One drink to rule them all

4:24 am Algemeen

Jasper is nie ‘n groot brandewyn drinker nie, maar as daar nou een afstammeling van die druif se sappie is waarmee hy sy pallette sal skoonhou na ‘n goeie aandete dan moet dit ‘n KWV 10 jaartjie wees. Vir ‘n kuier sessie is die 3 en die 5 heel aangenaam,maar die 10 bly die baas.

Net so skoon soos wafferse Franse Cognac. Groot boepens glasie en dies meer sorg vir ‘n gawe vervanging van die ou boererate wat praat van “lemon sorbet” om die kossies te laat sak.

Die Franse kan kom leer by die Suid Afrikaners as dit kom by goeie brandewyn….

12 Responses
  1. Pikkelik se Blik :

    Date: May 15, 2008 @ 7:36 am

    Whahaha, ek dink hier is ‘n paar mense wat my nou gaan skiet. Ek en my man drink gladnie, maar het ‘n versameling drank wat julle sal laat bloos. Ons het twee hiperaktiewe kinders en het die raad gekry om hulle in brandewynwater te bad. Dit werk, en ons maak gereeld ‘n botteltjie oop om in die badwater te gooi!!!!

  2. Rustig :

    Date: May 15, 2008 @ 8:32 am

    Stem Jasper. Gaan so klip in die bos gooi. Ek beskou mense wat 10 jaar en ouer brandewyne drink en coke bygooi, ongekultiveerd, selfs ys laat my sidder. Glo my al met my eie oë gesien.

  3. Rustig :

    Date: May 15, 2008 @ 8:41 am

    Ek moet self dit probeer. Hoop nie kinders drink die bad water nie.
    :lol:

  4. Wipneus :

    Date: May 15, 2008 @ 10:49 am

    Ek het nou net fyn slukkies begin drink aan my 10 jaartjie, maar toe stik ek toe ek sien Pikkie bad die kinders in my brandewyntjie…. :lol:

  5. Meermin :

    Date: May 15, 2008 @ 10:54 am

    ‘n Lekker yskoue FOUR COUSINS SWEET ROSè is baie lekker, maar eish as jy te veel van dit in het, is dit die fokken cousins se skuld!!

  6. boerinballingskap :

    Date: May 15, 2008 @ 12:48 pm

    Pikkelik, mens moenie met kos mors nie! As ek dit doen, sal ek die bad leegdrink en steeds vuil aan die slaap raak!
    Rustig, ek stem saam! Soos ek gese het, mens mors nie met kos nie!
    Meermin, hou verby - daai 4 nefies gee net hoofpyn.
    Jasper, ek stem ten volle saam met jou woorde. KWV 10 is bobaas! Ai…mens kry dit net nie hier nie!

  7. demoerin :

    Date: May 15, 2008 @ 1:44 pm

    Neee, jammer mense, maar kan nie die reuk, wat nog van die smaak hanteer nie! Eerder ‘n goeie wit/rooi wyn of Whiskiekie op eishhh. Of lekker koue Jose Cuervo…net nie brannas nie, ek gee nie om hoe oud dit is nie!

  8. Reisiger :

    Date: May 15, 2008 @ 5:21 pm

    Die liefie spot altyd en sê: Van die ligte wyne van die Kaap, is brandewyn die lekkerste!

  9. Jasper :

    Date: May 16, 2008 @ 4:07 am

    Nou het ek ‘n paar dinge geleer….

    As jy glad nie wil drink nie, bad dan daarin :?

    As jy tipsy wil raak, drink saam met jou nefies ;)

    As jy niks van hom hou nie, drink dan maar tequila :(

  10. Rosalind Franklin :

    Date: May 29, 2008 @ 4:39 am

    Mmm KWV 20 jr is nog beter, maar niks kom by ‘n opregte Franse konjak nie. Maar as dit by wyn kom staan ons nie terug nie.

  11. sonkind :

    Date: June 1, 2008 @ 5:58 pm

    Ek stem saam met Rosa, 20 jaar is DIE beste. Jy moet net laat weet as ek vir jou ‘n botteltjie kan organise, ek het ‘n inside contact :lol:
    :lol:

  12. skoor :

    Date: June 18, 2008 @ 9:08 am

    Stem Jasper.

    Maar van Rhyn maak ‘n 20 jaar, wat jou sak vreeslik hard ruk, en jou keel vreeslik vry as dit afglip.

    Maar as die Jack op is, dan is daar min wat by ‘n KWV10 op ys kan bo-bly om die draaie.

Leave a Comment

Your comment

You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.