Paas Vrydag loop elke dorp se bewoners soos op 'n kruistog deur die strate en sing gesange en godsdienstige liedjies. (Ek het al baie lande deur gereis maar dit is die eerste keer wat ek so iets teëkom. Nie eens die Vatikaan het so gevoel nie.

Vooruitgang is ewenwel sigbaar soos dit 'n ontwikkelende land betaam. Skoolgeld word ook betaal. Dit is sigbaar op die teerpaaie wat orals ontpop, maar nie goed uitgelê word nie. Die korosie van al die reën is baie sigbaar omdat daar nie voorsiening gemaak word vir water afvoer nie. Dit veroorsaak slegte slaggate en valkante op die sye van die die paaie. Die mense ry maar om dit. Ghana is ryk aan minerale. Goud is volop en dit bring welvaart die land in. Dan moet ek ook bysê dat ek nog nooit soveel piesangs in een plek gesien het nie. Ek kon ook net glimlag vir al die dinge wat langs die pad verkoop word vir kos (baie van dit "illegal"). Daar was 'n likkewaan, rotte, ander klein knaagdiere, 'n Tompsons Gazelle en selfs 'n jong krokodil en natuurlik hope piesangs, palm en kokos neute en ook palm olie.

Die huise wat in en om die stad gebou word skep die prentjie wat 'n gesonde ontwikkeling in die land uit beeld. Die samehorigheid van die populasie en die trots van 'n nasie wat laas jaar hulle 50ste onafhanklikheids vieringe gehad het van die voormalige Britse kolonialisme is duidelik beeldend wanneer jy met hulle gesels. Gedurende my tydjie daar het ek soos dit enige boerseun betaam darm 'n koue enetjie gevat saam met 'n paar van die menige "expats" wat daar woon en werk en ek wil graag vir die ouens dankie se dat julle my tuis laat voel het. Craig, Colin, Errol en al die ander op Ahafo, natuurlik ook "Slim" die barman op Accra, ek hoop ek sien julle almal weer en 'n spesiale dankie aan Chris Roodt en sy vroutjie op Akyem, Dit was lekker om saam met julle te kuier en groot dankies vir die gasvryheid en die braai.

Ghana is 'n fantastiese plek. As jy ooit Afrika in sy element wil sien en nog steeds veilig wil voel, doen jouself 'n guns en gaan eksploreer Ghana en sy mooi tropiese wêreld.

Ek het nou sopas vaarwel geroep aan Adobe Contribute en vir my die vol weergawe van BlogJet aangeskaf. Effens duur maar wat…. Hopelik help dit my om meer en makliker te laat blog. As daar een ding is wat ek haat, dan is dit om ‘n blog inskrywing “online” te doen. Dinge moet net sonder beslommernis loop. prentjies wil ek net “drag & drop”! Niks van eers upload en dan soek & kies en dan groodte veranderings ens ens ens nie. As ek om die prentjie wil tik dan wil ek nie met “code” sukkel nie. Contribute kon dit alles doen, maar ai…. Dit is ‘n program vir ‘n vuurpyl professor wat heeldag tyd het om blog inskrywings te sit en griffel. Op hierdie stadium is dinge so dol, ek moet al amper op die kalender kyk wanneer kan ek weer ‘n drukkie kry….

Laat ek nou maar by die begin begin. Jasper het een allemintige Inspiron 9700 skootrekenaar….. gehad . Sterk genoeg vir al die geheue honger programme soos “photoshop” en “dreamweaver”. Vir al die krag het Jasper omtrent ‘n kruiwa nodig gehad om die ding te karwei. Dan vat dit nog 20 minute om die ding aan die gang te kry voor jy enigsins iets kon aanvang wat van kardinale belang is.

VaioGenoeg was genoeg. Nou het ek ‘n splinternuwe Vaio vuurwa wat net soveel krag soos die Dell het, maar hy weeg net 900 gram, met ‘n super duper 11 duim monitor wat meer pixels het as trompie se sproete en ja…. hy pas by my kar  Kyk, Jasper se vuurwa le hom na aan die hart en dit is ook Junior se ryding van keuse. As hyP1010094 sy pa te siene kry dan moet hy op slag eers gaan vir ‘n spin. Dak af natuurlik. Jasper moes tot vir die kroos ‘n spesiale stoel loop insit sodat knapie “legally” kan saamry.

Elk geval, die Blogjet programmetjie lyk of dit heel oulik kan wees. Vir die van julle wat meer wil weet, gaan loer gerus hier. Daar is tot ‘n “trial” version wat afgelaai kan word om te toets. Elke geval, hoop julle geniet die aand / dag verder

Groete vir eers

Meeste van ons weet seker hoe dit is om by ‘n plek te kom waar almal mekaar ken, maar jy is nuut en ken dalk net een of 2 persone. Dan is dit al die voorstellings. Meeste van die tyd is dit net ‘n geselligheid en kanse is dat jy nie weer een van die mense vorentoe sal raakloop nie.

Vir my om almal se name op een slag te onthou op ‘n partytjie is amper haas onmoontlik. Maar almal onthou jou naam. Hulle het net nodig om een naam te onthou. Jy moet dalk 20 onthou.

Persoonlik het ek lankal geleer om ‘n data “overload” te vermy. As ek my nie kan voorstel dat ek weer na die geselligheid met iemand gaan kontak hou of maak nie, dan onthou ek nie sy naam nie. As dit ‘n meisie is word sy vir die res van die aand net bokkie. As dit ‘n mans persoon is dan is hy vir die res van die aand boedie of boet of swaer of so iets. Afhangende van sy temperament….

Dit bring my by dinge wat alledaags gebeur. Hoeveel dinge aanvaar ons as vanselfsprekend. Iemand sal ‘n honderd en tien goeie dinge doen of goeie eienskappe openbaar. Dit is die data “overload” wat net van die rug af gly. Maar die eerste skewe voet of minder goeie eienskap is wat in die kop vas steek. Dit is wat so persoon of entiteit eien aan diegene om hom.

Is dit simpel of is dit ‘n psigologies gekweekte “barrier” om die “overload” te vermy wat ‘n mens se psige so instel dat alles vanselfsprekend is maar dit wat onthou word is die geringe ietsie wat buite die norm staan.

Hoe ver moet die ietsie “buite die norm” staan voordat mens aanvallig raak daaroor. Waar eindig die logiese sin en waar begin die retaliasie punt.

Kom ons veronderstel ‘n situasie waar ‘n firma diens lewer aan die publiek. In 5 jaar doen die firma net goed vir die samelewing en almal floreer oor die impak wat die firma het op die “feel good factor”.

Dan op ‘n dag val ‘n persoon omdat hy nie kyk waar hy loop nie en vat die firma hof toe. Daar was nie ‘n bordjie wat gesê het die vloer is glad nie. Die media ontketen ‘n hekse jag en die uiteinde van die saak is dat die besigheid moet toe maak om die geregskoste te betaal.

Ewe skielik is daar nou 50 werklose mense en ‘n helse tekortkoming aan openbare dienste in die samelewing wat direk geraak is deur die besigheid se insette en nou ‘n agteruit bestaan voer met lewensfassette wat heeltemal afvallig raak.

Die amerikaners noem dit “demokrasie”. Die Engelse noem dit “scientific law”.

Persoonlik dink ek “WTF” terwyl ek staan en tob oor iemand se naam met ‘n glasie wyn in die hand…….

Net gister koop ek ten duurste die BlogJet program aan en vandag laai ek windows live op die nuwe laptop.....

Wat sal ek sien?? Messenger live het sy eie Blogjet ingebou. Dit beteken enige iemand wat windows messenger gebruik kan fisies "windows live writer" aflaai  en siedaar. Jy het jou eie "blog publishing tool" vir gratis en mahala! Wie het gese oom Bill en sy makkers is bose mense??

Nou is ek R450 armer met 2 programme en die een wat die beste werk is gratis :-?

Aitog!!!

Kom ons kyk hoe gereeld lees my moeder die blog ;)

As sy nou hier lees sal sy agter kom Jasper is op pad SA toe vir 'n bietjie werk en sowat van 'n kortstondige kuiertjie. Ek kan nou nie meer wag vir die vliegtuig nie. Hier sit ek op Heathrow en skryf die boodskap. Gelukkig vertrek ek nie van terminaal 5 af nie. Wat 'n globale gemors. Die pomme reken hulle het fataal gefaal in die oge van die res van die wereld.

Ek is half geneig om met hulle saam te stem. Foeitog! Wat 'n absolute gemors en die beeld word lekker rustig die wereld ingestuur deur hulle eie media.

Soms wonder ek of die media die belange van die land op die hart dra.....

Ek speel nou lekker!

Klaar weg by Heathrow en nou in transito op Madrid lughawe. Lekker.... Die vlug vanaf Heathrow is so uur tot hier en nou moet ek nog so 2 ure verwyl voor die Johannesburg vlug vertrek. DSCF0002Geen probleem nie, die lughawe is ongelooflik mooi met so paar "endeaming  features" soos 'n rook area!! Seker die enigste plek in Europa wat nog so iets het buiten Duitsland.

Ek het probeer soek na 'n "polarised donkerbril", maar die DSCF0003 enigste een in "duty free" is 'n stel Ray Bans en sy glase laat my kop te groot lyk. Sal maar in SA een aanskaf of as ek baie gelukkig is sal ek my ou een kry waar ek gekuier het laaste by oubaas Chris...

Ek doen nou 'n hele paar inskrywings so kort op mekaar want ek probeer die nuwe sisteem toets. Sover is ek heel be-indruk. Het nou heeltemaal wegbeweeg van Blogjet af en besluit om "Windows Live Writer" te gebruik. Wat 'n fees. dinge wat voorheen eeue gevat het om te doen is nou reg en klaar in 5 minute. Dit sluit die foto's in. Voorheen moes ek hulle edit met photoshop, dan die groodtes verander en dan "save for web".  Om die prentjie mooi in te kleur, 'n inskrywing soos die het my normaalweg sowat 40 minute geneem. Foto's edit, stukkie skryf, wag vir die rekenaar om aan te skakel, wag om aanlyn te kom etc etc etc.

