RSS "icon" met Photoshop

8:16 am photoshop

rss_icon_download

Ek is nog steeds besig om te timmer en te werkskaf aan die webtuiste projek en die naweek het ek weer heelwat dingetjies en datjies aangevang. onder andere het ek joomla se vervelige ingeboude  sindikasie skakels probeer opkikker met die nuwe “web 2.0″ temas waaroor almal deesdae so gaande is.

Dit beteken natuurlik ‘n wulpse nommertjie met beligting van een of ander kant af wat lyk of dit op ‘n gladde oppervlakte staan met refleksie etc. Dit is rss_icon_download_2 eintlik heel eenvoudig om die goed te maak as jy eers photoshop het en as jy nou soos ek is kan jy vir ure jou tyd daarmee mors.

Natuurlik is daar oor die langtermyn ‘n plan daarmee, want ‘n stel “icons” deur die regte affiliasie kan vir tot $200 op die internet verkoop en dit is wat ek probeer poog. Een van my vrinne het ‘n stel van die goed gemaak asook ‘n stel “web 2.0″ “buttons” en sy verdienste vir laas maand was ‘n heel ordentlike $1400. rss_icon_download_3 Wil jy nou meer dink ek toe vir myself. Dit kan nie so moeilik wees nie en toe slaan ek gougou die outjie aan mekaar.

Natuurlik met die help van een of ander photoshop meester “tutorial” wat julle hier kan besigtig…..

Handy icons
nog ‘n “tutorial”
Mish se blog (Waar hierdie icon ontstaan het)

En hier is die oorspronklike photoshop file as julle dalk wil verbeter op my poging…

Download RSS Icon Version 1.0

Downloaded a total of 1062 times

8 Responses
  1. Meermin :

    Date: May 12, 2008 @ 9:29 am

    eish

  2. Rustig :

    Date: May 12, 2008 @ 11:30 am

    Genade! Ek dink ek sal maar die kospotte opsy skuif en begin moet web design doen. Ook Joomla probeer, maar my sin het sommer gou opgeraak. Selfs die manual uitgedruk. Na 6 liter toner en helfte van die knysna bos se hout was ek ook niks wyser nie. Ek glo as jy hom kan baasraak dan is werk hy nogal lekker.

  3. Pikkelik se Blik :

    Date: May 12, 2008 @ 12:24 pm

    Ag Jasper, jy confoes net my ou plat breintjie, van die goedjies weet ek minder as niks. Maar eish as jy kan geldmaak daaruit, go for it!!!! BTW - lekker week.

  4. Jasper :

    Date: May 12, 2008 @ 1:34 pm

    Rustig,
    Ek hou van Joomla want php is vinniger om op te dollie as asp. Dit het myself maar ‘n rukkie gevat om hom baas te raak, maar nou speel ek lekker.

    Pikkelik ;)
    EK sal later ‘n possie opsit wat verduidelik hoe om ‘n geldjie te verdien met doodnormale foto’s..

  5. Rustig :

    Date: May 12, 2008 @ 2:35 pm

    Jasper: As daar een ding is wat ek baie graag sal wil leer is dit php. Is op die oomblik besig met so “career change” idiee en Web Design is een van hulle. Sal later daaroor blog as ek besluit het wat en waar.

  6. Pikkelik se Blik :

    Date: May 12, 2008 @ 5:30 pm

    Dit sal nou voorwaar welkom wees… Ek meen ‘n geldjie is ALTYD welkom! Dankie

  7. Nikita :

    Date: May 12, 2008 @ 9:56 pm

    Jy praat my taal! wens ek het die TYD gehad… ;) dit lyk te “grand”…

  8. Silvia Odete Morani Massad :

    Date: September 1, 2017 @ 11:59 pm

    This excellent website certainly has all of the information and facts I
    wanted about this subject and didn’t know who to
    ask.

Leave a Comment

Your comment

You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.