As jy lekker kuier

5:41 am Algemeen

My week terug van die DRC af was ‘n besige een. Noemenswaardig om die minste te se. lapaWanneer kuier ‘n mens lekker? As jy natuurlik tussen mense is wat omgee en jou laat voel of jy tuis  is met gasvreiheid. Nie in Engeland nie natuurlik. Dit kan net SA wees. Tussen oubaas Tienie en sy vroutjie en oom Dirkas en sy vroutjie het my week in ‘n spontane geslligheidjie ontaard. Soveel so dat internet nie eens ‘n  gedagte by my was nie. Net so nou en dan gedink aan die “invoices” wat gedoen moes word, maar dit kon ook maar wag. Kopfoto’s vir more was die algemene gedagte wat by my omgegaan het.

Die mooiste landskappe in die Noord Wes het gesorg vir herinneringe wat saam met my gaan stap tot in die volgende lewe en natuurlik die aande se geselskap saam met oubaas Dirkas om ‘n kykvuurtjie met ‘n kitaar in die hand en die natuurlike samesyn wat net ‘n sisselende stukkie T-been kan verskaf. Nou vra jy my hoekom verlang ek so na Suid Afrika!? Waar in Engeland kan jy in die winter nog steeds tot 12 landy3uur lekker snoesig onder ‘n Lapa spandeer en die reuk van die bos om jou he met net so af en toe ‘n geurtjie wat deurslaan van die rooster af. Wissel dit dan met die klank van vingers oor die snare en ‘n diep stem wat sing van die mooiste Karoo.

Nee wat, my kaartjie is geboek. SA se poeier vir die xenifobiese, rassistiese kriminele samehang vat nie aan die drek wat in Europa rondloop nie en diepste donker Afrika se geheime blus die vure soos gister aand se hardekool as op die hert. Die gras is groener aan die ander kant maar die sny-wurms is vetter want daar is net meer geld vir kunsmus om die verrotting weg te steek vir die oog…..

huis Ek lees van ‘n oubaas wat versmoor is in sy huis vir ‘n selfoon in Suid Afrika en ek lees van ‘n 12 jarige seuntjie wat in sy bed geskiet is vir wat klaarblyklik “gang warfare” is in Engeland. WTF?? Alles in dieselfde week. Wat van die Suid Afrikaner wat doodgeslaan is in die kroeg in Sydney. Net omdat hy wou keer dat een of ander eilander nie met sy meisie moet lol nie..

Maak nie saak waar jy is in die wereld nie. As jy jouself expose gaan die ongeluk jou tref. (’n statement wat baie mee verkeerd gaan sit seker..) Hoe dit ook al sy, SA bied vir my meer as Europa op die stadium so ek en mammie kom terug van Julie tot Desember en van daar af sal ons ‘n besluit maak of dit Australie, Suid Afrika of Europa gaan wees…..

24 Responses
  1. demoerin :

    Date: June 11, 2008 @ 12:11 pm

    My maggies, ons was al halfpad met die begrafnis reëlings. Waar wat jy sê, jy moet gaan waar jy die tuiste voel, no matter what the situation.’n Mens se geluk is wat tel!

  2. Pikkelik :

    Date: June 11, 2008 @ 6:28 pm

    Welkom terug op die blog en bly om te hoor jy dink SA is nog orraait! Maar daar is darem niks lekkerder as die Bosveld nie…

  3. Rustig :

    Date: June 11, 2008 @ 7:09 pm

    Welkom! Is maar goed ek het nie begrafnis krans met plastiek blomme gekoop nie. Nou het ek darem geld vir die naweek dop!

