Blog verlof of net wegbreek?

5:13 am Algemeen

Dit is nou langer as ‘n maand. ‘n maand en ‘n half om presies te wees. ‘n maand en ‘n half se blog verwaarloosing (Met goeie rede hoop ek).

Kinders, beurokrasie, nuwe geleenthede, hope werk, nuwe besigheids ontwikkeling, ou kennisse en vriende opspoor en hallo sê, ou kliente opspoor en vergete bande versterk etc etc

Kom ons kyk hoe het dit verloop (Deel 1).

Nuwe voertuie, nuwe huisie nuwe omgewing op die been gebring en deur al die drama van lisensies terug skakel na SA kaart lisensies gaan om vroulief se voertuig aangekoop te kry. Ten minste afgehandel, vroulief is gelukkig en die huis is half klein maar dis ‘n beginpunt. Vroulief weier om in een van ons huidige huise te bly so ons huur maar vir eers met die oog om bietjie window shopping te doen vir ‘n lekker plekkie (enige idee hoe moeilik so besluit is met die huismark wat so in sy maai is. Ek dink ek sal maar wag tot volgende jaar Maart (As ek nog hier is bygesê) en dan kyk wie hulle huise wil weggee soos dinge nou gaan. Miskien kan ek dalk ‘n winskopie losslaan.

Nuwe bank rekeninge. Enige idee hoe tydrowend dit is om met banke te werk vir rekenings, besigheids rekeninge en dies meer. Hulle is erger as die lisensie kantore. Geen probleem om ‘n persoonlike rekeninkie oop te maak as jy ‘n handjievols duisend het nie, maar o-wee…. Hoe de hel begin jy ‘n besigheids rekening as jy nie kan bewys die besigheids naam waaronder jy trade is joune in Suid Afrika nie. O-nee, gebruik maar jou Europese rekeninge en trek maar daarop. Dis vinniger en beter.

More sal ek bietjie verder delf oor wat dit verg om ‘n besigheid so gou moontlik te begin bemark in SA (Dit is half intriguing…)

19 Responses
  1. Justine :

    Date: August 11, 2008 @ 7:16 am

    Hallo Jasper, welkom terug!!! Moenie weer so lank wegbly nie, oë wys is ook goed, totdat jy jou voete gevind het. :-)

  2. Zee :

    Date: August 11, 2008 @ 9:18 am

    Welkom terug!!!

  3. Johan de Vries :

    Date: August 11, 2008 @ 9:43 am

    Welkom (terug) in Afrika - ondou om jou horlosie op Afrika tyd te stel ook !

  4. Rene Boshoff :

    Date: August 11, 2008 @ 9:56 am

    He’s ALIVE!!!

    Sterkte ou mater - of moet ek sê welkom in Suid Afrika - waar niks sonder moeite en ‘n moerske gesukkel gedoen kan word nie!!

  5. Justine :

    Date: August 11, 2008 @ 10:39 am

    René jy slaan nou die spyker op sy kop LOL

  6. Wipneus :

    Date: August 11, 2008 @ 10:56 am

    Welkom terug Jasper!

  7. Meermin :

    Date: August 12, 2008 @ 5:20 am

    Welkom terug hoop jou blog verlof se dae is nou almal gevat! Dat daar nie meer een dag is om te vat nie!!

  8. Da Mario :

    Date: August 12, 2008 @ 8:15 am

    Bly jy is darem nog hier in die omgewing man… :D

  9. Kaalvoetinireen :

    Date: August 13, 2008 @ 10:26 am

    Het gedink Afrika het jou ingesluk…Welkom terug!

  10. Nikita :

    Date: August 13, 2008 @ 11:42 am

    At Last! ;) bly om weer hier iets te lees! Hierdie kant is dit reen/sonskyn/wind wat so beurte maak vandag…sterkte daardie kant!

  11. Roer :

    Date: August 13, 2008 @ 7:18 pm

    Welkom ‘terug’ Jas. Het jou gemis.

  12. Rustig :

    Date: August 14, 2008 @ 10:04 am

    Bly om te sien jy is weer met ons. Vir hoelank gaan dit die keer wees?
    ;)

  13. …what’s happening… « Woestynsand tussen my tone :

    Date: August 14, 2008 @ 12:50 pm

    [...] oor net drie maande, Wosonki herdefinieer nog (dink aan julle dag en nag Narrie en Krista!), Jassie soek nog vastrapplek in SA, Kruidjie-roer-darem-nog, sonder ‘n bang haar op haar kop, Jo-Ann [...]

  14. Meermin :

    Date: August 19, 2008 @ 6:11 am

    Jasper Jasper hallllllo waar is jy? Nog met jou blog verlof?? Waar kan ek aansoek doen vir blog verlof?? Hoe gaan dit met die baba? Hoe lyk dit met ‘n paar nuwe foto’s van julle baba! Geniet die verlof (solank dit net nie wegbreek, wegbly is nie)!

  15. sonkind :

    Date: August 22, 2008 @ 8:40 pm

    Jy bly nou te lank weg. Teen die tyd moet als darem al uitgepak wees!

  16. Johan Swarts :

    Date: August 25, 2008 @ 12:44 pm

    Probeer Capitec vir ‘n bank, hulle is so te sê vormloos.

  17. Jasper :

    Date: August 25, 2008 @ 3:35 pm

    Dankie Johan
    Ek dink ek gaan dit ‘n probeerslag gee

  18. Rosalind Franklin :

    Date: August 25, 2008 @ 4:06 pm

    welkom terug…ja die banke is nag en die toue is laaaank

  19. Viona :

    Date: July 25, 2014 @ 5:38 am

    Hallo petra,Als ik de link aanklik krijg ik wel de foto’s van 2012.Misschien moet je boven aan de paigna even de site verversen.Dit doe je rechts van de invoerbalk, als je internet explorer gebruikt.Op het pijltje in de vorm van een cirkeltje klikken.Hoop dat dit werkt.GroetenSander.

Leave a Comment

Your comment

You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.