A 10 year old whodunnit of note

6:12 am Algemeen

Ok, Ek skryf nie maklik ‘n blog titel in Engels nie maar die GROOOT nuus is dat boek 12 van die “wheel of time” reeks nou uiteindelik vrygstel is.

Eers iets om baie die moer in oor te wees (Nie omdat die boek vrygestel is nie) maar omdat daar nie ‘n donnerse winkel in SA is wat die boeke vooraf bestel het nie en as gevolg gaan ons skepsels wat verslaaf aan die reeks is eers ons boeke in Desember op die rakke sien grrr……

So rukkie terug het Jasper gegriffel dat Robert Jordan die oorspronklike skrywer van die reeks oorlede is in  2007 aan ‘n seldsame siekte en die hartjie was klein omdat die storie nog nie klaar was nie. (10 jaar se verslawing met ‘n boek wat net elke 2 jaar die lig gesien het om die beste fantasie storie tot op hede te vertel) Gelukkig het RJ in sy wysheid ‘n stapel nota’s en opnames nagelaat om tog uitsluitsel te gee oor hoe die storie eindig.

Toe RJ se vroulief besluit om vir Brandon Sanderson op te kommandeer om al die legio notas, opnames en dies meer deur te werk en die reeks klaar te griffel was heelwat mense skepties oor hy so ‘n ander tipe skryfstyl het, maar dit lyk of die knaap hom goed van sy taak gekwyt het as ek so deur al die reaksies kyk (Van die gelukkige donners) wat reeds die nuwe boek verslind het.

Die laaste boek “A memory of light” is eventueel opgebreek in drie dele – Daar was net te veel data en nota’s vir Brandon om dit een boek te maak- waarvan “The gathering storm” die eerste deel is (Nog steeds 600 bladsye selfs vir ‘n opgebreekte boek) is op die 27ste Oktober vrygestel en selfs Kalahari.net kwoteer 10-15 dae vir aflewering GRRRRR……

Die groot vraag deur al die lesers gevra bly nog steeds “Who Killed Asmodean”. ‘n geheim wat al vir 10 jaar met die storie saamkom. Vir meer inligting loer hier

http://wot.wikia.com/wiki/Who_killed_Asmodean%3F

Volgens die “spoilers” by dragonmount.com is daar nog steeds nie uitsluitsel hieroor nie maar slaap gerus, ons is belowe dit sal wel uitkom in die laaste 2 boeke.

Ek het altyd gedink dit was Rahvin maar ‘n herlees van die boeke kon dit nie hy wees nie synde Rahvin se lewens draadjie reeds uit die patroon geruk is toe die Dragon oftewel Rand hom met “balefire” doodgemaak het. Asmodean het eers ‘n uur of wat daarna gesneuwel. So nou hou ek maar by die Graendal teorie.

O ja, en Moiraine sit nog steeds in die dimensie van die Aelfinn en Eelfinn en wag op ‘n reddingspoging van Thom en Mat

Daar sal eventueel nog 2 boeke in die reeks wees om die storie klaar te maak en ek kan nie wag nie. Die laaste boek behoort teen einde November volgende jaar vrygestel te wees….

12 Responses
  1. Da Mario :

    Date: October 29, 2009 @ 12:58 pm

    Imagine net hoe lekker gaan jy lees wanneer jy eventually daai boek in die hande het!

  2. boerinballingskap :

    Date: October 29, 2009 @ 2:18 pm

    Ek is nie bewus van hierdie boeke nie en het nie noodwendig belangstelling daarin nie, maar dis altyd lekker om te sien dat jy nog blog. Doen dit gerus meer gereeld! :)

  3. Mefri :

    Date: October 30, 2009 @ 9:44 pm

    Hallo Jasper, ek ken die boek ook nie, maar ek is so bly jy is weer terug.

  4. Jasper :

    Date: October 31, 2009 @ 5:16 am

    DM - ‘n baie oulike mens stuur vir my een uit Australie. Ek behoort hom Woensdag te he. Kan nie wag nie

    BiB - Nie eens Tolkien se wereld was so intensief nie. LOTR lyk soos ‘n kleuterkrans storie teen WOT

    Mefri - Ek hoop om bietjie meer te blog in die opkomende tyd :)

  5. nikita :

    Date: October 31, 2009 @ 12:21 pm

    Klink asof jy behoorlik vasgevang is in die reeks. Geniet jou boek wanneer jy dit kry!

  6. Mefri :

    Date: October 31, 2009 @ 1:49 pm

    ? Dankie ?

  7. Mefri :

    Date: October 31, 2009 @ 1:52 pm

    LOL ek het al vergeet my ‘ n en ander goedjies verskyn as ‘?’ maar ek dink jy weet my dankie sing. ;-)

  8. Fernan :

    Date: July 25, 2014 @ 1:16 am

    I’m SO SO glad to hear that all is well for you and your family… I thhougt of you and yours, and sent up prayers, as soon as I heard that Rita was headed your direction. Praise the Lord!! Thanks for your kind words concerning Taba’s letter.:) Yeah, they love those rubber band guns, but I’m finding rubber bands everywhere! Yeah, you’ve got plenty of time to make some LATER! Last year Chris made marshmallow guns with the kids, (out of pvc pipe, and they blow the mini-marshmallows out) and they are very cool, and *gentler*. :-)

  9. Dhevy :

    Date: February 26, 2015 @ 2:45 pm

    Kloo merci de m’avoir re9pondu lol non je ne disait pas que le fait qu’elle soit vileile dans son reave n’est pas d’importance (e7a doit eatre horrible de reaver de e7a dans son cas !)mais, je disais juste qu’elle paniquait trop e0 l’ide9e d’avoir 1 ans de plus qu’Edward !!!Tu crois que c’est possible que cette sce8ne corresponde e0 cette image ou pas ??MarionPS : je sais qu’on est pas dans un forum mais, j’aimerais vraiment savoir si quelqun imagine le retranscription de cette sce8ne dans le film !

  10. Zayn :

    Date: April 2, 2015 @ 9:21 pm

    Moi aussi je pense que c pour le reoutr d’italie car on dire9 qu’edward lui di qu’il pourre9 pa vivre sans elle la de9claration du livre quoi lol et elle a l’air toute e9mu car pour elle ct elle qui pouve9 pa vivre san lui donc san he9siter le reoutr d’italie quan elle croi re9ver lol on ve9ra le 18nov me languiiiiiiii

  11. du an khu dong :

    Date: June 4, 2016 @ 12:48 am

    Please let me know if you’re looking for a article writer for your site.
    You have some really good posts and I think I would be a good asset.
    If you ever want to take some of the load off, I’d love to write
    some material for your blog in exchange for a link back to mine.
    Please send me an email if interested. Thanks!

  12. kiluhewa.weebly.com :

    Date: August 13, 2016 @ 5:52 pm

    I wanted to check up and let you know how , a great deal I appreciated discovering your
    blog today. I will consider it a honor to work
    at my place of work and be able to use the tips discussed on your
    web page and also participate in visitors’ opinions
    like this. Should a position regarding guest writer become on offer at your end,
    you should let me know.

Leave a Comment

Your comment

You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.