Met die Vaio, 'n finepix 7mp kamera en "Windows Live Writer" het hierdie stukkie my sopas 5 minute gevat. Rekenaar aan die gang kry en alles ingesluit. Fotokaart uit die kamera, reguit in die Vaio, ingevoer deur "windos live Photo Gallery", ge "drag en drop" tussen die text in, opsies gekies en "viola!"

DSCF0004 Met Live Writer "drop" ek eenvoudig die foto op die blog, "drag" sy grootte en kies dan "photopaper" om hom 'n foto randjie te gee. Die lekkerste ding van "Live Writer" is dat hy die Wordpress "theme" optel sodra jy die blog "Login" en instede dat jy dan op 'n wit agtergrond jou inskrywing tik, lyk die gedeelte waarop jy tik soos jou blog. Dit gee die voordeel dat jy presies weet waar jou foto's in die inskrywing lê, en hoe die publikasie gaan lyk.

Vir Annelie, Ja jy kan jou tab en "indent" ook gebruik en as dit nie werk nie, het jy die voordeel om met tabelle ook te werk. (Soos wat ek gedoen het met die De La Rey vertaling ;) Dan is daar nog so paar ander lekker dingetjies wat mens kan doen..... Soos om 'n kaart in te sit van waar jy jouself bevind (Mits jy internet access het... Wat ek nie voor wil  betaal op Madrid lughawe nie... Dit kos 'n arm, 'n voet EN 2 bene :-?) Ek sal dit maar volgende keer probeer. Op die oomblik moet ek nou maar hierdie inskrywing "save" tot ek weer aanlyn is.

Teen die tyd wat julle hierdie inskrywing te siene kry is ek al in SA en nog 'n dag nader aan 'n lekker koue biertjie saam met Da Mario :) (DM, dit sal dan die Dros in Montana wees ;)

Groete onderweg...

Jasper

Uiteindelik kon Jasper toe nou name by gesigte pas. Saam met die Legend (Da Mario) so bietjie skuim van 'n braffie of 2 gaan afblaas. TristonJ het saam 'n ogie kom wys en die geselligheidjie was lekker. Op slag moes ek haar darm net bietjie touwys maak met 'n glasie Jameson en Tonic ;)  Dankie julle. Ons maak verseker weer so. (Volgende keer verkieslik om 'n knetter vuurtjie met 'n kitaar of 'n ding by en niks verder verpligtinge nie... ;)

Kyk,SA is lekker. Die enigste ding wat my vang is die konsumpsie van die druif se sap en die hoeveelheid beeste wat ek nou al geknaag het van ek hier is. Nagmerries 2 uur in die oggend. Eina!! En nog is dit het einde niet. Die 10e is ver......  (Ek raak te oud vir die 5 uur in die oggend slapery...)

Besigheid is bedrywig in Suid Afrika en ek kry die idee die sonland gaan my 'n hele paar keer te siene kry in die volgende paar maande. Hopelik nie deur termnaal 5 nie ;)

Elke geval, die braai roep

gesels weer more

Die geliefkoosde straf wat die knape in die weermag moes deurmaak in die "deebee" as hulle so bietjie verdwyn het sonder volwaardige verlof (awol)..... Klink amper of Jasper dieselfde sal moet doen eersdaags as ek so na almal se comments kyk. Even my boet in die Kaap wil my kruisig omdat ek so skaars is. 001(En ja Roer, Johan, Rene.... Volgende keer as ek draai gooi in SA belowe ek plegtig om die kaap se sand tussen my tone te kom voel. Ek is hoeka lus vir 'n lekker kuiertjie by die muisbosskerm....) Frikker en Maraai was nou die dag daar vir hulle wittebrood en die foto's laat 'n mens wens vir die lewensstyl.

Ek is nie skaars nie!!! Dit is net daardie tyd van die maand wat werk eerste  prioriteit moet kry. As die invoices en gepaardgaande dokumentasie nie voorberei en gestuur word nie, kry Jasper nie pond nie. As hy nie pond het nie, kan hy nie rondrits nie....

Kyk, ek haat werk, maar ongelukkig is dit ook soms nodig. Gelukkig is daar nou nie meer 'n baas om verantwoording te doen voor nie. Nou moet ek net verantwoording aan myself en aan my kleinte doen. Op 'n manier is dit beter en op 'n manier ook nie. Die verskil is daardie

klein mannetjie in die agterkop wat die heeltyd in jou oor fluister dat iets moet gebeur. (Ek dink die woord is "concientuousness"). Voorheen kon ek probleme wat opduik verwys na 'n departement wat dit dan sou behartig. Nou moet ek self die oplossings netwerk bestuur. Dit is nie soveel van 'n pyn nie, dit vat net bietjie meer tyd.

Nikita, ek het nog nie kans gehad om "live writer" regtig deur die meul te sit nie, maar jy kan defnitief video laai en as jy wil skakel na 'n youtube video, het jy net die "embed" skakel nodig. Selekteer "video" op die "insert" menu en plak dan die skakel in die "URL" boksie.

Sal probeer om gouer te pos volgende keer. Groete vir eers

012 Daar is nie veel wat my omgewing kan omkeer nie en tot dusver kon net een gebeurtenis dit regkry.

Dit was natuurlik voor Donderdag oggend....

Verwelkom aan die mensdom:

Triston Michael.

Die jongste toevoeging tot die wêreld van Jasper. As julle dalk wou weet waarom ek so half onder die radar verkeer, dit was 'n sigaar of 2 en 'n bottel "christal" verder.....

Die bors is breed... BAIE breed.

Ek skryf normaalweg nie engels nie, maar vir tekortkoming aan my Afrikaanse woordeskat skryf ek nou maar die stukkie in Engels.

Na aanleiding va Rene se inskrywing op haar blog onlangs:

Iets wat my oorlede stiefpa my geleer het:

Ignorance breeds apathy
Ignorance strangles empathy
Ignorance drains life like a leaking tap
Ignorance stems from the inability to accept change
Ignorance mutes the ability to utilise such change towards that which is good
Ignorance fans the flames to deteriorate what is good to cause that which is bad
Ignorance through such deterioration causes famine, disease, crime and sorrow

In Short:

Ignorance kills!

Soos René lê my empatie by die kinders wat geraak word deur die "ignorance" van ouers.

post_content

025 Ek sit lankal en wonder wat het geword van die ou militere voertuie wat tydens die bosoorlog gbruik was. Met die goewerment en al sy dinge asook al die politieke polemiek wat daaruit spruit betreffende die weermag, is dit seker 'n kwessie van "los die braksak vir die aasvoels".

Een van my vriende is heeltemaal gaande oor die topiek tot in so 'n mate dat hy as stokperdjie elke jaar aan die internasionale "war & peace" skou in die suide van Engeland deelneem as deel van die "living history" uitstalling. Daarmee gepaard is daar natuurlik die poging om soveel memorabilia te versamel van die SA leer spesifiek gemik op die Angolese bos oorlog. Terwyl ek nou so lekker in SA gekuier het, het iemand te vertelle gehad dat die weermag deesdae alle ou voertuie verkoop..... Mos.

Jinne dink Jasper toe. Wat sal die prys vir 'n ou buffel wees en wat sal dit kos om die 027 spulletjie in Engeland te kry vir Riekert se skou. So oor 'n stukkie beeshaas met 'n slukkie bier by Maaders Restaurant vertel Herman dat hy vir Januz Walluz se broer ken en dat die poolse oubaas al die ou voertuie opkoop en dit dan restoureer. Natuurlik is dit wat Jasper wil hoor en Herman stem in om hom en Tienie soontoe te neem om die oubaas te gaan raadpleeg oor kostes etc.

Op pad soontoe speel die naam Walluz in my kop oor waar en wanneer en die onthouding is toe natuurlik dat dit die knaap is wat vir ene Chris Hani die volgende lewe ingehelp het en nou lewenslank in die tjoekie met sy bas teen die muur loop. Elk geval, die besluit is toe om liefs nie die oubaas oor sy boet se doen en late uit te vra nie. Mens weet nie aldag hoe 'n pool reageer oor die klas van ding nie.

011 Terug by die storie, die plekkie waar Herman ons heen smokkel is sowat van 'n plot net noord van Pretoria en dit lyk soos 'n ou militere museum waarvan die die staat vergeet het. Ou voertuie wat half nog in een stuk is staan voor die by die ingang, maar binne is dit een groot "salvage yard". Ou Buffels, Caspirs, 'n klompie "caracens" en natuurlik 'n miljuisend ou stukkende Samils. Vir 'n knapie wat groot geword het 022duskant  Voortrekkerhoogte het hierdie nou wraggies ou herinneringe terug gebring. Die oubaas restoureer nou Samils en verkoop dit dan as "amper" nuwe trokke aan die hoogste bod. (R140,000.00 vir 'n Samil 20 "voetstoots" en glad nie gerestoureer nie, nadat 'n paar foon oproepe bevestig het dat oubaas Walluz net R10,000.00 vir hulle betaal het.....) Ek wou nou nie hardop vir hom se om in sy moer te vlieg nie. Daar gaan Riekert se geleentheid saam met die oubaas se gierigheid die drein af :( . Sorrie Riek, Ons het hom probeer oortuig dat hy beter gras moet begint rook want die goete wat hy gebruik is effens af...

vodacom Kom ons begin...

Vodacom vir al hulle mag is net "level 8" BEE. Hulle kom soos 'n boef in die nag en steel jou moela onder jou neus weg en slaan jou 'n maand verder met die rekening.

Hoe nou vra jy, dit is maklik. Pretensieus is nie die woord nie. Koop jy vir jou 'n "mobile broadband USB dongle" op kontrak by hulle en gaan 'n bietjie oor die limiet.

