Kaalvoetinniereën se kamera

7:34 am Algemeen

Kaalvoet se kamera is ‘n fujifilm finepix S5700 met 7.1 megapixels en 10x optiese zoom sonder enige ekstra lense. Sy neem die mooiste foto’s, maar wil graag beter kwaliteit daaruit kry en verlang ‘n groter lens.

Jasper gebruik presies dieselfde kamera en die foto’s hieronder is wat die einste finepix optoor (Sonder enige ekstra lense)….

Wat Jasper wil sê is dat mens eers die kamera en sy funksies moet leer ken voor mens eksra lense aanskaf. Groter lense gee net beter foto’s wat afstand of wydte aan betref, maar ‘n klein lessie wat ek op Boerinballingskap (Almal weet hoe mooi is die man se foto’s) se blog geleer het is dat selfs klein digitale kamera’s die mooiste foto’s neem solank jy weet hoe om die funksies te gebruik en die elemente wat jy afneem te benader.

1. Swart & Wit

landy_B-W

2. Oormatig gestelde Hue & Saturasie met stadige Aperture spoed om die heining kleur te beklemtoon

landy_side

3. Stadige Aperture spoed teen opwaartse helling: (Jasper het op sy maag gelê vir die een)

Lapa

4. Diepte waarneming (Jasper het op sy knieë gestaan reg teen die heining om die regte diepte te kry vir die een)

wood-henge-slats

5. Hoeke van naby teen Agtergrond vir beter diepte en beklemtoonde fokus op die element van naby (In plaas van reguit op iets mik)

wood-henge

6. Speel met die skadu van die element vir beter perspektief en weereens die hoek en helling waarteen die foto geneem word om die element te kry sodat dit die oog se fokus trek.

stone-bench

9 Responses
  1. Kaalvoetinireen :

    Date: September 5, 2008 @ 9:15 am

    BAIE dankie vir die kompliment! Ek moet se, vir wat ek vir die kamera betaal het is hy baie nice. Ek het ook al rondgespeel met die settings, maar ek weet nie altyd wat ek doen nie…ek weet te min. Ek wil eintlik net ‘n wide angle lens he, want soms kan ek so ge-irriteerd raak as iets net-net buite die raampie val!
    Dit is soos jy sem nes moet net gemaklik wees met jou kamera dan kan enige iemand met enige kamera pragtige foto’s neem. Ek het die einste kamera in SA vergeet (moenie vra nie) en het toe sommer so kleintjie hier gekoop (ook finepix) en het ook flippen nice pics geneem. Mens is geneig om te dink dat die groter en duurder speelgoed beter is, maar dis nie noodwendig die geval nie. Dis in elk geval swaar en lomp ;-) Bib se pics is baie baie mooi!

  2. Nikita :

    Date: September 5, 2008 @ 10:14 am

    Dis baie waar wat jy se oor die kamera, ek het ‘n digitale kamera hier, is geblog ook so klompie maande terug…en dit is soos jy se..jy moet sy funksies leer ken en ek leer myne nou eers ken, maar sal graag later ‘n beter een wil kry. Myne is ‘n Olympus.Het hom aanvanklik vir skool-uitstallings gekoop waarvoor hy heeltemal voldoende was.

  3. Riaan Oosthuysen :

    Date: September 5, 2008 @ 11:52 am

    Altyd great om te sien as iemand weet hoe om foto’s te neem

  4. Mefri :

    Date: September 5, 2008 @ 3:33 pm

    Die verskillende skakerings van die blou lug het dadelik my aandag getrek - dis pragtige foto’s. Was dit by Earth Song Ntabeni geneem? Dit lyk amper so daar.

  5. Jasper :

    Date: September 5, 2008 @ 3:40 pm

    Halo Mefri en welkom by die griffelgids.

    Nee, die foto’s is op ‘n baie goeie vriend se wildsplaas geneem buite Rustenburg

  6. Nikita :

    Date: September 5, 2008 @ 6:49 pm

    DANKIE Jasper vir my header! Dis so baie oulik!! en daarmee kan ek nie genoeg beskryf HOE oulik hy is nie!!

  7. Wipneus :

    Date: September 6, 2008 @ 6:47 am

    Baie mooi foto’s Jasper! Dankie vir al die tips. As ek terug kom van blogverlof sal my foto’s baie mooier lyk. Ek kan net foto’s neem van die universe, hier onder op die aarde sukkel ek! :mrgreen:

  8. demoerin :

    Date: September 9, 2008 @ 10:11 am

    Dit is sooo belangrik om te speel en speel en speel. Dit is die enigste manier hoe jy uiteindelik regkom!

  9. Tersia :

    Date: September 10, 2008 @ 9:51 am

    speel en speel en speel… dis waar ja! Ons is altyd net so haastig!! Jou foto’s is pragtig en dit laat my so verlang na ‘n vakansie!!

Leave a Comment

Your comment

You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.