Alles op ‘n einde

11:04 am Algemeen

Vandag is my kort vakansie in SA op ‘n einde. Visa probleme is opgeklaar, nuwe paspoort is uitgereik (binne 8 weke….) en nou is dit terug na die mislike weer en vriesvingers in die vroegtoggend langs die kalk-strome.

Laat ek nou bietjie terugdink wat het alles die week gebeur….

Die Bosveld:
Piet Planter het my na die mooiste mense in die bosveld geneem vir ‘n ras egte kykvuur en braaivleis. Adriaan en sy vroutjie het gesorg vir ‘n altemit “game drive” deur die reen deurtrekte veld met ‘n modderbad ingesluit. Agterna alles opgesom met so paar koue nommertjies en ‘n kitaar keurspel saam met Pieta.

My moeder het ouder gewoonte saam met Oubaas Meerkat al die stops uitgetrek om my gemaklik en tuis te laat voel. (Oubaas Meerkat, jammer dat ek nou vi jou en oubaas Koos moes wys hoe om kurpers te vang…. Hehe) Ek sal maar teruggaan Pub toe om te gaan oefen met die darts voor ek weer so windgat gaan wees om jou aan te vat…

In die stad:
Willempie, onthou nou… Ek kan nie Jeagermeisters, zambuca en al daardie snaakse dinge drink nie, maar ek hol darm nie vir die bossies in die vars lug na 8 tequilas nie. ;)

Theo, Baie dankie dat jy kom oe wys het. Dit was regtig lekker om jou weer te sien. Hoop die dis was darm slukbaar. Ons maak volgende keer weer so.

Nou ja, sien julle weer iewers in Mei of Junie!!

Intussen, hou maar die blog dop. Iewers is iets altyd aan die gebeur…

14 Responses
  1. Nikita :

    Date: February 6, 2008 @ 4:19 pm

    Klink heerlik… nou’s dit terug in hiedie gryse weer.. dis nogal kouer die afgelope 2-3 dae… as ‘n paar dae terug!

  2. boendoe :

    Date: February 6, 2008 @ 6:04 pm

    Ek het iets gemis. Nie eens geweet jy is bietjie met holiday nie!

  3. Roer :

    Date: February 7, 2008 @ 7:55 am

    Ja, ek het ook nie besef jy’s op vakansie in SA nie. Ek dog dis net ‘n kwessie van willie-werkie willie-blog-nie. Bly om te sien jy’s ‘terug’.

  4. Rene Boshoff :

    Date: February 7, 2008 @ 9:38 am

    Dis nie dalk Adriaan Bouwer by wie jy in die Bosveld gekuier het nie?

    Welkom terug Jassie!

  5. Jasper :

    Date: February 7, 2008 @ 5:19 pm

    Haai Julle

    Man ek brand om ietsie te blog oor die rukkie in SA. Dit was so lekker!
    Maar dan moet ek bieg, ek kon nie glo wat alles aan die gebeur is nie. Die hele land is in rep en roer oor net 2 dinge….
    Load shedding en Steve Hofmeyer
    Roer, dan moet ek ook sê, ek verstaan hoekom jy ander heenkome wil soek. My vriend het my vertel van ‘n pistool teen sy kop terwyl hulle hom roof voor sy vrou en dogtertjie….

    Ek sit en wonder wat deur ‘n mens se kop moet gaan in so geval, en die mens in my sal mal gaan vir ‘n weerlose kind. Maar wat baat dit jou as jy ‘n 9mm teen jou kop het!?

  6. boendoe :

    Date: February 7, 2008 @ 6:34 pm

    Goed om jou terug te he. Blog nou maar ietsie oor SA. Dalk kry ons ‘n ander perspektief…

  7. Zee :

    Date: February 7, 2008 @ 8:39 pm

    Welkom terug!

  8. Roer :

    Date: February 8, 2008 @ 6:59 am

  9. Sharks :

    Date: February 8, 2008 @ 8:35 am

    Jasper jy moet dit maar daar geniet, ja die land was omtrent in rep en roer oor SSSB en load shedding.

    Jou blog rock!!

    Dankie toggie dit is Vrydag. Lekker naweek.

  10. sonkind :

    Date: February 8, 2008 @ 7:58 pm

    Soooo, DIS waar jy was - hier in onse ou landjie! Hoop jy het lekker gekuier ten spyte van Stevie en Eskom. :lol:

    Ek vrek oor Tequila. Hulle kan maar al daai ander fensie shooters hou - los net vir my die tequila!

  11. Richard :

    Date: July 26, 2014 @ 12:34 am

    Right here is the right web site for everyone who hopes to find out about this topic. You know so much its alsmot hard to argue with you (not that I really will need to…HaHa). You certainly put a brand new spin on a topic which has been written about for a long time. Great stuff, just wonderful!

  12. Aisah :

    Date: February 21, 2015 @ 5:28 am

    UNELECTED PC candidates ivietnd to a CAUCUS retreat….I don’t give a rip if the unelected candidates paid their own way,the fact is they were ivietnd to a CAUCUS retreat Wildrose and Libs to make complaint to the Speaker….. who was also at the PC ‘retreat’

  13. Zerbini :

    Date: March 29, 2015 @ 3:44 am

    Moi je pense que c’est au retour d’Italie quand Edward esasye de convaincre Bella qu’elle ne reave pas. Edward a un air un peu comme s’il chercher de9sespe9re9ment e0 la convaincre et Bella on dirai qu’elle cherche e0 deme9le9 le vrai du faux, e0 savoir si elle reave pas.Bon je vais arreater le0 mon analyse sinon je vais dire encore plus de connerie !

  14. all these things i've done :

    Date: September 3, 2017 @ 10:30 pm

    I just like the helpful info you provide on your articles.
    I’ll bookmark your blog and check once more
    right here frequently. I am fairly sure I will learn many new stuff
    right right here! Good luck for the following!

Leave a Comment

Your comment

You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.