‘n Web 2.0 "orb" met Photoshop

2:33 pm photoshop

orb Hierdie is nou vir as julle bietjie tyd het om met photoshop te speel. Agteroor sit, bier in die hand en vergeet van werk vir so 5 minute.

Dit is ‘n ossewa rit deur die branberg pas.

Die mannetjie spoel deur photoshop soos jy nie kan dink nie, maar die eindresultaat is “poignant”.

Hier is my eerste probeerslag. (’n volle 20 minute geneem om dit reg te kry ;) . Volg die skakel en doen jou photoshop ding en as jy klaar is, sit ‘n skekel op die “comments” laat ons kan pryse uitdeel vir die beste “orb”

Volg net die skakel en hou jou stoel vas. Hierdie ou maak uit van photoshop….

http://www.vimeo.com/937306?pg=embed&sec=937306

14 Responses
  1. Die Gestorwe Soldaat :

    Date: May 8, 2008 @ 2:46 pm

    Yummie! Ek’s in!

  2. NetJane :

    Date: May 8, 2008 @ 3:11 pm

    Ek vloek te veel as ek Gimp gebruik om dieselfde goed te doen, so ek sal maar kyk na julle show & tells…

  3. reisiger :

    Date: May 8, 2008 @ 5:55 pm

    Speel julle maar lekker, ek maak op hierdie stadium van die geveg nog net-net die basics van Photoshop uit! Ek gaan nog ‘n hele rukkie moet speel voor ek by julle is… ;-)

  4. Nikita :

    Date: May 8, 2008 @ 7:12 pm

    Ek sal dalk…groot miskien…dit probeer… dankie vir die link, dit lyk interessant…

  5. Meermin :

    Date: May 9, 2008 @ 6:25 am

    Dit sal ‘n jaar vat, dan het ek nog niks klaar nie!

  6. demoerin :

    Date: May 9, 2008 @ 8:11 am

    Ek sal ook maar na die show and tell kyk. Ek is bly daar is ander mense wat die tipe goedjies kan doen.

  7. Roer :

    Date: May 9, 2008 @ 6:09 pm

    5 Minute? 5 MINUTE?! Flip man, dit gaan my baie langer as dit vat. Ek sal dit moet los vir Sondagaand dv. Die naweek is vol bespreek. Ek kan nie hierdie uitdaging laat gaan nie. :evil:

  8. sonkind :

    Date: May 9, 2008 @ 8:22 pm

    Ek gaan ook probeer, but please be patient! :lol:

  9. Jasper :

    Date: May 11, 2008 @ 8:50 am

    Kom kom julle
    ek wag in spanning om te kyk hoe lyk julle “orbs” ;)

  10. Rustig :

    Date: May 11, 2008 @ 4:03 pm

    En waar dink julle ryk helle moet ek Euro900 kry om die program te koop? Of is daar ‘n pirate ding aan die gang hier?

  11. Jasper :

    Date: May 11, 2008 @ 4:17 pm

    Rustig, probeer Adobe CS3 master collection op bittorent…

    of google die volgende term
    “adobe master collection bittorent”

    Pasop net as jy ‘n vodacom broadband limiet het want die file is 3gig+ en hulle vra R4/meg as jy oor jou limiet gaan ;)

  12. Rustig :

    Date: May 12, 2008 @ 11:27 am

    Ek is in Ierland so my “cap” is groot en teen 6 mb spoed sal dit nie lank vat. Ek kou maar langtand aan die “seerower” sagteware. Hier by ons is hulle nogal geniepsig as hulle jou vang. Sal gaan loer.

  13. Jasper :

    Date: May 12, 2008 @ 1:37 pm

    Rustig, ek hoor wat jy se. Engeland is nie so rof daarop nie en ek praat dit ook nooit goed nie. EK gebruik self ‘n gekoopte CS3 pakket, maar sou glad nie omgee vir die res van die programme in die CS3 versameling nie… :D

  14. Jasper :

    Date: May 12, 2008 @ 2:51 pm

    Rustig, voor ek vergeet. Jy kan met gimp presies doen wat photoshop kan doen.

    Jy kan dit hier aflaai… (Dit is gratis en werk net soos photoshop)

    http://www.gimp.org/downloads/

Leave a Comment

Your comment

You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.