Hy word nie afgesny nie, hulle stuur liewer vir jou 'n rekening teen R4 / Meg. O ja, moenie dink as jy oor die limiet gaan betaal jy net gewone data rates nie. O nee, hulle boks jou ore met "analog voice rates". As jy hulle aanvat daar oor en vra vir "itemised billing" sodat jy kan uitvind hoekom jy skielik 'n rekening van R16,000.00 kry as jy net 7gig se data afgelaai het dan het hulle te vertelle jy kan dit net kry as jy kom met 'n hofaansoek. Ja jy het reg gelees, jy moet 'n hofaansoek indien by hulle om 'n volledige gedetailleerde staat te kry. Is dit nie sinies of sal ek liewer se tipies nie. Dit was my sus se storie nou die dag toe sy die klein verrassing in die pos kry.

Sleep Jasper toe mos SA toe en koop vir hom dieselfde ding sommer op "pay as you go". Geen probleem nie reken die verkoopspersoon, dit kos net R275 vir 2 gig (huh, het sus dan nou vir my gejok of is daar fout met Vodacom se rekening stelsel?

Kom ons kyk dan maar hoe werk dit reken ek en koop die ding. R1600 vir die "dongle" en R275 vir 2 gig. Lekker, stel hom in en kry hom aan die werk. 50 Meg en daar stop hy. Nou wat nou!? Ek bel Vodacom. Nee Meneer, Jy moet eers die Analog na data toe convert op die website of deur *111# op jou selfoon te skakel en dit dan om te sit in 'n data bundle anders kos dit tussen R2 en R4 per Meg. Hoe nou?? Kom weer!? Ek het dan uitdruklik vir JULLE verkoopsagent gese ek soek 2 gig se DATA. Hoekom het hy dit dan nie gedoen of my ten minste gesê om dit te convert nie!?....

Jammer meneer maar dis nou maar so. Fienies en klaar! Jy sal weer R275 moet koop en dit dan verander na data toe.

WTF :?

Data is data. Hoekom die publiek openlik roof deur "voice rates" te vra as hulle data gebruik?? Dink ek so liggies by myselwers. "want hulle kan". Daar is mos nie 'n beheer liggaam in SA wat die verbruikers beskerm nie en die wat dit eintlik moet doen druk 'n stukkie groen lap in die gatsak en die verbruiker verloor in elk geval......

Iets gee my die idee ek en ousus is nie die enigste wat hierdie tipe verrassingkie gekry het nie......

Ek het vandag so klein projekkie begin (mos...)

Die idee is om 5 verskillende webtuistes te bou en dit dan te integreer en sodoende een globale "community porthole" te begin.

So wat het 'n mens nodig om dit te begin:

1 x SA produkte verskaffer in Engeland. (Moet Suid Afrikaanse eienaars wees)    
1 x internationale verhuisings firma (Moet Suid Afrikaanse eienaars he en uit die UK werk)
1 x Huis verkoop en verhurings agentskap (Moet Suid Afrikaanse eienaars he)
1 x "classified ads" (ala gumtree)
1 x Forum (diskussie bord vir mense om my raad te gee en aanmerkings maak as ek sukkel ;)

Great, ek het nou al die mense wat die tuistes wil he gaan sien en almal se toestemming gekry en die webwerwe op die williewerkie server gelaai. Nou begin die bouery. As julle wil deelneem aan die projek, hetsy dit raad is of aktief wil help om die spul aan die gang te kry, of net uit die hoek uit 'n bietjie wil koggel om my bietjie aan te vuur hiermee, julle is welkom. Stuur net 'n e-pos.

Dan moet ek byvoeg, vir elke sent wat gespandeer word by een van hierdie tuistes verdien Jasper en die wat hom help 1%. Dit klink soos peanuts, maar R1,000,000.00 is R10,000.00 (En natuurlik is Gumtree na 5 jaar aan google verkoop vir 'n redelike 6 figuur sommetjie.......)

Die tuistes is as volg....

http://estates.williewerkie.com
http://forum.williewerkie.com
http://relocations.williewerkie.com
http://sa-shop.williewerkie.com
http://classifieds.williewerkie.com

Die basiese tuiste is op elkeen gelaai. Die volgende is om die binnegoed bietjie te verander sodat elke tuiste doen wat hy moet doen. Vir die estate agent moet die gebruiker darm huisies kan sien met 'n "google map" van waar die huisie nou eintlik is. Vir die sa-shop moet jy darm ietsie aanlyn kan koop soos 'n chomp of 'n stukkie biltong en vir die re-locations wil jy seker kan weet wat kos 'n boks en 'n stukkie bubble wrap en ook wat dit jou gaan kos om jou goedjies van Timbaktoe tot in Australie te stuur.

Sodra alles werk (En REG werk) gaan ek dit onder een "domain" integreer en begin sjielings verdien. (Ek hoop....)

O ja, dit is nie 'n dag job nie dit is 'n stokperdjie so alles gaan nie in een dag gebeur nie....... ;)

Verbeel jou (Deel I)…. Jy lê op ‘n ou dekstoel Hier op my oop balkon ‘n ligte briesie speel deur oop skuifdeure draai spoke in die kantgordyn lees verder.... _______________________________________ Verbeel jou (Deel II)…. My vingers kruip so suutjies hier oor die vaalbos veld waar twee vir eens verenig is en die liefde hom vergeld lees verder.... _______________________________________ Openbaring in vers: dawerend deels verdurend dui die daglig die dood verdag lees verder.... _______________________________________ Die Sixtine Openbaring Eendag lank lank gelede toe ‘n engel die hemel oop sluit Staan Johannes en vier wesens voor die poorte van die paradys lees verder..... _______________________________________ Trane vir ‘n oumens Iewers in die klowe speel dagbreek met ‘n vuur lees verder.... _______________________________________ God se kamer venser Mis jy ook die dae by die Misty Mountain Lodge Die Long Tom pas kanonne en die koeëlgat in die berg lees verder.... _______________________________________ Bosveld Somersaand Met die oudag as die son sag deur die bosveld bome hang En die krieke jou vermaak met skrille sang lees verder.... _______________________________________ Briefie vir Suid Afrika Daar is ‘n plek waar ek al my gedagtes herleef en beelde van die lewe voor my aangesig sweef die verlange oor ‘n tyd waar verbeelding die wêreld vergeef lees verder.... _______________________________________ Ebenezer Onthou jy die ou Eik in die kloof by Ebenezer Die reuk van kersie bloeisels en die misreën oor die meer lees verder.... _______________________________________

___________________________________

Die Laaste Troebadoer

In ‘n land sonder grense
Waarheen niemand wil gaan
Vind ek in die donker ’n spoor
Van ’n ou troebadoer met ’n vaal hout kitaar
En ‘n pen wat papier kon bekoor

kliek hier om meer te lees en te luister

___________________________________

Die Vlieënde Hollander

By die blouberg klippe in tafelbaai
soos die oumense vertel
reis daar somtyds n swart seilskip
uit die gragte van die hel

kliek hier om meer te lees en te luister

___________________________________

Druppels uit 'n kraan

Peinsend sit en staar jy na
die druppels uit ‘n kraan
dit syfer deur die jare
en jy wonder weer oor haar naam

kliek hier om meer te lees en te luister

___________________________________

Herinnering

My hart voel erg geteister
soos ek na die woorde luister
Wat jy langsaam vir my fluister
As die diepste donker duister oor jou kom

kliek hier om meer te lees en te luister

___________________________________

Laaste Woorde

Die môrester hang in die ooste
En die laatnag glip stil verby
Daar is ‘n trekkie op die oggend lug
Wat sny deur my dikste ou trui

kliek hier om meer te lees en te luister

___________________________________

Sy Kind

Hy Kyk na die mens en vra hom My Kind
Is daar al nuus van verdraagsaamheid vrede
’n Geruis op die wind

kliek hier om meer te lees en te luister

___________________________________

_________________________________________________________________

Gotlieb Grootlieg

Kuier Uncle toe mos nou die dag saam met ‚n klomp vrinne toe so ander jafel inspraak maak op die gesprek synde hy nou ook van iewers in onse mooie land afkomstig is en afrikaans as huistaal in gemeen het met die res van ons. Hoe dit ook al sy stel die knaap homself voor as Gotlieb van Greeunen vanaf iewers dukant Tjepees halfway tussen Messina en Nerens...............

Kliek Hier om verder te lees...

_________________________________________________________________

Die ondier in my katel

So 3 of wat jaar terug was ek en skoonlief bietjie boos vir mekaar en besluit toe ons moet so bietjie vervreemd raak vir so wyle tot die een weer die ander kan waardeer. Als vir die beste en alles van die beste en al die tipe van dinge…

Kliek Hier om verder te lees...

_________________________________________________________________

As jy kon wens, wat sou dit wees???

My wens lysie is mooi uitgewerk. Die vraag is hoeveel daarvan kan ek maak realiseer.

Die onus is op my...

Het vandag so bietjie geinker met die SA-shop webtuiste. Alles is nou in plek om die produkte se data te laai, so hopenlik sal die spulletjie aan die gand wees voor week einde. Dan is dit die res se beurt....

Ek los julle maar vanaand met een van my gunsteling liedjies. Geniet dit!

Johnny Cash
"When the man comes around"

Ek soek nog die liedjie wat hierdie ding troef...

 

 

 

 

Ek sit nou maar nog 'n lyntjie in om die template reg te hou...

Waar is payday!?

Ek sweer die hele wereld het tot stilstand gekom gister en vandag. Nie net gebeur daar haas boggerol op meeste blogs nie, maar selfs in Engeland reageer die baas van 'n besigheid nie op 'n oproep van 'n klient wat bittergraag 'n bestelling wil plaas vir £1,250,000.00 nie. Dis nou Ponde, nie Rande nie....

Wat de hel gaan aan met die mensdom? :?

Ek probeer nou al 3 dae om iemand in die hande te kry vir 'n invoice address en my e-posse gaan net ongesiens verby. Het dit selfs gestuur na die grootbase toe en niks gebeur nie.

(((((((((((((WAT GAAAN AAAAN))))))))))))))

Is die hele Afrika op vakansie??? Waar is al die mense??? Het die kontinent onder die see verdwyn???

hmmmmm.....

Maandag is vakansie dag in Engeland. Wonder wat dit gaan afgee. Hopelik tel die drommel sy telefoon op en kom agter dat hy voor Dinsdag vir my moet ja woord gee of hy bereid is om my klient se bestelling te vat of nie.

