Die Online Shop

4:43 am Algemeen

sa-shopEk is half in my skik met my web projekkie so ver. Die SA-shop is so te se amper klaar en  daar is al so paar toets produkte gelaai. So far so good soos die ingilsman sal sê en vir die van julle wat die spul dophou kan ek net se dankie… Ek loer so elke nou en dan op die “My Blog Log” statistiek om te kyk hoeveel van die uitgaande klicks hardloop na die projek tuistes toe en ek was nogals vebaas om te sien daar is elke dag sowat 20 of wat lesers wat gaan ogie gooi daar. Ek is ook vir nou eers klaar met die kosmetiese gedeelte van die sa-shop en sal hopelik binne die volgende week of wat die url skuif na sy eie server toe en teen die einde van Junie behoort die spul aan lyn te wees. As julle iewers in die UK verkeer kan julle maar ‘n pakkie chips of 2 daar gaan koop. ;)

Volgende op die lys sal die relocations tuiste wees en as hy klaar is wil ek die “classifieds” tuiste tackle. die forum moet maar wag tot laaste. Agter os kom ook in die kraal en so…

EK het gister verneem dat my trippie DRC toe geboek is tussen die 22ste en 31ste Mei, so as ek effens stil is gedurende die tydjie sal julle ten minste weet hoekom. Leeglê kom mos elke nou en dan op ‘n einde dan moet daar weer gewerkskaf word om die pot aan die kook te hou. Dit is hoe dinge werk loop die storie deur die druiwe prieel of so lui die storie as my geheu mooi onthou… :?

Maar vir eers, geniet die naweek….

25 Responses
  1. Pikkelik se Blik :

    Date: May 16, 2008 @ 8:37 am

    Indrukwekkend… Lekker naweek!

  2. Rustig :

    Date: May 16, 2008 @ 10:54 am

    Wat van my wat in Ierland bly? Ek hou ook van Simba Chips!

  3. Nikita :

    Date: May 16, 2008 @ 9:21 pm

    Dit lyk nogal indrukwekkend op daardie screenshot van jou…sal eersdaags inloer! Meen dit jy is teen die 31ste terug? ….. my skaakstel….lol!

  4. Wipneus :

    Date: May 19, 2008 @ 7:40 am

    My vriende en familie gaan nou lekker kan eet daar in die UK…

  5. Meermin :

    Date: May 19, 2008 @ 1:29 pm

    Lekker Maandag middag verder! Ons is vandag so toe onder die werk, ek lees nou skelm so paar blogs en los so hier en daar ‘n comment!!

  6. Die Wolf :

    Date: May 20, 2008 @ 3:15 pm

    Ek hoop die £1.76 vir die Simba chips is vir die groot pak??

  7. Nikita :

    Date: May 20, 2008 @ 9:40 pm

    hi Jasper…ek het gaan inloer en dit lyk nogal na ‘n baie netjiese projekkie…geluk!

  8. Tersia :

    Date: May 24, 2008 @ 7:13 am

    Pragtig! Geluk! Geniet die naweek!

  9. Meermin :

    Date: May 26, 2008 @ 6:08 am

    DIE NAWEEK WAS TE KOUD GEWEES OM DIT TE KON GENIET, HET GISTER HELFDE VAN DIE DAG GELè ONDER BAIE KOMBERSE DIE EEN CD NA DIE ANDER GELè EN LUISTER EN NET SO AF EN TOE MY NEUS BY DIE DEUR UITGESTEEK! VANOGGEND WAS EK NET MOOI NIKS LUS GEWEES VIR OPSTAAN NIE, HET DAN SO LEKKER GELè EN BROEI ONDER AL DAAI KOMBERSE, DIE GOED WAS SO SWAAR EK KON SKAARS OMDRAAI!

  10. Zee :

    Date: May 26, 2008 @ 8:25 am

    Sjoe Jasper, maar jy wikkel omtrent.

    Dankie ook vir al die “freebie” skakels wat jy so nou en dan vir ons gee!

  11. Pikkelik se Blik :

    Date: May 26, 2008 @ 11:18 am

    Jasper willie bloggie….

  12. boendoe :

    Date: May 26, 2008 @ 11:57 am

    Hi Jasper, sien toevallig by Roer jy het verjaar onlangs? Die 23e? Baie geluk!

  13. Rustig :

    Date: May 26, 2008 @ 8:10 pm

    Pikkelik: Jasper is seker besig in sy “corner shop”.

  14. Meermin :

    Date: May 27, 2008 @ 5:33 am

    Jasper hallo willie jy nie meer bloggie waar jy? Dit was alweer naweek, dit was al gister en dit is vandag Dinsdag, koud en baie nat!!

  15. Rustig :

    Date: May 27, 2008 @ 10:49 am

    Hello, Jasper! Kan jy my hoor!
    Earth calling Jasper!

  16. Ousus :

    Date: May 27, 2008 @ 8:18 pm

    Sjoe broer, wat gaan aan? Het nou al paar keer ingeloer, maar niks kook nie!

  17. Pikkelik se Blik :

    Date: May 28, 2008 @ 9:53 am

    Oi, oi, Jasper!!!!!!!!!

  18. Meermin :

    Date: May 29, 2008 @ 7:43 am

    Japer yelo yello wat het geword van jou? SO BESIG MET JOU ONLINE SHOP dat jy nie wil blog nie??? KNOCK KNOCK WHERE IS JASPER?

  19. Wipneus :

    Date: June 1, 2008 @ 9:26 am

    Jasper dit was gister die 31ste, ons wag almal vir jou. :lol:

  20. Rustig :

    Date: June 2, 2008 @ 7:31 pm

    Jasper se winkel is al vir meer as week toe.

  21. Wipneus :

    Date: June 2, 2008 @ 8:25 pm

    Nou wat nou…..huh? Wil jy nie meer met ons gesels nie? Het jy dalk die vliegtuig verpas?

  22. Nikita :

    Date: June 2, 2008 @ 9:56 pm

    …er….hum….;)

  23. Meermin :

    Date: June 3, 2008 @ 11:05 am

    of vroulief hou jou baie besig of jou baba’tjie is nie lekker nie of jou online shop is so sukses dat jy nie meer williebloggie!! Of jy is gatvol vir blogs en blogdinge en en of of!! MAY DAY MAY DAY PAY DAY PAY DAY KOM IN KOM IN HOOR WILLIEWERKIE OF WILLIE HY NIE HOORNIE!!

  24. get download :

    Date: November 19, 2014 @ 1:40 am

    I believe this web site has some real superb information for everyone. “Variety is the soul of pleasure.” by Aphra Behn.

  25. get download :

    Date: November 19, 2014 @ 2:20 am

    I like this post, enjoyed this one thank you for putting up. “Fear not for the future, weep not for the past.” by Percy Bysshe Shelley.

Leave a Comment

Your comment

You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.