God se kamer venster

11:27 am Jasper se Digkuns

,,,,,,,,

Hierdie is spesiaal vir Sonkind, Nikita, Boendoe en almal wat die plekke ken waaroor hierdie gedig gaan.

God se kamer venster

Mis jy ook die dae
by die Misty Mountain Lodge
Die Long Tom pas kanonne
en die koeëlgat in die berg

Die ou antieke Leunstoel
by die hotel op pelgrimsrus
‘n lekker koue braffie
en die foto van ou Jock

My gedagtes ry weer paadjies
tussen Sabie en Hazyview
so al langs ‘n riviertjie
wat so af en toe oorspoel

Tot by Graskop met sy pannekoek
wat die engele ook graag eet
daar by God se kamervenster
met die laeveld in sy greep

Onthou jy nog die tien sent
vir die kolkgate se wens
die drie rondawel pieke
in die Blyde rivier se pens

Swadini was nie ver nie
as jy soos die kraai kon vlieg
Maar padlangs teen die kranse
het dit ‘n ewigheid geduur

Langs die pad was watervalle
denne woud en forel
by die piesang stalletjie langs die pad
het ons kleingeld uitgetel

Af en toe in die spansel
waar die jakkalsvoël lig sweef
het ‘n wolk gehang wat soos die reën
gedaal het na beneë

Somtyds was ons uitgevang
deur die mis bo in die berg
En ander kere kon ons sien
hoe God die wêreld verf


14 Responses
  1. Piet Planter :

    Date: January 17, 2008 @ 11:51 am

    Wow, jy ken die Laeveld ou grote!
    Great stuff!
    Dit reen in Nylstroom en ander plekke, die groen tapyd uitgerol tot waar jou vliegtuig
    land…
    groete
    Planter

  2. Skoenlapr :

    Date: January 17, 2008 @ 1:12 pm

    nee kyk … jy mag maar!

    ek loer nou daagliks hier by jou in, want jy skryf kossies vir die siel (al ken ek nie al die plekke nie, kan ek my indink deur jou beskrywings)

  3. Sharks :

    Date: January 17, 2008 @ 1:42 pm

    Dit is pragtig, ek is gaande oor daai deel van ons land, was so 3 keer maar daar gewees, en sal weer en weer en weer en weer gaan. My eerste keuse bly maar die see!!

  4. Justjane :

    Date: January 17, 2008 @ 3:55 pm

    Daai Graskop pannekoeke, man! Ek was al keer op keer in daai areas, maar elke keer is dit vir my mooier. Ons het natuurlik Veldskool op Pelgrimsrus gehad - goeie en slegte herinneringe.

  5. Nikita :

    Date: January 17, 2008 @ 7:06 pm

    Jasper!!!!!!! Jy bring trane in my oe!! en ‘n knop in my keel!!! Ek gaan hierdie gedig van jou definitief iewers met foto’s op my blog sit met ‘n link na jou!! Jy’s ‘n ou duiwel met die woorde!! Pragtig!!! Baie dankie!! :)

  6. TristonJ :

    Date: January 18, 2008 @ 9:31 am

    Ai ek was nou daar met fakansie… en dit is so beeldskoon en als is so vars… pragtige stukkie wereld, pragtige gedig!

  7. Jasper :

    Date: January 18, 2008 @ 12:12 pm

    Dankie julle. Die plek hou darm maar bekoring in.

  8. Sonkind :

    Date: January 18, 2008 @ 8:01 pm

    Baie dankie Jasper! Ek gaan dit bêre. In daai einste Pelgrimsrus se kroeg het ek en my man gesit en kuier en my seuntjie (toe so 3 jaar oud) ook op een van die kroegstoeltjies. Weet nie wat hy gemaak het nie, maar die volgende oomblik val hy van die kroegstoeltjie af. Sê die kroegman vir hom “Jou pa en ma drink en JY val van die stoel af van net kyk na die dop!”

    En een nuwejaarsdag toe is Pelgrimsrus se hotel leeggedrink, letterlik. Daar was geen drank in die dorpie meer oor nie. Kan nie onthou waar hulle toe gaan drank kry het en of hulle gekry het nie, maar dit was baie snaaks!

  9. Zee :

    Date: January 19, 2008 @ 9:02 am

    Ek wens ek kan onthou hoeveel tien sente het al in daai kolkgate ingegooi en gewens…..
    Weereens, pragtig!

  10. Da Mario :

    Date: January 22, 2008 @ 6:03 am

    Dit is regtig van die mooiste plekker daardie wat ek nog bevoorregd was om te sien. ‘n Deeltjie van my hart is daar…

  11. Sharks :

    Date: January 22, 2008 @ 7:45 am

    Jasper jy en Neykie skryf die mooiste gedigte, het jy al ooit haar gedigte gaan lees? Keer op keer bring sy trane in my oè met haar mooi gediggies.

  12. boendoe :

    Date: January 25, 2008 @ 2:35 pm

    Ek dink jy moet huistoe kom. Al is dit net vir ‘n lang kuier - net om weer gatvol te raak! Ek kan sommer hoor hoe verlang jy.
    Man, en ek laaik jou nuwe look!

  13. Nikita :

    Date: January 30, 2008 @ 8:49 pm

    Hi Jasper…jy’s getag…sien my blog se post vir vandag! 30/1

  14. Wipneus :

    Date: May 6, 2008 @ 2:08 pm

    Jasper jy maak “magic” met woorde!

Leave a Comment

Your comment

You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.