  4. Jasper :

    Date: June 11, 2008 @ 8:01 pm

    Ja nee…
    EK is bly julle het die begrafnis ding half kort geknip. Netnou het die asbooi ook dalk verniet ‘n traan geknip :lol:

  5. Nikita :

    Date: June 11, 2008 @ 8:10 pm

    Jasper…wat jy se is WAAR! Net vanaand se nuus op die TV, van wat in Italie se hospitale aangaan…het my laat se…”WAT, hierdie ouens is EERSTE WERELD!! en met hierdie nuus, begin ek dink die ouens “hierdie kant” is DERDE wereld..VERBY!! mapstieks…dis ook nie die eerste keer dat iets op die tv kom en ek nie kan glo dat sulke dinge in ‘n “eerste” wereld land gebeur nie! Terloops…op die USA…Goverment website…LW!!! word SA as ‘n EERSTE wereld land genoem!! hahaha..dis wat ek al in 2001 gese het toe ons in Engeland gekom het (ons eerste keer) en hier geen, maar geen!! …internet-bankdienste was nie! hallo!! toe het ons al ‘n klompie jare AL ons sake via die internet gedoen…rekeninge betaal…ens ens ens… die perdry-stalle waar ons kinders perdgery het het ons BAIE skeef aangekyk toe ons vir hulle se ons sal hulle betaal via die internet..se toe agterna vir ons dat hulle het gedink ons weet van iets waarvan hulle nie weet nie…ag, ek kan nog meer bylas, maar ek dink jy weet waarvan ek praat… pragtige foto’s, btw!

  6. Jasper :

    Date: June 11, 2008 @ 8:23 pm

    Nikita, praat jy nou groot waarheid
    Ek wonder hoeveel mense in SA weet dat die konsep vir “broadband” in SA ontwikkel is. As dit nie was vir Telkom se monopolie nie, was SA seker ver voor al die ander. Min mense weet ook dat 2 van die wereld se grootste rekenaar handelaars (Naamlik Mecer en Acer) ook op Suid Afrikaanse grond begin is deur 2 Indier boeties van Laudium.

    Dan praat ek nie eens van myself wat in SA hospitale gewerk het en toe in die UK in een van die “deftigste” staatshospitale kom arbei het nie. Dit het gevoel of ek in Baragwanath se gange rondloop.

    Ek weier volstrek om my voete in een van die hospitale hier te sit en dit was ‘n groot geveg met vroulief oor die kraam ding want daar is nie privaat inrigtings vir swanger vrouens in die UK nie. EK wou gehad het alles moet in SA gebeur want ten minste is die privaat hospitale skoner.

    SA is defnitief nie agter nie….

  7. Wipneus :

    Date: June 11, 2008 @ 9:33 pm

    Uiteindelik!!! Ons was al moeg gewag.

    Lekker om jou terug te hê.

  8. Nikita :

    Date: June 11, 2008 @ 9:36 pm

    hi Jasper…familie van ons hier…is verlede jaar terug…na 4 jaar hier..en hul baba is hier gebore…met komplikasies vir haar! sy is spesiaal SA toe om daar vir ‘n ander operasie te gaan vir ‘n regstellende operasie, hulle het hier lelik opgesnork met haar…

  9. Wipneus :

    Date: June 11, 2008 @ 9:41 pm

    Nikita verjaar vandag!!!!

  10. Meermin :

    Date: June 12, 2008 @ 6:21 am

    DRC - ek het ook iemand geken wat daar gewerk het tot nou onlangs, en toe verdwyn die man van die aardbol af!!

  11. Rene Boshoff :

    Date: June 12, 2008 @ 1:04 pm

    (((((((((Jasssieeeee))))))))! Welkom terug!

    Ek het jou gemis!!

  12. Jasper :

    Date: June 12, 2008 @ 3:38 pm

    Dankie bokkie
    Dis lekker om weer met julle te gesels :D

  13. Die week in ‘n neutedop…. « Demoerin’s Klasak :

    Date: June 13, 2008 @ 6:07 am

    [...] nuwe post is nie. So word mense dan ook seker maar siek, soos Meermin, of verswelg deur donker Afrika vir ‘n rukkie. Daar is dan ook die wat verdwyn vir ‘n rukkie, en terug is om te sê [...]

