Die dinkhuisies van Indonesie

9:06 am Jasper se Stories

Nou ja, so is die lewe so is die lot. Kom ou Jasper in befaamde Indonesie aan. ‘n nuwe bankkaart wat nie werk nie (FNB het nie die ding vir Internationaal ge-aktiveer nie) en ‘n “besigheids bankier verhoudings bestuurder” wat so te se niks beteken nie. Kyk, hy is so skerp soos ‘n graad 2 potlood in die aand want hy slaap op die “job” sien. Gelukkig is jasper se “persoonlike verhoudings bestuurder” nogal ‘n oulike mens en net 1 een e-pos verder maak sy toe al die klein probleempies reg (albeit 48 na die tyd want dit was vakansie dag in die “R of SA” en FNB het mos nie ‘n internationale noodkreet hulplyn vir hul gelukkige kliente “in dire need” buite ure nie.)

Elk geval help die hotel toe bietjie uit en kon Jasper darm aandete en ‘n koue braffie afwurg op rekening (teen 5-ster pryse natuurlik) terwyl FNB en sy wafferse “call-centre” bietjie doedoe.

Wat ‘n hotel. Die Kristal in Jakarta. Lekker swembad en ‘n peperduur kroeg wat ten minste die rugby wys. Nie krieket nie mind u want dit is mos ramadaan in moslem wereld so die plek is ‘n spookdorp net soos RSA oor kersfees. Die knaap agter die toonbank reken hulle kan nie die krieket aansit nie want die satteliet mense het toegemaak vir vakansie en daar is ‘n probleem met die skottel so supersport 2 is ‘n nee-nee

Geen probleem nie, ten minste kan Jasper die bulls se game kyk want supersport 1 werk nog.

So halfdag deur die eerste dag moes Jasper eers gaan sit en dink oor ‘n drukkende probleem….

Die dinkhuis binne en wat-wou. ‘n parmantige dieptroon met ‘n draaiknop en as die knoppertjie nou net presies so sou gedraai word kom daar so klein pypietjie uit wat die ring skoon spuit. Great dink Jasper toe. Die eerste regte wyse mense wat soos homselwers nie daarvan hou om soos ‘n arabier oor ‘n bedé te skwat nie. Kudo’s boys kudo’s. Of so het ek gedink toe mos nou…

Aandete leer vir Jasper om nie te veel te kou nie sien. Hiersie mense speel nie met chillies nie. Hulle dra dit sommer om die nek en loop snuif-snuif so nou en dan daar aan… Neeeee pappie. Hierdie ouens het derms van gepoleerde chroom en reguit uitlaatstelsels sonder knaldempers. Hulle rol elke liewe Jalapeno pitjie op die tong.

As jy nou Jasper is gryp jy maar jou glas styf vas, druk jou snoet styf toe en forseer ‘n lepel kos in jou mond sonder om te byt en laat hardloop dit reguit deur die osophagus op die maat van Cabernet. Daar is nie ‘n ander manier nie want al Indonesiese kos is warm. Pendeltuig warm. Fok en WARM

Volgende middag dinktyd.

Weer die altemit marmerkoei met sy stuitige plumbing.

Nou weet Jasper waarvoor spuit die watertjies as hy die pypie se knop draai.

Dis nie vir afspoel nie. uh-uh oooo nee.

Dit is om die draak wat die habanero vuur deur die ring spoeg se asem te probeer blus.

11 Responses
  1. nikita :

    Date: September 27, 2009 @ 10:06 am

    Welkom terug! Uiteindelik! Bly om te sien jy blog weer, Jasper!!

  2. nikita :

    Date: September 27, 2009 @ 10:11 am

    O ja, jy het byna ‘n jaar terug gevra na ons eie chess grandmasters…jy weet dalk van die een wat ons intussen gekry het? Nie!?? Kyk op my blog…onlangse inskrywing…meisie van 15 jaar!

  3. Jasper :

    Date: September 27, 2009 @ 10:16 am

    Ek het jou comment gekry nou die dag en toe al gaan loer…

    Dit is groot, maar kan sy verder gaan en is daar iemand in die goewerment om na haar om te sien en seker te maak haar talent kan ten volle ontwikkel word??

    “sponsorships” en dies meer is waaraan ek dink..

    Anders gaan sy ook net weer in die annale iewers verdwyn

  4. wipneus :

    Date: September 27, 2009 @ 10:29 am

    Ja nee Jasper ek het nie derms van gepoleerde chroom nie, ek sal etes pass in Indonesie. :lol:

  5. nikita :

    Date: September 27, 2009 @ 6:15 pm

    Hi Jasper, as sy regtig verder wil gaan, dan is dit vir ‘n “male” GM-title…en sy moet ‘n rating van 2500+ he (en baie, baie toernooie - internationaal). Nee, ongelukkig is SA maar treurig…soos in erg treuring met die ondersteuning van ons spelers. Ek dink nie hulle doen enige moeite van hul kant af nie, daarmee bedoel ek behoorlike moeite. van ons spelers kon nie eers die Afrika Individueel gaan speel het nie - en AS SA Chess enigsins rerig ons spelers daar wou he..nou ja, dan sou hulle hul vroegtyd ondersteun het, wat NIE gebeur het nie… wel…wel…wat sal mens nou se…’n traan stort en dit afvee en aangaan…dis seker al.

  6. Zee :

    Date: September 28, 2009 @ 10:39 am

    Jasper!!!

    Baie welkom terug jong! :)

  7. boerinballingskap :

    Date: September 28, 2009 @ 2:03 pm

    :lol:

  8. gas safety check :

    Date: February 26, 2014 @ 11:48 pm

    Helpful information. Lucky me I found your website unintentionally, and
    I am stunned why this twist of fate did not happened earlier!
    I bookmarked it.

    Also visit my web blog :: gas safety check

  9. rea :

    Date: May 22, 2014 @ 12:56 pm

    Hello just wanted to give you a brief heads up and let you know a few of the
    images aren’t loading properly. I’m not sure why but I think its a linking issue.
    I’ve tried it in two different internet browsers and both show the same outcome.

  10. tannerhutchinson426.myhq.com :

    Date: April 29, 2015 @ 6:54 pm

    You can always rely on the internet for research and more information on different types of air purifier.
    Keep this plant away from pets and small children, as it is toxic if eaten.
    Steam clean the carpets often at least three time per year.

  11. kunststoffverarbeitungsmaschinen demag :

    Date: June 12, 2017 @ 3:11 pm

    Haben Sie jemals als einschließlich ein wenig mehr als nur Ihre Artikel? Ich meine, was Sie sagen, ist wertvoll und all . Dennoch jedoch sich vorstellen vorstellen, wenn Sie einige große bilder oder aufgenommen Videoclips , Ihre Beiträge mehr geben “, Pop- “! Ihr Inhalt ist ausgezeichnet, aber mit Bilder und Videos, Website besten field. Wunderbar Blog!

Leave a Comment

Your comment

You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.