Gratis registry cleaner

6:28 am rekenaars

Ek koop die anderdag vir my ‘n nuwe printer. Alles in een super duper Hewlett Packard wat tot my ontbyt kan bou. Hmmmm…. Nou vir die sagteware om die ding te kan dryf. Glo my, Hewlett packard sagteware is regtig kakka. Dit gebruik amper die helfte van ‘n skootrekenaar se ram en laai ‘n ongelooflike lot strooi wat jy seker nooit sal gebruik nie.

Hoekom daar nie ‘n opsie “menu” is sodat jy kan kies watter van die onbesonne goed jy wil hê nie, gaan my verstand te bowe. Hoekom wil ek ‘n “photo editing suite” hê as ek reeds een het waarmee ek handig genoeg is. Hoekom wil ek ‘n “file explorer” he as vista een ingebou het wat goed genoeg werk. Hoekom wil ek ‘n “photo gallery” hê as vista se ingeboude gallery myle beter is :? hp_printer

Hier is dit nou waar die pampoen die fan tref. Jy het nie ‘n keuse nie. HP laai die goed of jy nou wil of nie en dan maak hulle jou om alles te loop registreer (Anders help ons jou nie as jy sukkel nie….) Nee boys komaan. Microsoft het fines betaal vir die klas van houding. God dank julle hoofkantoor is in die midde ooste nê!

Maar… Maar….
Julle het gedink julle kan vir Jasper flous nê. Uh Uh nee. Ek het die hele program gelaai en toe sommer die volgende gratis programmetjie van die net afgelaai en al julle strond gesnipper en dit suutjies op die ashoop van hel loop gooi waar julle dit nooit sal kry nie. Sommer terselfdertyd die 8421 register inskrywings wat julle gedink het iewers mooi weggesteek op my rekenaar gaan lê en hom hulpeloos te stadig gaan maak vir my om ooit iets lelik van julle te skryf ook “delete” en net die drywers vir die simpel printertjie gehou.

Nou het ek ‘n “top of the range” printer met niks van julle twak programmatuur nie.

Vir die van julle wat wil weet waar om die gratis programmetjie te kry wat al die gemors van jou rekenaar afhaal en hom weer laat werk soos die dag toe jy hom gekoop het,

Laai hom hier af. C-Cleaner

link3

16 Responses
  1. Rustig :

    Date: May 14, 2008 @ 7:35 am

    Ek is groot HP fan. Veral rekenaars, maar moet saam stem met jou oor hulle onnodige sagteware. Jaco, ek is seker maar te skepties, ek glo nie sommer aan freebies nie. Ek gebruik so paar, maar wanneer dit kom by “Utilites” dan koop ek maar die ware Jakob.
    Like jou printer.

  2. Pikkelik se Blik :

    Date: May 14, 2008 @ 8:10 am

    Wel ek vir een gaan beslis hierdie een probeer…

  3. NetJane :

    Date: May 14, 2008 @ 8:16 am

    “Ashoop van die hel” - Jasper jy sê darem ‘n ding mooi! Sal bietjie kyk na die program, ons het ook so printer wat amper ontbyt kan maak van HP.

  4. Johan Swarts :

    Date: May 14, 2008 @ 10:10 am

    janee, ek gebruik hom ook. cCleaner is ‘n godsend.

  5. Johan Swarts :

    Date: May 14, 2008 @ 10:11 am

    (rustig - trust us, ccleaner is nie ‘n swak freebie nie. dis ‘n baie goeie stuk sagteware.)

  6. Meermin :

    Date: May 14, 2008 @ 10:30 am

    sal dit net vanaand gaan download want my pc by die huis is vrek stadig!!

  7. demoerin :

    Date: May 14, 2008 @ 10:49 am

    Gebruik ook CCleaner. Werk soos ‘n bom. En soos jy sê, hoekom moet ons al die crap saamkry as jy ‘n printer wil laat print?

  8. Wipneus :

    Date: May 14, 2008 @ 11:16 am

    Gebruik ook CCleaner…

  9. Nikita :

    Date: May 14, 2008 @ 11:54 am

    Dankie, Jasper…sal hom definitief aflaai! en HP het gedurig updates…ek dink nie mens het al daardie updates nodig nie…ek se al die afgelope paar dae vir ‘n update…cancel….net om hom weer te kry…vanoggend weer cancel gese…’n regte pyn…

  10. Johan de Vries :

    Date: May 14, 2008 @ 12:07 pm

    As jy die software laai, dink ek kan jy dit onder advance options ingaan, en besluit wat jy wil laai. Ek het n HP ook saam met my Mac gekry, en net die OCR and die scan program self gelaai. Die ander goed het dit nie op die Mac op gemaak nie. (editing en albums …)

    As jy die software gelaai het, dan begin hulle jou pla met update, en allerhande ander k@k wat nie nodig is nie …. ook maar net n manier om nog van hulle programs op jou masjien te kry.

  11. Jasper :

    Date: May 14, 2008 @ 12:39 pm

    JdV, ek dink op die Mac het mens die opsie maar PC gebruikers het nie die opsie nie. Hy laai alles ;) of jy nou wil of nie…

    Soos Johan Swarts se, dit is ‘n fantastiese stukkie sagteware en alhoewel dit gratis is, beweeg dit op ‘n vlak met die res van die pakkette verkrygbaar soos PC doctor., Norton et al.

  12. Da Mario :

    Date: May 14, 2008 @ 3:24 pm

    Ek het nou nie eers ‘n clue waarvan julle praat nie. Mensig maar ek voel nou skoon agtergeblewe… :???:

  13. Da Mario :

    Date: May 14, 2008 @ 3:26 pm

    …mind you…
    Jy kon net sowel oor jou Audi se injector groote gepraat het of oor die cam profile van ‘n F1 enjin. Ek weet dis daar iewers binne ‘n engine, dit beteken net nie vreeslik baie vir my nie!! :lol:

  14. Rustig :

    Date: May 14, 2008 @ 7:59 pm

    Ek het ook die ou programmetjie afgelaai en heel beindruk. Symantec nie op my werf nie. Die ding vreet elke bietjie RAM wat jy het.

  15. Jasper :

    Date: May 14, 2008 @ 8:19 pm

    Rustig, jy sal nie spyt wees nie….

    DM, koop ‘n HP printer en jy sal vinnig agterkom wat CCleaner beteken :lol:

  16. Rosalind Franklin :

    Date: May 16, 2008 @ 2:11 pm

    Wat op aarde is dit waarvan praat julle. Ek sal so iets aflaai en my rekenaar so ophel na jou hel toe Jasper dat die moederbord se moeder afgevee is.

Leave a Comment

Your comment

You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.