Towerbeeld

5:47 pm Jasper se Digkuns

E-pos aan die lente:

Die lewe tap stil uit my
vinniger as bloed
As is die woorde in die wind
voorheen kole en gloed

‘n pyl val uit die koker
van ‘n rondomtalie wens
Net dorings in gevlekte vlees
waar eens vleiswonde sou wees

soos towerbeelde stap die tyd
in die skemer by ons verby
Soos die groen loot van die lente
Deur die grys van die winter gly

7 Responses
  1. Reisiger :

    Date: September 4, 2008 @ 6:10 pm

    Pragtig!!

  2. Kaalvoetinireen :

    Date: September 5, 2008 @ 3:16 am

    Baie mooi Jasper!

  3. Meermin :

    Date: September 5, 2008 @ 6:30 am

    Ai jy dit is pragtig. Geniet die naweek!

  4. boerinballingskap :

    Date: September 5, 2008 @ 5:20 pm

    Ek kan maar net beaam: Jy MAG maar met woorde speel!

  5. Wipneus :

    Date: September 6, 2008 @ 6:43 am

    Baie mooi Jasper! Jy kan maar nog hiervan plaas, ek hou baie van gedigte!

  6. Nikita :

    Date: September 6, 2008 @ 6:31 pm

    Sjoe! ek was vorige kere so betower deur die ander dinge hier op jou blog dat ek skoon vergeet het om hier ook kommentaar te los…ek is veral gek oor die laaste twee…”Soos die groen loot van die lente deur die grys van die winter gly”! dis MOOI/baie mooi gese!…en die hele gedig is pragtig!

  7. Justine :

    Date: September 7, 2008 @ 9:06 am

    Jasper, jou gedigte trippel en dans fluweelsag deur my, waar voetspore moes wees - blom freesias

Leave a Comment

Your comment

You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.