Elk geval,

Geniet die naweek..

002 Wat is daar nou lekkerder op 'n sondag as om saam met goeie vriende 'n lekker kuiertjie te maak om 'n lamsnek potjie.

So teen 9 uur die kole aan die gang gekry en 'n bietjie uie, greenpepper, knoffel en gemmer gebraai en toe oorbedek met 'n stewige klompie lamsnek filette in blokkies gesny.

terwyl die outjie lekker staan en borrel kom die Lamb stock met mint sousie by en die klankie wat op die windjie verby kom is heel parmantig...

Na sowat 'n uur of wat se prut het die aartappels en pampoentjies bygekom en na nog sowat 'n uur die res van die groenigheidjies. So bietjie blomkool en worteltjies met 'n stukkie broccoli net om die outjie so effense kleurtjie te gee. 'n glasie wit chardonnay kom by om die skapie bietjie te troos waarna die deksel opgesit word om alles snoesig te hou vir die geselskap.

Nog so 3 ure se stille sluimering met net die kole se rokie en 'n effense klankie wat die atmosfeer skep.

Bon apetit!

orb Hierdie is nou vir as julle bietjie tyd het om met photoshop te speel. Agteroor sit, bier in die hand en vergeet van werk vir so 5 minute.

Dit is 'n ossewa rit deur die branberg pas.

Die mannetjie spoel deur photoshop soos jy nie kan dink nie, maar die eindresultaat is "poignant".

Hier is my eerste probeerslag. ('n volle 20 minute geneem om dit reg te kry ;) . Volg die skakel en doen jou photoshop ding en as jy klaar is, sit 'n skekel op die "comments" laat ons kan pryse uitdeel vir die beste "orb"

Volg net die skakel en hou jou stoel vas. Hierdie ou maak uit van photoshop....

http://www.vimeo.com/937306?pg=embed&sec=937306

rss_icon_download

Ek is nog steeds besig om te timmer en te werkskaf aan die webtuiste projek en die naweek het ek weer heelwat dingetjies en datjies aangevang. onder andere het ek joomla se vervelige ingeboude  sindikasie skakels probeer opkikker met die nuwe "web 2.0" temas waaroor almal deesdae so gaande is.

Dit beteken natuurlik 'n wulpse nommertjie met beligting van een of ander kant af wat lyk of dit op 'n gladde oppervlakte staan met refleksie etc. Dit is rss_icon_download_2 eintlik heel eenvoudig om die goed te maak as jy eers photoshop het en as jy nou soos ek is kan jy vir ure jou tyd daarmee mors.

Natuurlik is daar oor die langtermyn 'n plan daarmee, want 'n stel "icons" deur die regte affiliasie kan vir tot $200 op die internet verkoop en dit is wat ek probeer poog. Een van my vrinne het 'n stel van die goed gemaak asook 'n stel "web 2.0" "buttons" en sy verdienste vir laas maand was 'n heel ordentlike $1400. rss_icon_download_3 Wil jy nou meer dink ek toe vir myself. Dit kan nie so moeilik wees nie en toe slaan ek gougou die outjie aan mekaar.

Natuurlik met die help van een of ander photoshop meester "tutorial" wat julle hier kan besigtig.....

Handy icons
nog 'n "tutorial"
Mish se blog (Waar hierdie icon ontstaan het)

En hier is die oorspronklike photoshop file as julle dalk wil verbeter op my poging...

[download#6#image]

Jasper is nie 'n groot brandewyn drinker nie, maar as daar nou een afstammeling van die druif se sappie is waarmee hy sy pallette sal skoonhou na 'n goeie aandete dan moet dit 'n KWV 10 jaartjie wees. Vir 'n kuier sessie is die 3 en die 5 heel aangenaam,maar die 10 bly die baas. Net so skoon soos wafferse Franse Cognac. Groot boepens glasie en dies meer sorg vir 'n gawe vervanging van die ou boererate wat praat van "lemon sorbet" om die kossies te laat sak. Die Franse kan kom leer by die Suid Afrikaners as dit kom by goeie brandewyn....

Ek koop die anderdag vir my 'n nuwe printer. Alles in een super duper Hewlett Packard wat tot my ontbyt kan bou. Hmmmm.... Nou vir die sagteware om die ding te kan dryf. Glo my, Hewlett packard sagteware is regtig kakka. Dit gebruik amper die helfte van 'n skootrekenaar se ram en laai 'n ongelooflike lot strooi wat jy seker nooit sal gebruik nie.

Hoekom daar nie 'n opsie "menu" is sodat jy kan kies watter van die onbesonne goed jy wil hê nie, gaan my verstand te bowe. Hoekom wil ek 'n "photo editing suite" hê as ek reeds een het waarmee ek handig genoeg is. Hoekom wil ek 'n "file explorer" he as vista een ingebou het wat goed genoeg werk. Hoekom wil ek 'n "photo gallery" hê as vista se ingeboude gallery myle beter is :?hp_printer

Hier is dit nou waar die pampoen die fan tref. Jy het nie 'n keuse nie. HP laai die goed of jy nou wil of nie en dan maak hulle jou om alles te loop registreer (Anders help ons jou nie as jy sukkel nie....) Nee boys komaan. Microsoft het fines betaal vir die klas van houding. God dank julle hoofkantoor is in die midde ooste nê!

Maar... Maar....
Julle het gedink julle kan vir Jasper flous nê. Uh Uh nee. Ek het die hele program gelaai en toe sommer die volgende gratis programmetjie van die net afgelaai en al julle strond gesnipper en dit suutjies op die ashoop van hel loop gooi waar julle dit nooit sal kry nie. Sommer terselfdertyd die 8421 register inskrywings wat julle gedink het iewers mooi weggesteek op my rekenaar gaan lê en hom hulpeloos te stadig gaan maak vir my om ooit iets lelik van julle te skryf ook "delete" en net die drywers vir die simpel printertjie gehou.

Nou het ek 'n "top of the range" printer met niks van julle twak programmatuur nie.

Vir die van julle wat wil weet waar om die gratis programmetjie te kry wat al die gemors van jou rekenaar afhaal en hom weer laat werk soos die dag toe jy hom gekoop het,

Laai hom hier af. C-Cleaner

link3

Al ooit gewonder of jy goed genoeg is as fotograaf?? Mensig, my foto's stink meeste van die tyd en as ek op blogs rondswerf, veral by Boerinballingskap, dan wonder ek soms waar gaan ek verkeerd. Boer kán foto's neem Jasper probeer nog :?

Watwou? Kom ek toe nou op die volgende plekkie af en dink toe ek het mos niks om te verloor nie. het so een of 2 stelle ou wildtuin kiekies ingescan en opgelaai en gewag om te sien wat gebeur. 'n parmantige $40 in die eerste maand. Wat meer wil mens nou hê? Ek gaan nou begin foto's neem dat dit gons....

sa-shopEk is half in my skik met my web projekkie so ver. Die SA-shop is so te se amper klaar en  daar is al so paar toets produkte gelaai. So far so good soos die ingilsman sal sê en vir die van julle wat die spul dophou kan ek net se dankie... Ek loer so elke nou en dan op die "My Blog Log" statistiek om te kyk hoeveel van die uitgaande klicks hardloop na die projek tuistes toe en ek was nogals vebaas om te sien daar is elke dag sowat 20 of wat lesers wat gaan ogie gooi daar. Ek is ook vir nou eers klaar met die kosmetiese gedeelte van die sa-shop en sal hopelik binne die volgende week of wat die url skuif na sy eie server toe en teen die einde van Junie behoort die spul aan lyn te wees. As julle iewers in die UK verkeer kan julle maar 'n pakkie chips of 2 daar gaan koop. ;)

Volgende op die lys sal die relocations tuiste wees en as hy klaar is wil ek die "classifieds" tuiste tackle. die forum moet maar wag tot laaste. Agter os kom ook in die kraal en so...

EK het gister verneem dat my trippie DRC toe geboek is tussen die 22ste en 31ste Mei, so as ek effens stil is gedurende die tydjie sal julle ten minste weet hoekom. Leeglê kom mos elke nou en dan op 'n einde dan moet daar weer gewerkskaf word om die pot aan die kook te hou. Dit is hoe dinge werk loop die storie deur die druiwe prieel of so lui die storie as my geheu mooi onthou... :?

Maar vir eers, geniet die naweek....

Hy is net bietjie werksaam in diepste donker Afrika waar die muskiete byt en die malaria met krukke rondloop. Hier is die werk volop en kuiertyd gekrimp. Maar die boerseuns maak 'n plan en selfs Wllington en Castle is beskikbaar

Een din is verseker,
Die Afrika sonsopkoms bly maar die mooiste in die wereld.

Ons gesels weer as Jasper terug is in die beskawing :)

My week terug van die DRC af was 'n besige een. Noemenswaardig om die minste te se. lapaWanneer kuier 'n mens lekker? As jy natuurlik tussen mense is wat omgee en jou laat voel of jy tuis  is met gasvreiheid. Nie in Engeland nie natuurlik. Dit kan net SA wees. Tussen oubaas Tienie en sy vroutjie en oom Dirkas en sy vroutjie het my week in 'n spontane geslligheidjie ontaard. Soveel so dat internet nie eens 'n  gedagte by my was nie. Net so nou en dan gedink aan die "invoices" wat gedoen moes word, maar dit kon ook maar wag. Kopfoto's vir more was die algemene gedagte wat by my omgegaan het.

Die mooiste landskappe in die Noord Wes het gesorg vir herinneringe wat saam met my gaan stap tot in die volgende lewe en natuurlik die aande se geselskap saam met oubaas Dirkas om 'n kykvuurtjie met 'n kitaar in die hand en die natuurlike samesyn wat net 'n sisselende stukkie T-been kan verskaf. Nou vra jy my hoekom verlang ek so na Suid Afrika!? Waar in Engeland kan jy in die winter nog steeds tot 12 landy3uur lekker snoesig onder 'n Lapa spandeer en die reuk van die bos om jou he met net so af en toe 'n geurtjie wat deurslaan van die rooster af. Wissel dit dan met die klank van vingers oor die snare en 'n diep stem wat sing van die mooiste Karoo.

