Vir dit wat verlore is….

5:11 pm Jasper se Digkuns

Briefie vir Suid Afrika

Daar is ‘n plek waar
ek al my gedagtes herleef
en beelde van die lewe
voor my aangesig sweef
die verlange oor ‘n tyd
waar verbeelding
die wêreld vergeef

Dan dink ek weer
aan lank terug se kind wees
die kooperasie daar op Settlers
se kersfees
Met ‘n boek in die hand
wat ek agter die silo’s kon lees

Ja die verlede het so langsaam
ook agter gebly
Waar ek hier deur die vreemde
se strate ry
die kruispad verby soos die toekoms
deur die donker mis sny

deur onbekende tye verloor
ek alles wat die mens
in my hart wil hoor
want ‘n braambos kruip
onsamehangend oor
die ou land se spoor

My siel hunker erg na jou afrika
waar die mense aan jou suid punt
vir vrede vra
Kan die helde van ouds
weer jou skoonheid
aan die mensdom oordra

As die volk weer jou hartland
met liefde wil streel
Sal jy weer al jou diepste
geheime dalk deel
en kan my kinders
dan ook ongedeerd
in jou arms kom speel

16 Responses
  1. Nikita :

    Date: January 12, 2008 @ 10:25 pm

    BAIE mooi! Laat my sommer verlang!

  2. Vreemdeling :

    Date: January 12, 2008 @ 10:30 pm

    Vroeër het sy om-en-om jou gedans
    op die maat van dit wat uit jou siel gevloei het
    nou is daar
    een asem
    een hartklop
    een lied

  3. Vreemdeling :

    Date: January 12, 2008 @ 10:32 pm

    Ek weet nie hoekom ek deesdae so vrek moeg word nie,sukkel om te fokus

  4. Jasper :

    Date: January 13, 2008 @ 8:29 am

    Vreemdeling,

    mooi woorde dankie

    Ek het jou comment gered uit Akismet. Hopelik is jy nou nie meer “spam” nie. Welkom by die griffelgids.

  5. platterfuss :

    Date: January 13, 2008 @ 7:13 pm

    Jy maak mooi hier, ongelooflik so!

    Dalk tyd vir huistoe kom?

  6. Vreemdeling (Doringrosie) :

    Date: January 13, 2008 @ 9:01 pm

    Spore
    Ek het vandag die beginsels van hierdie pragtige (padkaart) gedig op myself toegepas, ? kring getrek en daarin my verlede en my hede neergelê. Daarna het ek terug gestaan en na my spore gekyk en besef; hierin lê baie lewenslesse opgesluit, die ‘seermaak dinge’ wens ek het nooit gebeur nie, ander is ek dankbaar oor.

    Ek gaan dit gebruik as bakens vir die toekoms om te verhoed dat ek weer die selfde foute herhaal. Gebrek aan ervaring, naïwiteit, onkunde, impulsiwiteit en selfgesentreerdheid was die hoof oorsake dat ek ander en myself te na gekom het. Hieroor is ek bitter jammer en ek besef dat ek dit nie ongedaan kan maak nie, ek kan slegs hoop dat diegene wat ek onnadenkend seer gemaak het, my kan vergewe.

  7. Jasper :

    Date: January 13, 2008 @ 9:43 pm

    Platty,
    Dit is verby tyd. Ek mis die sonland

  8. Jasper :

    Date: January 13, 2008 @ 9:50 pm

    Vreemdeling, ek weet nie hoekom die spambot jou comments die heel tyd vang nie…

    Daar is ‘n les vir almal te leer in hoe jy voel. Die foute van wel-eer…
    Soos as van ‘n sigaret. hoe sit jy dit terug? “jammer” maak nie alles reg nie. Dit is die leerskool waardeur ons almal moet gaan… (Die lewe soos ons hom ken en maak vir ons self)

  9. vreemdeling :

    Date: January 13, 2008 @ 11:27 pm

    Die regmaak hang van 2 dinge af; omverskoning vra en vergewensgesindheid, maar op sy beurt hang dit ook af of daar wedersydse eenderste waarde geheg word aan die ‘verhouding’ al is die verhouding nie klassifiseerbaar volgens gewone verstaanbaarheid en standaarde nie.

    Daar is net een kinkel-in-die kabel, in sekere gevalle is die beskuldige totaal bewus van oortreding of die aanklag wat teen hom/haar gemaak is?? Hy/sy is slegs bewus van die reaksie van die verontregte? Kommunikasie sal baie help om die probleem op te los.

  10. Zee :

    Date: January 14, 2008 @ 6:23 am

    Pragtig, ok, ek is mal oor gedigte maar suck in daai departement, probeer nou vir Klein Zee ene skryf vir sy 1ste verjaarsdag en lyk darem of ekke vorder, verbeel ek my of het jou site verander, anyway dis mooi!

  11. Jasper :

    Date: January 14, 2008 @ 2:07 pm

    Zee,
    Dankie.
    ;)
    Jy is doodreg. Dit is ‘n nuwe ontwerp. Ek hoop maar almal hou daarvan…

  12. Sharks :

    Date: January 15, 2008 @ 10:31 am

    Ai dit is pragtig!!

  13. boendoe :

    Date: January 16, 2008 @ 12:17 pm

    Jasper, laat jy hierie ou antie ‘n traan wegpink! Wat is dit met Afrika? Hoekom kry mens hom nie uit jou bloed nie?

  14. Jasper :

    Date: January 16, 2008 @ 5:59 pm

    Boendoe jong ek weet nie..
    Ek dink die grootbaas op die wit perd het dit in ons bene in getatoeër :lol:

  15. Spoelklippie :

    Date: January 25, 2008 @ 7:39 am

    Jasper jou website het so pas my dag opgehelder. Hoe mooi die verlange en hunkeringswoorde… Dit is brood vir my siel, daar is ander wat soos ek voel!
    Dankie!

  16. Nikita :

    Date: October 17, 2008 @ 7:47 pm

    Jasper!! Gaan lees Wayne Visser se email-boodskap wat ek op my “My poems-gedigte” bladsy gecopy het!! Ek smeek jou!! en kom “join” ons…met jou gedigte van Afrika/Suid-Afrika! Asseblief!

Leave a Comment

Your comment

You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.