‘n Somersaand in die bosveld

12:56 pm Jasper se Digkuns

,,,,

Met die oudag as die son sag
deur die bosveld bome hang
En die krieke jou vermaak
met skrille sang

Steek jy straks ‘n kykvuur
met ‘n tonteldosie aan
dan
wag jy rustig
en jou hart ontspan

Iewers met die kronkelpaadjie
kom ‘n ou vriend aan
die donker stap so
stilletjies ook saam

Op ‘n ou stomp sit ou Pieta
met ‘n bekfluit in die hand
en die vlamme skiet
drogbeelde deur die aand

Vandag se spoke sluimer
soos die rooiwyn in jou glas

vergete is wat kom
en dit wat was

 


24 Responses
  1. Gert Gariep :

    Date: January 14, 2008 @ 5:50 pm

    *Sug*
    Ai, ek sou wat wou gee om nou in die bosveld langs ‘n vuurtjie te sit met ‘n rooiwyntjie in die hand.

  2. Justjane :

    Date: January 14, 2008 @ 5:52 pm

    Wens ek nou ek is op my tannie se plaas in die Waterberge. (ek sal settle vir langs ‘n braaier op my eie grasperk ook - beggars can’t be choosers)

  3. Roer :

    Date: January 14, 2008 @ 7:13 pm

    Ek ook Gert. Ek ook. Jasper, pragtige beskrywing, soos altyd. Jy mag maar.

  4. TristonJ :

    Date: January 14, 2008 @ 7:33 pm

    ai tog laat dit my nou verlang na bonfires en opgemaakte stories…

  5. Nikita :

    Date: January 15, 2008 @ 12:42 am

    Baie mooi… laat mens verlang na die bosveld!

  6. Sharks :

    Date: January 15, 2008 @ 5:19 am

    Dit sou darem maar heerlik gewees het onder ‘n ou groot boom met die geluide van die bos om jou, ‘n vuurtjie wat brand en ‘n glasie lekker wyn, ons mense loose so baie uit!!

  7. Zee :

    Date: January 15, 2008 @ 5:51 am

    Jasper, soos gewoonlik, mooi! Laat my terug dink aan my skool kampe toe ons so langs die vuur gesit het met ‘n beskuitjie in die hand.
    Ek wou se dis ‘n nuwe look en ek dink dis stunning!

  8. Skoenlapr :

    Date: January 15, 2008 @ 6:35 am

    Ek het nie beelde van die Bosveld wat in my geheue ingebrand is nie … maar wel toe ons op my oom-hulle se wingerd(rosyne) plaas in Keimoes onder die groot kameeldoringboom gesit het, vuurtjie gemaak het en probeer het om die groot peule(sade) van die kameeldoring oop te breek. Wonderlike tye …

    Pragtig geskryf!

  9. Rene Boshoff :

    Date: January 15, 2008 @ 6:48 am

    Ai, hoe verlang ek nou!

  10. Dellie :

    Date: January 15, 2008 @ 9:09 am

    Dis baie nice. Laat my verlang na aande om die kampvuur in Namibië … en daai liedjie - ? As ek saans met my maats om die kampvuur sit…?

  11. Dellie :

    Date: January 15, 2008 @ 9:10 am

    Dis baie nice. Laat my verlang na aande om die kampvuur in Namibië … en daai liedjie - As ek saans met my maats om die kampvuur sit…

  12. Jasper :

    Date: January 15, 2008 @ 9:55 am

    Julle almal laat my nou ook weer lekker verlang. Volgende week is ek darm in SA en die draai in die bosveld is klaar gereel….

  13. Piet Planter :

    Date: January 15, 2008 @ 11:47 am

    Knap, ou vriend, baie nice gedig!
    ‘n Kaggel vir julle, ‘n halwe droom
    ‘n vuur vir my ,korttermyn kortisoon.

    Waar is die ponde waar is die geld
    Geen rande ,duur petrol pennies
    …………….. in die veld.

    Ek maak solank hout bymekaar, sien jou waar die son sak! Piet

  14. Jasper :

    Date: January 15, 2008 @ 2:51 pm

    Jis ou Pieta!!
    (I feel blessed)
    Kom gooi jy wraggies toe draai op die blog by ‘n gedig wat juis oor kuiertyd saam met jou gaan….

    Welkom!!

    Jy sal moet plan sien met jou webtuiste sodat almal jou mooi woorde kan ervaar! Sien jou volgende week!!

  15. Frans :

    Date: January 16, 2008 @ 7:08 am

    Moet sê ek is nogal heel beindruk met die liedjies en gedigte.Hoop ons sien jou die keer as jy SA toe kom!

  16. Jasper :

    Date: January 16, 2008 @ 10:08 am

    jis boeta

    Welkom by die site. Bly jy hou daarvan. Ek sal verseker by julle draai maak.
    groete

  17. Piet Planter :

    Date: January 16, 2008 @ 12:15 pm

    Coel Bananas
    I like a coconuts, you like Bananas
    lets get together …

    Dan sien ons! Great gedigte !
    respek..

  18. Jasper :

    Date: January 16, 2008 @ 6:01 pm

    Jis ou Pieta
    kan nie wag nie….
    Lekker kykvuur, kitaar en sonsak

    Het jy al die hout aangesleep Aardwolf toe??

  19. ok :

    Date: September 25, 2008 @ 8:40 am

    good site gxuspi

  20. Geld Verdienen :

    Date: January 16, 2017 @ 12:50 pm

    Hello mates, how is everything, and what you want to say regarding this article, in my
    view its genuinely amazing designed for me.

  21. car loans :

    Date: September 5, 2017 @ 9:28 pm

    It’s actually a cool and helpful piece of information. I am satisfied that you simply shared this helpful information with us.
    Please keep us informed like this. Thank you for sharing.

  22. rock climbing melbourne :

    Date: January 28, 2018 @ 9:34 am

    Hi every one, here every one is sharing these kinds of knowledge, thus it’s pleasant to read this blog, and I used to go to see this
    webpage all the time.

  23. 1/2 Price Pro Calgary Painting :

    Date: February 3, 2018 @ 5:07 am

    I’ve been browsing online more than eight hours today for 1/2 Price Pro
    Calgary Painting & Jasper se Griffelgids > Blog Archive > `n Somersaand in die bosveld, yet I never found
    any interesting article like yours. It’s pretty worth enough for
    me. In my opinion, if all web owners and bloggers made good content as you did, the web will be much more useful than ever before.

  24. ???????????? ?????? :

    Date: March 1, 2018 @ 2:26 am

    Your style is very unique compared to other people I’ve read stuff from.
    Thank you for posting when you have the opportunity, Guess
    I will just bookmark this web site.

Leave a Comment

Your comment

You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.