Nee wat, my kaartjie is geboek. SA se poeier vir die xenifobiese, rassistiese kriminele samehang vat nie aan die drek wat in Europa rondloop nie en diepste donker Afrika se geheime blus die vure soos gister aand se hardekool as op die hert. Die gras is groener aan die ander kant maar die sny-wurms is vetter want daar is net meer geld vir kunsmus om die verrotting weg te steek vir die oog.....

huis Ek lees van 'n oubaas wat versmoor is in sy huis vir 'n selfoon in Suid Afrika en ek lees van 'n 12 jarige seuntjie wat in sy bed geskiet is vir wat klaarblyklik "gang warfare" is in Engeland. WTF?? Alles in dieselfde week. Wat van die Suid Afrikaner wat doodgeslaan is in die kroeg in Sydney. Net omdat hy wou keer dat een of ander eilander nie met sy meisie moet lol nie..

Maak nie saak waar jy is in die wereld nie. As jy jouself expose gaan die ongeluk jou tref. ('n statement wat baie mee verkeerd gaan sit seker..) Hoe dit ook al sy, SA bied vir my meer as Europa op die stadium so ek en mammie kom terug van Julie tot Desember en van daar af sal ons 'n besluit maak of dit Australie, Suid Afrika of Europa gaan wees.....

Wie wil nou meer in die lewe he as 'n knapie jou so kan entertain!?

[display_podcast]

OK, hier is nou song om van notisie te neem (Jasper het nog altyd 'n sagte plekkie vir Eddie Vedder van Pearl Jam faam...) en as 'n dude met 'n goue kitaar dit so kan speel dan luister 'n mens...

Jasper probeer sy voete in SA vind...

Ek gesels weer sodra alles in orde is

Jinne, wat 'n week....

Van land in Johannesburg met skoonlief en die kroos tot huis uitsorteer en kar koop en dies meer. Skielik is ek wawyd bewus van beurokrasie soos ek dit nie ken nie. Toe ek uit SA uit weg is in 2002 was dinge makliker. Daar was nie soveel draadwerk met die banke nie en nog minder met die lisensie kantoor.

Kom ons kyk bietjie na lisensies in SA...

Jy kan jou SA lisensie in Engeland "convert" na 'n UK een sonder drama maar om dit terug te verander het jy 'n polisie verklaring, 'n brief van jou werkgewer in die UK, jou paspoort en ID dokument nodig asook polisie gewaarmerkte afskrifte van jou paspoort wat die datums bevestig wanneer jy verhuis het landuit en wanneer jy teruggekeer het. (Dan vat dit 6-8 weke plus 'n paneel deskundiges om dit goed te keur en vir jou 'n nuwe lisensie uit te reik....

O ja en as jy nie 'n SA lisensie het nie, vergeet maar om 'n lening te kry vir jou voertuig... UK en Internationaal tel nie as geldig nie - (In die UK kan jy enige tyd met 'n SA lisensie 'n voertuig bekom)

Maar dit daar gelaat vir eers. Ek sal so met die tyd nog vergelykings skryf soos ek gewoond raak aan SA en sy manier van doen :?

Dankie vir julle ouens wat elke dag kom inloer en die debat of my voete los is iewers anders in die wereld. Julle is nie ver verkeerd nie, Jasper is alweer op pad diepste donker Afrika toe, die keer DRC en Equatorial Guinea (Maar eers volgende week ;) )

Dit is nou langer as 'n maand. 'n maand en 'n half om presies te wees. 'n maand en 'n half se blog verwaarloosing (Met goeie rede hoop ek).

Kinders, beurokrasie, nuwe geleenthede, hope werk, nuwe besigheids ontwikkeling, ou kennisse en vriende opspoor en hallo sê, ou kliente opspoor en vergete bande versterk etc etc

Kom ons kyk hoe het dit verloop (Deel 1).

Nuwe voertuie, nuwe huisie nuwe omgewing op die been gebring en deur al die drama van lisensies terug skakel na SA kaart lisensies gaan om vroulief se voertuig aangekoop te kry. Ten minste afgehandel, vroulief is gelukkig en die huis is half klein maar dis 'n beginpunt. Vroulief weier om in een van ons huidige huise te bly so ons huur maar vir eers met die oog om bietjie window shopping te doen vir 'n lekker plekkie (enige idee hoe moeilik so besluit is met die huismark wat so in sy maai is. Ek dink ek sal maar wag tot volgende jaar Maart (As ek nog hier is bygesê) en dan kyk wie hulle huise wil weggee soos dinge nou gaan. Miskien kan ek dalk 'n winskopie losslaan.

Nuwe bank rekeninge. Enige idee hoe tydrowend dit is om met banke te werk vir rekenings, besigheids rekeninge en dies meer. Hulle is erger as die lisensie kantore. Geen probleem om 'n persoonlike rekeninkie oop te maak as jy 'n handjievols duisend het nie, maar o-wee.... Hoe de hel begin jy 'n besigheids rekening as jy nie kan bewys die besigheids naam waaronder jy trade is joune in Suid Afrika nie. O-nee, gebruik maar jou Europese rekeninge en trek maar daarop. Dis vinniger en beter.

More sal ek bietjie verder delf oor wat dit verg om 'n besigheid so gou moontlik te begin bemark in SA (Dit is half intriguing...)

Nog 'n week verby en nog 'n week vergane voor die rekenaar sonder om 'n stukkie op die blog te sit. Waar gaan die tyd heen???

Van SA weer my voete gesien het is dit asof 6 jaar sy opvangs probeer maak in 2 weke. Ek probeer oral uitkom maar dit werk nie. Tussen werk, kinders, werk en nogmaals werk voel my dak soos 'n bol wol wat net een pluk nodig het om die draadjie te ontrafel...

Alles is darm nie verniet nie. Dinge begin nou weer lekker in plek val en nog so 2 weke (geskatte) skouer aan die wiel en alles gaan mooi in 'n ry stap.

Nog net die bank vir 'n SA rkening (teensinnig), binnelandse sake vir 'n verlore id (nog meer teensinnig) en die wet op maatskappye (Moet ek regtig....) en dan behoort alles te loop soos dit moet.

Die databasis is ontwikkel vir my kliente (As julle wil weet wat my so besig gehou het die laaste maand of wat) asook die nuwe besigheids webtuiste

Altwee kan hier besigtig word: www.bioclinworld.com

Daar is natuurlik nog so paar stukkies informasie wat nodig is vir die webtuiste maar dit is gelukkig klaar geskryf en moet net ge-publiseer word.

Na dese kan ek begin aangaan met vorige projekte en kyk hoe ver ek dit onder die knie kan kry.

Tot later

Al gehoor van C4D???

Jasper ook nie. Tot hy moes begin om 'n mobiele klinie vir 'n klient te ontwerp. Google Sketchup is 'n gratis program wat vir die doel gebruik kan word, maar C4D bly sy baas.

Hier is 'n google sketchup prentjie wat ek geskep het:

serphine-treatment

en hier is ietsie wat met C4D geskep is....

gallery_5_10_13473

"geen vergelyking"

Loer bietjie op youtube na C4D tutorials as julle tydjie kry. Dit maak mens dom voel as mens sien hoe maklik dit eintlik is.....

Natuurlik is C4D nie verniet nie (maar daar is natuurlik iets soos bittorrent.)

Se niks verder nie ;)

Kom Jasper deel met julle so klein goudmyntjie van ondervinding. Al ooit gewonder wat dra geweldig by die rede dat meeste klein ondernemings maklik kan geld maak maar dit nie in die bank kan hou nie.....

Goot korporatiewe het dit maklik (die lang vingers van die korporatief strek ver en hy het die kapitaal om sy sisteme in plek te hou.... - Moenie dink nie. Selfs groot ondernemings in Europa begin nou op hierdie "bandwagon" spring, so help jouself.) So dit los ons om te kyk waar kan mens onnodige uitgawes sny. Dis nou al daardie klein jakkalsies wat jou bank rekening plunder maar ook die dieselfde jakkalsies wat so broodnodig is vir enige klein onderneming om so vlot moontlik te verloop. En natuurlik moet dit binne die reg kan geskied...

Vandag kan julle saam met Jasper kyk na IT toerusting (Die basiese rekenaar en sagteware om 'n klein onderneming te bedryf vir jou en my)

Hoeveel spandeer jy aan jou rekenaar, windows sagteware, kantoor sagteware (Dit is nou iets soos Microsoft word en Excel ens.) en dan ook die groot (aaneenlopende uitgawe vir enige klein besigheid - en wat hom menigmale kelder) natuurlik die "accounting" program.

Instede daarvan dat jy nou al die hope geld moet loop spandeer, kom ons kyk na die opsies wat "open source" ons bied.

As jy nog nie 'n rekenaar het nie, kom ons begin hier: As jy reeds 'n rekenaar met Windows het, moenie bekommer nie want al die programme (uitsluitende Ubuntu) kan jy aflaai vir windows ook....)

ubuntu1.        Koop jou rekenaar (En vra die mense by wie jy hom koop om "Ubuntu" te laai as "operating system" - Mark Shuttleworth se speelding en gratis vir jou en my) Die foto hier links is 'n skermskoot van hoe dit lyk en soos jy kan sien is daar nie veel verskil uit 'n kosmetiese oogpunt tussen hom en "windows" nie so dit is nie nodig om te bekommer nie. As jy Windows kan werk sal jy regkom met Ubuntu. As die verskaffer vir jou 'n windows sisteem probeer smous vertel hom liewers waar hy dit kan druk en gaan na 'n ander plek om te koop.

