Aanpas in SA

3:15 pm Algemeen

Jinne, wat ‘n week….

Van land in Johannesburg met skoonlief en die kroos tot huis uitsorteer en kar koop en dies meer. Skielik is ek wawyd bewus van beurokrasie soos ek dit nie ken nie. Toe ek uit SA uit weg is in 2002 was dinge makliker. Daar was nie soveel draadwerk met die banke nie en nog minder met die lisensie kantoor.

Kom ons kyk bietjie na lisensies in SA…

Jy kan jou SA lisensie in Engeland “convert” na ‘n UK een sonder drama maar om dit terug te verander het jy ‘n polisie verklaring, ‘n brief van jou werkgewer in die UK, jou paspoort en ID dokument nodig asook polisie gewaarmerkte afskrifte van jou paspoort wat die datums bevestig wanneer jy verhuis het landuit en wanneer jy teruggekeer het. (Dan vat dit 6-8 weke plus ‘n paneel deskundiges om dit goed te keur en vir jou ‘n nuwe lisensie uit te reik….

O ja en as jy nie ‘n SA lisensie het nie, vergeet maar om ‘n lening te kry vir jou voertuig… UK en Internationaal tel nie as geldig nie - (In die UK kan jy enige tyd met ‘n SA lisensie ‘n voertuig bekom)

Maar dit daar gelaat vir eers. Ek sal so met die tyd nog vergelykings skryf soos ek gewoond raak aan SA en sy manier van doen :?

Dankie vir julle ouens wat elke dag kom inloer en die debat of my voete los is iewers anders in die wereld. Julle is nie ver verkeerd nie, Jasper is alweer op pad diepste donker Afrika toe, die keer DRC en Equatorial Guinea (Maar eers volgende week ;) )

25 Responses
  1. Justine :

    Date: July 8, 2008 @ 6:21 pm

    Staan ? bietjie nader, ek vir sien hoe lyk daai veelbesproke aristokratiese voetjies.

  2. Zee :

    Date: July 8, 2008 @ 8:29 pm

    LoL Justine.

    Welkom terug Jasper!! Mag julle gelukkig wees in ONSE land! Nou remind jy my hoeka dat my bestuurders lisensie ‘n hernuwing moet ondergaan voor einde Augustus.

  3. Tersia :

    Date: July 9, 2008 @ 9:07 am

    Baie welkom! Ek hoop alle reelings verloop sonder probleme! Sterkte met alles!

  4. Rustig :

    Date: July 9, 2008 @ 6:57 pm

    rustig wonder net hoekom Jasper terug gekeer het na SA?

  5. Nikita :

    Date: July 10, 2008 @ 8:44 pm

    Hallo! Ek sien uit na die volgende skrywe…

  6. Die week in ‘n neutedop…. « Demoerin’s Klasak :

    Date: July 11, 2008 @ 5:03 am

    [...] het onlangs ’n Tenpinbowling Masterkampioen opgelewer? Terselfde tyd wil ek ook net sê, Welkom terug in [...]

  7. Wipneus :

    Date: July 11, 2008 @ 8:11 am

    Welkom terug!!!

  8. sonkind :

    Date: July 12, 2008 @ 9:40 pm

    Vasstaan, sterk staan terug in SA. Afrika is mossie vir sissies nie :lol:

  9. kaalvoetinireen :

    Date: July 13, 2008 @ 8:03 am

    Sterkte met al die reelings!

  10. Justine :

    Date: July 13, 2008 @ 10:13 am

    Jasper, ek glo dat al hierdie dinge wat jou so besighou, ‘deel is van n groter geheel’ en ek vertrou; dat jy eendag met deernis sal kan terugkyk en ervaar dat alles so bestem was en ten goede vir jou meegewerk het.

  11. Roer :

    Date: July 13, 2008 @ 7:15 pm

    Rustig, ek wonder dieselfde ding… Sterkte Jas.

  12. DGS :

    Date: July 15, 2008 @ 4:37 pm

    Welkom terug! Ek hoop jy kry vinnig al die klein dramatjies uitsorteer!

  13. Nikita :

    Date: July 19, 2008 @ 9:09 pm

    Ek hoop als gaan goed aan daardie kant!

  14. Zee :

    Date: July 22, 2008 @ 1:35 pm

    Zee to Jasper!!!!!! Vat jou voete nog nie grond nie?

  15. Rustig :

    Date: July 22, 2008 @ 2:18 pm

    Jasper het seker weer getrek! Of hy wag nog in die ry vir sy lisensie.

  16. flippiefanus :

    Date: July 22, 2008 @ 3:00 pm

    As ek terugdink aan my aanland terug in SA kan ek goed verstaan dat Jasper so bietjie onder die water is. Dis amper erger gewees as om te waai.

  17. Meermin :

    Date: July 23, 2008 @ 8:06 am

    Welkom terug!

  18. Da Mario :

    Date: July 27, 2008 @ 4:05 pm

    En hoe lyk dinge deesdae??

  19. Ousus :

    Date: July 29, 2008 @ 7:05 pm

    Hallo Jasper! Is daar iemand tuis?

  20. Rustig :

    Date: August 6, 2008 @ 7:18 am

    En die stilte dreun in my ore!

  21. Rene Boshoff :

    Date: August 8, 2008 @ 10:25 am

    Jislaaikit Jassie - jy sukkel met die aanpas ding hé?

  22. Justine :

    Date: August 8, 2008 @ 5:09 pm

    Ek mis jou baaaaaaaaie Jasper, kom nou terug, ag toe man, seblief.

  23. Nikita :

    Date: August 8, 2008 @ 9:47 pm

    Ons hoop dit gaan goed met jou!

  24. Pikkelik :

    Date: August 11, 2008 @ 4:03 am

    Nou moet ek alweer gaan hare was om van die spinnerakke ontslae te raak wat ek saamgesleep het in die geveg nader aan jou blog!!

  25. Silvia Odete Morani Massad :

    Date: September 4, 2017 @ 1:04 am

    Hurrah! After all I got a web site from where I know how
    to actually get useful facts regarding my study and knowledge.

Leave a Comment

Your comment

You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.