  14. Rosalind Franlin :

    Date: June 17, 2008 @ 2:37 pm

    Dankie dankie. Ek al op ‘n paar blogs in ander woorde, maar dit kom op dieselfde neer, ook gese “as jy jouself expose gaan die ongeluk jou tref”.

    en dit het nie te goed afgegaan nie..

    ek stem 200%.

    die bewese statistiek (daar kom elke jaar ‘n mortality report uit) is dat 2/3 van mense wat moor is dronk en 50% van die slaggoffers is ook. dit se baie.

  15. boendoe :

    Date: June 19, 2008 @ 7:15 pm

    Welkom terug, Jasper. Goed om jou weer te lees!
    Dis vir my baie interessant dat julle daaraan dink om terug te kom. Ek gaan die volgende paar maande ‘n oor op die grond hou. Ek kan nie wag om uit te vind wat julle gaan besluit nie!

  16. cars :

    Date: May 14, 2013 @ 9:46 pm

    Car shopping can be very time consuming. There are plenty of cars you can look at, as well
    as a handful of factors to consider. You need to make sure you are
    aware of what you need to make it a better experience. Consider the following helpful advice for making things easier on you.

  17. Qr.net :

    Date: September 4, 2014 @ 1:48 am

    It’s a shame you don’t have a donate button! I’d definitsly donate to this fantastic blog!
    I suppose for now i’ll settle for book-marking annd adding your RSS feed to my
    Google account. I look forward to fresh updates and will talk aboiut this website with my Facebook group.

    Chat soon!

    Stop by my webpage; rrestaurants on aviation blvd near lax (Qr.net)

  18. search optimisation techniques :

    Date: September 5, 2014 @ 4:06 pm

    Awesome post.

    my page - search optimisation techniques

  19. Glenna :

    Date: September 9, 2014 @ 7:18 pm

    Good day! This is my 1st comment here so I just wantdd
    to give a quick shout out and tell you I truly enjoy reading your posts.
    Can you recommend any other blogs/websites/forums
    that deal with the same subjects? Many thanks!

    my blog :: web pazge - Glenna,

  20. search engine optimization metrics :

    Date: September 13, 2014 @ 8:52 pm

    Nice post. I was checking continuously this blog aand I am impressed!

    Extremely helpful info specifically thhe last part :) I care for such info much.
    I was looking for this particular info for a very long
    time. Thank you and good luck.

    my web-site search engine optimization metrics

  21. Edythe :

    Date: September 19, 2014 @ 4:48 pm

    Hey I know this is off topic bbut I was wondering if you knew of any
    widgets I could add tto my blog that automatically tweet my newest twitter updates.
    I’ve been looking for a plug-in like this for quite some time aand wwas
    hoping maybe you would have some experdience with something like this.

    Please let mme know if you run into anything. I truly enjoy reading your blg and I look forward to youur new updates.

    Here is my site; autoaccidentelsegundo.wordpress.com (Edythe)

  22. unintentional weight loss and cancer :

    Date: December 13, 2015 @ 11:45 pm

    Nero linguistic programming or NLP may one of the most
    natural and organic means mainly because it mainly concerns regarding
    the habits of the person as opposed to needing to take any supplements.
    Internal motivation is linked to neurological
    circuitry inside the left prefrontal lobe; the sentiments of accomplishment, passion for
    work, excitement in our day all url to the left prefrontal cortex.
    It will need around 7-10 days to perform a cleanse
    and results can start to become noticed within the first three days.

  23. Chloe :

    Date: January 21, 2016 @ 6:46 pm

    Very well written information. It will be useful to anyone
    who utilizes it, including me. Keep doing what you’re doing
    - for sure I will check out more posts.

    Feel free to visit my site - long term house
    sitter [Chloe]

  24. Sammy :

    Date: September 4, 2017 @ 6:37 am

    great points altogether, you simply received a logo new reader.
    What would you recommend in regards to your put up that you made some days ago?
    Any positive?

Leave a Comment

Your comment

You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.