2.       Ubuntu kom met firefox (web browser soos internet explorer) en sy eie e-pos program soortgelyk aan "Microsoft Outlook express" maar met meer funksionaliteit wat nader grens aan "Microsoft Outlook" (Dis nou insluitende dinge soos 'n kalender, kontak databasis, "to-do" lys en dies meer en as jy nie van die ingeboude e-pos program hou nie kan jy altyd "thunderbird" gebruik wat op eie reg net soos 'n volwaardige "Microsoft Outlook" werk - Dit is nou as jy al die "plug-ins" ook installeer. (Meer daaroor op 'n ander keer - dalk)

3.      Reg so, nou het jy 'n rekenaar en jy is op die web en jy het e-pos en so.... Wat nou gemaak met briewe tik en dies meer... Geen probleem, Daar is altyd "open Office". Dit skop gat. Punt. Met Open Office het jy alles wat "Microsoft Office" jou bied en natuurlik 'n bietjie meer. Selfs die hele Oxford en UK Open Universiteite hardloop op open office. Vra maar vir Jasper. Hy het sy meesters by Brookes onder die knie gekry met die. Untitled-1

Verskoon die volgende engels maar....

Daar is 'n Word processor soos "Microsft word" 'n spreadsheet soos "Microsoft Excel", 'n Presentation program soos "Microsoft Powerpoint" en 'n rits ander eksklusiewe programme wat dit vir 'n mens maklik maak. En as jou kind Wiskunde op skool het, is daar natuurlik "calculus" wat die beste sakrekenaar se gat skop. Maak nie saak hoe in diepte die Algebraiise algoritmes gaan nie. Selfs Trigonemetrie het sy baas hier gekry. Dit is korrek, jy het reg gehoor. Al hierdie is gratis programmatuur wat jy kan aflaai van die net af...

4.     Dit bring ons by die konstante geld wurg nommertjie vir enige klein besigheid. Natuurlik die gehate lisensie geld vir Pastel en al sy boekhou sagteware maatjies soos Sage en dies meer. Dis nou nadat jy 'n hoop geld  spandeer het om die ding in die eerste plek te koop. Bo en behalwe die pilfererende uitgawes moet jy dan nog geld loop spandeer vir "support" en "training" en al die klas van dinge. Hoe vinnig loop jou hardverdiende geldjies nou uit die rekening uit....

turbocashVergeet van die programme wat jou geld kos. Skop die salesman by die deur uit en hou jou beursie toe. Laai vir jou "turbocash" af op die net (Dit is open-source en verniet) en support kan jy kry met die menige "tutorials" op hulle webtuiste en as dit nie vir jou werk nie, gaan kyk op "youtube" vir die menigte "tutorials" daar. O ja en voor ek vergeet, Turbocash kom in Afrikaans ook....

Nou ja, met die bogenoemde het jy al die gereedskap om jou besigheid te laat floreer en die klein jakkalsies in die bus te hou. Volgende keer as Jasper tyd het kan ons kyk hoe om jou besigheid op die internet te kry (Verniet, mahala en gratis - Met 'n Google "pagerank" wat skrik vir niks)

groete

Bou 'n web 2.0 Photoshop medalje met 'n Afrika tema saam met Jasper...

pumba-medal

Wat jy gaan nodig hê is die volgende:

1.   Laai vir jou die Afrika Tema dingbat font hier af: searchfreefonts.com 
- "unzip" hom en kopieer die TT leêr na jou "font folder" in die "control panel" van jou rekenaar.

2. Laai die Photoshop "style" file hier af: hongkiat.com 
- Installeer dit volgens die gegewens op die hongkiat tuiste.

As jy dit klaar gedoen het, maak jou Photoshop oop, kry 'n bak popcorn, flex jou vingers en kliek op die "play" knoppie hier onder...

[kml_flashembed movie="http://www.williewerkie.com/potgooi/web-2.swf" height="300" width="400" /]

Dit is amper tyd om huis toe te gaan. Gulde geleentheid om gou ietsie te skryf voor ek vertrek vanaf Bata in Equatorial Guinea na Malabo die hoofstad. Internet is skaars en dit is moeilik om by die blog uit te kom so tussen al die werk deur.

Hou die blink kant bo en dankie dat julle nog steeds draai gooi al gaan hier niks aan nie.

Silwer ponie en al!

Blogverlof…

Dit is moeisaam om te blog as jy rondreis en om elke nook en cranny internet moet opspoor.

Een hele jaar van rondbaljaar om die aardbol en net so nou en dan ‘n week of 2 by die huis. Mens leer vinnig.

Hier is die 6 groooot K’s van reis. Maak nie saak waar jy gaan nie, as jy iets beplan maak seker die volgende is “moet” op jou lysie toebehore as jy plek bespreek.

1. Kos (Hoe dan nou anders)

2. Klere (obviously)

3. Kamer (waar jy slaap. Gastehuis, hotel, etc etc)

4. K@khuis (Die bos werk nie lekker nie)

5. Kar (Sorteer jou vervoer uit. Het jy al iemand in Japsnees probeer verduidelik jy soek ‘n lift? Partykeer werk fonetiese gebare nie, veral as jy uit ignorance vir die ou ‘n lelike teken wys sonder dat jy dit weet…

6. Kaartjies (Paspoorte, Visa’s en kredietkaarte is ook deel hiervan. Jy gaan nerens uit SA uit beweeg as hierdie nie in orde is nie.)

 
Geniet die reis

 

Regtig egtig.

Vandag is Jasper se griffelgids presies 'n jaar oud. Hy kan dit self nie glo nie. die url is al 4 lekker jaar in omloop maar dit was 'n jaar gelede dat Jasper die site fisies na 'n blog verander het.

AL die "trials en tribulations", die gevloek en skel toe al die Data "soos mis voor die son" verdwyn het oor vroetelvingers met die wordpress PHP gepeuter het en perongeluk die verkeerde "MySQL tables" met Navicat delete het. En natuurlik al julle mede bloggers se ondersteuning en raad oor hoe om dit te probeer terugkry. 2 weke verder was alles darm weer in plek en kon Jasper vir Roer "Gotlieb Grootlieg" se storie teruglaai.

Vandag het Jasper vir die eerste keer gaan loer hoeveel "hits" hy nou regtig gekry het in die laaste jaar en sy mond het half oopgehang. Van hy in Augustus 2006 die url by Clustr Maps geregistreer het tot hy met die blog begin het 02 September 2007 was die telling 2,636 hits. Die totaal staan nou op 11,941. Vir die bietjie wat hy blog en die tema's wat hy gebruik is hy regtig ge-imponeerd.

oh-noJasper blog nie met opinie nie. Hy blog nie oor daaglikse nuus, sy daaglike lewe, sy emosies, skindernuus of enige iets anders wat 'n debat kan veroorsaak nie. Dit is juis die dinge wat hy op ander blogs wil lees en daar sal hy sy pluimpie bydrae.

Die Griffelgids is wat hy is. Die tema is stokperdjies, persoonlike belangstellings en 'n Joernaal vir Jasper se omswerwinge. Niks meer nie en niks minder nie. Jasper blog ook nie elke liewe dag nie. Somtyds verdwyn hy kortstondig en sonder seremonie. Die blaaskanse is soms gebonde aan werk, soms aan persoonlike redes en soms net om bietjie te besin oor nuwighede en hoe om dit in die tema van die blog in te pas. (Writers blog(ck) hehehe....)

Dan natuurlik Jasper se 2 seuns. 'n jaar gelede was Jasper se omgewing anders. 2 ure per dag kon hy op die web surf en kuier op blogs. Vandag is dit juis daardie 2 ure wat opgeneem word deur sy kinders en dit is 'n "no-brainer" aan wie hy liewer daardie tyd sal spandeer. Blogging is ongelukkig nie in die top 10 belangrikste kategoriëe in sy dag nie. As hy tyd kry surf en blog hy, maar waar more se tyd vandaan gaan kom vir Surf en blog is 'n "enigma". Dit kan gebeur of dit kan nie. Ieder geval pla hom nie.

Blogging is verslawend (Jasper se eie beskeie opinie). As hy jou byt haak jy vas en voor jy jouself kon kry raak jy ontnugter oor die tyd wat "blogging" van jou vereis. Dit is hoekom so baie bloggers begin en dan weer verdwyn... Die totale "disillusionment" oor die grafika, skematika en tyd vereistes van suksesvolle "blogging" en die dinge wat daarmee saamgaan. Dit is soos enige ander webtuiste. Jy wil voete deur jou tuiste hê en om dit te doen moet jy skouer aan die wiel sit en bydraes lewer by ander met soortgelyke aspirasies, asook "truuks" gebruik (Iets wat Jasper tot op hede geweier het om te doen want dit was syns insiens nie nodig nie..) om voete na jou URL te lok.

Veral vir ons taal Afrikaans. Persona (Afrikaanses - insluitende Jasper homself) wat op die kuber ruimte na iets soek doen dit nie in die moedertaal nie en daarom raak die soek enjins Arikaanse blogs nie so in diepte soos Engelse blogs of enige van die ander groot tale "Spaans", Frans" ens nie.

Die nuanses van suksesvolle "blogging" is seker een van die interessantste psigologiese studies in die moderne kuber wêreld. Die psige van die onbekende bemarker in elkeen van ons en hoe die onbewustelike gebruik word om jouself, jou menings, jou emosie, jou kennis en gevoel te bevorder en onwetend te bemark.

Die wat daarin slaag is diegene wat 'n "concientuousness" in hulself blootstel en daardeur nie net hulself nie, maar ook toevallig hul taal, kultuur en idees bevorder.

shades Dit is juis hierdie idees wat maak maak dat Jasper aanhou blog. Dalk nie so gereeld nie, maar nog steeds wanneer dit hom pas.

Deur die volgende jaar gaan Jasper nie enige iets verander in sy tema's of styl nie. (Dalk net 'n nuwe template) Wat hy wel gaan poog om by te bring is 'n "blogging" model waar daar meer van "leefstyl" en "community" tuistes gebruik gaan word vir die bevordering van die idee van Afrikaans die taal, die kultuur, die  algemene idees van Afrikaanse mense en hul kundigheid.

Jasper wil bietjie meer "truuks" gebruik om nie die griffelgids nie, maar liewer Afrikaanse idiologie te bevorder. Soos hy tyd kry natuurlik.......

Met dit dan 'n groooooot dankie vir almal wat kom inloer het by die griffelgids deur die jaar en gehelp het om Jasper op sy tone te hou as hy so af en toe koers vat na die vêr plekke toe, hetsy met die voet of met die gedagtes....

 

Ek het 'n belofte gemaak oor hierdie stukkie en ek pos hom nou. Meeste ken my filosofie oor werklose wit mense (met means), en hierdie is waarvan ek destyds gepraat het. Jasper het nog steeds 'n gripe met die wat bedel omdat hulle nie wil werk nie en soos die debat destyds op Woestynsand ontaard het, hou Jasper homself by sy woord en is die stukkie hieronder juis vir die kinders wat hulle self in 'n situasie bevind waar hulle nie gevra het om te wees nie.

My sus het gevra ek moet hierdie stukkie seblief pos en ek doen dit vir haar oor haar onbaatsugtige bydrae tot die projek en die kinders wat geraak word deur die stukkie hieronder.

 

clip_image002

Jaarliks word ongeveer 1 500 kinders landwyd deur predikante en skoolhoofde geïdentifiseer. Die kinders van tussen graad 2 tot 7 kom uit finansieel- en kultuurgestremde gesinne. Gedurende Desember word hierdie kinders vir 10 dae met vakansie geneem. Vir die meeste van die kinders is dit die eerste vakansie van sy/haar lewe. Tydens die kampe ontvang hulle baie liefde, voedsame kos en maak kennis met die liefde van Christus.

Na die kampe vind nasorg plaas deur die jaar: die gesinne word besoek deur opgeleide evangeliste, kos en klerepakkies word saamgeneem en die ouers word met die evangelie bedien. Baie gesinne wat kerkloos en kerklos was, word teruggebring onder die vleuels van die liefdevolle Vader.

Die kamppersoneel bestaan vanjaar uit ‘n geestelike leier en sy vrou, ‘n kamppa en –ma, plus groepleiers en ander volwassenes, 20 per kamp. Ons het vanjaar twee kampe, 'n laerskool- en 'n hoërskoolkamp. In totaal neem ons 160 kinders, seuns en dogters. Elke groepleier neem 5 kinders onder sy of haar sorg.

Behalwe vir die geestelike program word die kinders deur spel en formele onderrig (dikwels broodnodige) lewensvaardighede geleer. In baie gevalle word die kinders by die kamp voorsien van klere, handdoeke en toiletware. Elkeen ontvang ook ‘n Bybel en ‘n Kersgeskenkie.

Die kinders van die kampe waarby Wierdapark Gereformeerde Kerk betrokke is, word hoofsaaklik getrek uit Valhalla, Derdepoort en daar word vanjaar ook kinders uit ons eie gemeente geïdentifiseer. Baie van die groepleiers is ook uit ons eie jeuggroep.

Finansiering

Om vervoerkoste so laag as moontlik te hou word die kampe waar moontlik in die omgewing van die stad of dorp waaruit die kinders getrek word, gehou. Bv. in 2003 het die kamp- en vervoerkoste R800 per kind beloop. Tans beloop dit in die buurt van R1800. Verskeie Gereformeerde gemeentes is betrokke by hierdie projek en die kampe word gefinansier deur gemeentelike bydraes, maar veral deur donasies, ook van nie-kerklike instansies.

As daar mense is wat belangstel om deel te neem aan hierdie projek of net 'n donasie wil maak, kontak asb die gemeente by 012 654 5629 of skakel Christell Bloch by 0825769834

Ons hoofbron van inkomste vir die kampe is egter die Gholfdag op 09 Oktober 2008 te Dienste Klub. As julle graag wil deelneem ten opsigte van bydrae of donasies tot die koningskinders, skakel ons asb by die nommers hierbo.

Vir meer inligting, sien ook:

www.gkwp.co.za

www.koningskinders.co.za

E-pos aan die lente:

Die lewe tap stil uit my
vinniger as bloed
As is die woorde in die wind
voorheen kole en gloed

'n pyl val uit die koker
van 'n rondomtalie wens
Net dorings in gevlekte vlees
waar eens vleiswonde sou wees

soos towerbeelde stap die tyd
in die skemer by ons verby
Soos die groen loot van die lente
Deur die grys van die winter gly

post_content

Kaalvoet se kamera is 'n fujifilm finepix S5700 met 7.1 megapixels en 10x optiese zoom sonder enige ekstra lense. Sy neem die mooiste foto's, maar wil graag beter kwaliteit daaruit kry en verlang 'n groter lens.

Jasper gebruik presies dieselfde kamera en die foto's hieronder is wat die einste finepix optoor (Sonder enige ekstra lense)....

Wat Jasper wil sê is dat mens eers die kamera en sy funksies moet leer ken voor mens eksra lense aanskaf. Groter lense gee net beter foto's wat afstand of wydte aan betref, maar 'n klein lessie wat ek op Boerinballingskap (Almal weet hoe mooi is die man se foto's) se blog geleer het is dat selfs klein digitale kamera's die mooiste foto's neem solank jy weet hoe om die funksies te gebruik en die elemente wat jy afneem te benader.

1. Swart & Wit

landy_B-W

2. Oormatig gestelde Hue & Saturasie met stadige Aperture spoed om die heining kleur te beklemtoon

landy_side

3. Stadige Aperture spoed teen opwaartse helling: (Jasper het op sy maag gelê vir die een)

Lapa

4. Diepte waarneming (Jasper het op sy knieë gestaan reg teen die heining om die regte diepte te kry vir die een)

wood-henge-slats

5. Hoeke van naby teen Agtergrond vir beter diepte en beklemtoonde fokus op die element van naby (In plaas van reguit op iets mik)

wood-henge

6. Speel met die skadu van die element vir beter perspektief en weereens die hoek en helling waarteen die foto geneem word om die element te kry sodat dit die oog se fokus trek.

stone-bench

Jasper het so paar dingbat fonts gemaak van die Currie-Cup logo's vir die wat graag iets wil griffel oor Rugby. Die Logo's wat hy in die hande kon kry was nie waffers nie, so die font kort nog so bietjie werk. Op die oomblik is daar ook net voorsiening gemaak vir die volgende unies:

Bulls (Letter A op die keyboard)
Cheetahs (Letter S op die keyboard)
WP (Letter D op die keyboard)
Sharks (Letter F op die keyboard)
Puma's (Letter G op die keyboard)

[download#7#image]

Laai die font af, unzip hom en kopieer die TT leêr na jou "font" folder: "Start / Control Panel / Fonts"

TT-sample

As jy natuurlik photoshop of Gimp of so iets het kan jy vir jou 'n lekker avatar maak vir die blog's of omtrent enige grafiese ontwerp. Nes jy wil.

blue-bulls
(™ Blue Bulls Rugby Union)

 

Onthou net, Hierdie Logo's is die handelsmerke van die onderskeie SA Rugby unies en kopiereg moet respekteer word. Gebruik daarvan vir enige doeleindes anders as persoonlik moet met hulle opgeneem word vooraf!

Disclaimer: Jasper distansieer homself van enige onge-oorloofde gebruik van die font vir enige doeleindes watookal deur die gebruiker daarvan wat mag indruis op kopieregte van die handelsmerk eienaars

Blogverlof…

Dit is moeisaam om te blog as jy rondreis en om elke nook en cranny internet moet opspoor.

Een hele jaar van rondbaljaar om die aardbol en net so nou en dan ‘n week of 2 by die huis. Mens leer vinnig.

Hier is die 6 groooot K’s van reis. Maak nie saak waar jy gaan nie, as jy iets beplan maak seker die volgende is “moet” op jou lysie toebehore as jy plek bespreek.

1. Kos (Hoe dan nou anders)

2. Klere (obviously)

3. Kamer (waar jy slaap. Gastehuis, hotel, etc etc)

4. K@khuis (Die bos werk nie lekker nie)

5. Kar (Sorteer jou vervoer uit. Het jy al iemand in Japsnees probeer verduidelik jy soek ‘n lift? Partykeer werk fonetiese gebare nie, veral as jy uit ignorance vir die ou ‘n lelike teken wys sonder dat jy dit weet…

6. Kaartjies (Paspoorte, Visa’s en kredietkaarte is ook deel hiervan. Jy gaan nerens uit SA uit beweeg as hierdie nie in orde is nie.)

 
Geniet die reis

Ek het nou lekker gelag. Google reken my blog is in “dutch” geskryf en hy kan dit oorvertaal sonder moeite..

Hier is wat gebeur het met die “6 K’s”

Blog Leave ...

It is difficult to blog as jy saam tours and every nook and Cranny Internet must Tracking.

A whole year of rondbaljaar to the globe and just so nou and then a week or 2 by the house. Mens leather sharply.

Here is the 6 groooot K's trip. Make Saak where jy nie go nie, as jy seker make something landscapers who is next "should" on you lysie accessories as jy discuss place.

1. Kos (How else than nou)

2. Clothes (obviously)

3. Room (where jy sleep. Gastehuis, hotel, etc etc)

4. K @ khuis (That forest work nie lekker nie)

5. Kar (Sort out your transport. Did you have someone in Japsnees try verduidelik jy soek 'n ride? Party times work fonetiese gestures nie, as jy widespread ignorance of vir die ou' n Lelik sign wys jy sonder that knows ...

6. Kaartjies (passports, visas and credit card is also part of it. Nerens Jy go from SA pass out as hierdie nie nie is in order.)

Enjoy the journey

 

Nou ja toe google…

Al wat Engelsman is kan nou lees (en verstaan Dutch is NIE Afrikaans nie)

Die wat die bakkiesboek so af en toe dophou sal weet waar ek rondloop…

003DIe wat nie weet nie, Jasper is op die oomblik in Indonesie. Van Jakarta na Bali na Sumbawa en dan Kalimantan (voor ek teruggaan huis toe)

Hier is ‘n nommertjie van “downtown Jakarta”

EK sal probeer om meer foudies te blog soos ek tydjie kry (Wat seker nie veel vir julle beteken ten opsigte van my onlangse jaar lange afwesigheid en algemene luiheid met die blog ding nie….

Elk geval, ek leef en alles is nog in een stuk

Nou ja, so is die lewe so is die lot. Kom ou Jasper in befaamde Indonesie aan. ‘n nuwe bankkaart wat nie werk nie (FNB het nie die ding vir Internationaal ge-aktiveer nie) en ‘n “besigheids bankier verhoudings bestuurder” wat so te se niks beteken nie. Kyk, hy is so skerp soos ‘n graad 2 potlood in die aand want hy slaap op die “job” sien. Gelukkig is jasper se “persoonlike verhoudings bestuurder” nogal ‘n oulike mens en net 1 een e-pos verder maak sy toe al die klein probleempies reg (albeit 48 na die tyd want dit was vakansie dag in die “R of SA” en FNB het mos nie ‘n internationale noodkreet hulplyn vir hul gelukkige kliente “in dire need” buite ure nie.)

Elk geval help die hotel toe bietjie uit en kon Jasper darm aandete en ‘n koue braffie afwurg op rekening (teen 5-ster pryse natuurlik) terwyl FNB en sy wafferse “call-centre” bietjie doedoe.

Wat ‘n hotel. Die Kristal in Jakarta. Lekker swembad en ‘n peperduur kroeg wat ten minste die rugby wys. Nie krieket nie mind u want dit is mos ramadaan in moslem wereld so die plek is ‘n spookdorp net soos RSA oor kersfees. Die knaap agter die toonbank reken hulle kan nie die krieket aansit nie want die satteliet mense het toegemaak vir vakansie en daar is ‘n probleem met die skottel so supersport 2 is ‘n nee-nee

Geen probleem nie, ten minste kan Jasper die bulls se game kyk want supersport 1 werk nog.

So halfdag deur die eerste dag moes Jasper eers gaan sit en dink oor ‘n drukkende probleem….

Die dinkhuis binne en wat-wou. ‘n parmantige dieptroon met ‘n draaiknop en as die knoppertjie nou net presies so sou gedraai word kom daar so klein pypietjie uit wat die ring skoon spuit. Great dink Jasper toe. Die eerste regte wyse mense wat soos homselwers nie daarvan hou om soos ‘n arabier oor ‘n bedé te skwat nie. Kudo’s boys kudo’s. Of so het ek gedink toe mos nou…

Aandete leer vir Jasper om nie te veel te kou nie sien. Hiersie mense speel nie met chillies nie. Hulle dra dit sommer om die nek en loop snuif-snuif so nou en dan daar aan… Neeeee pappie. Hierdie ouens het derms van gepoleerde chroom en reguit uitlaatstelsels sonder knaldempers. Hulle rol elke liewe Jalapeno pitjie op die tong.

As jy nou Jasper is gryp jy maar jou glas styf vas, druk jou snoet styf toe en forseer ‘n lepel kos in jou mond sonder om te byt en laat hardloop dit reguit deur die osophagus op die maat van Cabernet. Daar is nie ‘n ander manier nie want al Indonesiese kos is warm. Pendeltuig warm. Fok en WARM

Volgende middag dinktyd.

Weer die altemit marmerkoei met sy stuitige plumbing.

Nou weet Jasper waarvoor spuit die watertjies as hy die pypie se knop draai.

Dis nie vir afspoel nie. uh-uh oooo nee.

Dit is om die draak wat die habanero vuur deur die ring spoeg se asem te probeer blus.

Hier is gou ‘n par pics sommer so geneem op pad terug van middag ete af na die kliniek toe. Die plek amuseer my regtig.

Ek het geen idee wat mens die karretjies of plekke noem nie, maar dit het uitgestaan toe neem ek dit af.

More vlieg ek na ‘n ander deel van Indonesie toe en hopelik is daar dan ‘n bietjie tyd om regtig ‘n paar goeie foudies te neem

Moet dit net sê…

Voor die prodigal son die laaste stukkie stap lê daar nog so een of 2 stroompies voor om te kruis. Voltyds terugkeer na die blogosfeer was nog altyd die plan, maar of dit nou is, is nog nie duidelik nie…

So ek los julle vir eers met die nommer…

Die lus om te griffel het vir Jasper gelos
so tussen die jetlag en sleg hotel kos
iewers daar buite le 'n potlood en wag
tussen verse en stories wat almal laat lag
Miskien blog ou Jasper
Miskien blog hy nie
Maar een ding verseker
weg hol hy nie!

Ok, Ek skryf nie maklik ‘n blog titel in Engels nie maar die GROOOT nuus is dat boek 12 van die “wheel of time” reeks nou uiteindelik vrygstel is.

Eers iets om baie die moer in oor te wees (Nie omdat die boek vrygestel is nie) maar omdat daar nie ‘n donnerse winkel in SA is wat die boeke vooraf bestel het nie en as gevolg gaan ons skepsels wat verslaaf aan die reeks is eers ons boeke in Desember op die rakke sien grrr……

So rukkie terug het Jasper gegriffel dat Robert Jordan die oorspronklike skrywer van die reeks oorlede is in  2007 aan ‘n seldsame siekte en die hartjie was klein omdat die storie nog nie klaar was nie. (10 jaar se verslawing met ‘n boek wat net elke 2 jaar die lig gesien het om die beste fantasie storie tot op hede te vertel) Gelukkig het RJ in sy wysheid ‘n stapel nota’s en opnames nagelaat om tog uitsluitsel te gee oor hoe die storie eindig.

Toe RJ se vroulief besluit om vir Brandon Sanderson op te kommandeer om al die legio notas, opnames en dies meer deur te werk en die reeks klaar te griffel was heelwat mense skepties oor hy so ‘n ander tipe skryfstyl het, maar dit lyk of die knaap hom goed van sy taak gekwyt het as ek so deur al die reaksies kyk (Van die gelukkige donners) wat reeds die nuwe boek verslind het.

Die laaste boek “A memory of light” is eventueel opgebreek in drie dele – Daar was net te veel data en nota’s vir Brandon om dit een boek te maak- waarvan “The gathering storm” die eerste deel is (Nog steeds 600 bladsye selfs vir ‘n opgebreekte boek) is op die 27ste Oktober vrygestel en selfs Kalahari.net kwoteer 10-15 dae vir aflewering GRRRRR……

Die groot vraag deur al die lesers gevra bly nog steeds “Who Killed Asmodean”. ‘n geheim wat al vir 10 jaar met die storie saamkom. Vir meer inligting loer hier

http://wot.wikia.com/wiki/Who_killed_Asmodean%3F

Volgens die “spoilers” by dragonmount.com is daar nog steeds nie uitsluitsel hieroor nie maar slaap gerus, ons is belowe dit sal wel uitkom in die laaste 2 boeke.

Ek het altyd gedink dit was Rahvin maar ‘n herlees van die boeke kon dit nie hy wees nie synde Rahvin se lewens draadjie reeds uit die patroon geruk is toe die Dragon oftewel Rand hom met “balefire” doodgemaak het. Asmodean het eers ‘n uur of wat daarna gesneuwel. So nou hou ek maar by die Graendal teorie.

O ja, en Moiraine sit nog steeds in die dimensie van die Aelfinn en Eelfinn en wag op ‘n reddingspoging van Thom en Mat

Daar sal eventueel nog 2 boeke in die reeks wees om die storie klaar te maak en ek kan nie wag nie. Die laaste boek behoort teen einde November volgende jaar vrygestel te wees….

‘n lekker kuiertjie
Neil Somers vir geselskap
‘n stukkie skap op die kole
So bietjie kitaar
Wat meer wil mens nou hê

DSCF1321

As Azerbaijan kan deelneem aan die "Eurovision" song contest, is daar 'n kans vir Suid Afrika om ook in te skryf?? Oor 10 dae begin die kompetisie en ek gaan in Baku wees... Of daar gaan tyd wees vir die spulletjie weet nugter maar ek gaan defnitief probeer om ten minste een aand draai te maak..., Het gister bietjie in die BP kantore vertoef en die kiekie geneem

20120502-100043.jpg As Azerbaijan kan deelneem aan die "Eurovision" song contest, is daar 'n kans vir Suid Afrika om ook in te skryf?? Oor 10 dae begin die kompetisie en ek gaan in Baku wees... Of daar gaan tyd wees vir die spulletjie weet nugter maar ek gaan defnitief probeer om ten minste een aand draai te maak..., Het gister bietjie in die BP kantore vertoef en die kiekie geneem As Azerbaijan kan deelneem aan die "Eurovision" song contest, is daar 'n kans vir Suid Afrika om ook in te skryf?? Oor 10 dae begin die kompetisie en ek gaan in Baku wees... Of daar gaan tyd wees vir die spulletjie weet nugter maar ek gaan defnitief probeer om ten minste een aand draai te maak..., Het gister bietjie in die BP kantore vertoef en die kiekie geneem ___________________________________ Die Laaste Troebadoer In ‘n land sonder grense Waarheen niemand wil gaan Vind ek in die donker ’n spoor Van ’n ou troebadoer met ’n vaal hout kitaar En ‘n pen wat papier kon bekoor kliek hier om meer te lees en te luister ___________________________________ Die Vlieënde Hollander By die blouberg klippe in tafelbaai soos die oumense vertel reis daar somtyds n swart seilskip uit die gragte van die hel kliek hier om meer te lees en te luister ___________________________________ Druppels uit 'n kraan Peinsend sit en staar jy na die druppels uit ‘n kraan dit syfer deur die jare en jy wonder weer oor haar naam kliek hier om meer te lees en te luister ___________________________________ Herinnering My hart voel erg geteister soos ek na die woorde luister Wat jy langsaam vir my fluister As die diepste donker duister oor jou kom kliek hier om meer te lees en te luister ___________________________________ Laaste Woorde Die môrester hang in die ooste En die laatnag glip stil verby Daar is ‘n trekkie op die oggend lug Wat sny deur my dikste ou trui kliek hier om meer te lees en te luister ___________________________________ Sy Kind Hy Kyk na die mens en vra hom My Kind Is daar al nuus van verdraagsaamheid vrede ’n Geruis op die wind kliek hier om meer te lees en te luister