Om die tyd om te kry…

11:50 am Algemeen

Ek het vandag so klein projekkie begin (mos…)

Die idee is om 5 verskillende webtuistes te bou en dit dan te integreer en sodoende een globale "community porthole" te begin.

So wat het ‘n mens nodig om dit te begin:

1 x SA produkte verskaffer in Engeland. (Moet Suid Afrikaanse eienaars wees)    
1 x internationale verhuisings firma (Moet Suid Afrikaanse eienaars he en uit die UK werk)
1 x Huis verkoop en verhurings agentskap (Moet Suid Afrikaanse eienaars he)
1 x "classified ads" (ala gumtree)
1 x Forum (diskussie bord vir mense om my raad te gee en aanmerkings maak as ek sukkel ;)

Great, ek het nou al die mense wat die tuistes wil he gaan sien en almal se toestemming gekry en die webwerwe op die williewerkie server gelaai. Nou begin die bouery. As julle wil deelneem aan die projek, hetsy dit raad is of aktief wil help om die spul aan die gang te kry, of net uit die hoek uit ‘n bietjie wil koggel om my bietjie aan te vuur hiermee, julle is welkom. Stuur net ‘n e-pos.

Dan moet ek byvoeg, vir elke sent wat gespandeer word by een van hierdie tuistes verdien Jasper en die wat hom help 1%. Dit klink soos peanuts, maar R1,000,000.00 is R10,000.00 (En natuurlik is Gumtree na 5 jaar aan google verkoop vir ‘n redelike 6 figuur sommetjie…….)

Die tuistes is as volg….

http://estates.williewerkie.com
http://forum.williewerkie.com
http://relocations.williewerkie.com
http://sa-shop.williewerkie.com
http://classifieds.williewerkie.com

Die basiese tuiste is op elkeen gelaai. Die volgende is om die binnegoed bietjie te verander sodat elke tuiste doen wat hy moet doen. Vir die estate agent moet die gebruiker darm huisies kan sien met ‘n "google map" van waar die huisie nou eintlik is. Vir die sa-shop moet jy darm ietsie aanlyn kan koop soos ‘n chomp of ‘n stukkie biltong en vir die re-locations wil jy seker kan weet wat kos ‘n boks en ‘n stukkie bubble wrap en ook wat dit jou gaan kos om jou goedjies van Timbaktoe tot in Australie te stuur.

Sodra alles werk (En REG werk) gaan ek dit onder een "domain" integreer en begin sjielings verdien. (Ek hoop….)

O ja, dit is nie ‘n dag job nie dit is ‘n stokperdjie so alles gaan nie in een dag gebeur nie……. ;)

20 Responses
  1. NetJane :

    Date: April 26, 2008 @ 12:14 pm

    Sterkte! (Klink effe ingewikkeld vir my…)

  2. Jasper :

    Date: April 26, 2008 @ 12:41 pm

    Netjane,
    As jy met wordpress kan werk dan kan jy websites met Joomla bou. Glo my, dis maklik….

    Dit is net tydrowend

  3. Nikita :

    Date: April 26, 2008 @ 1:17 pm

    Dit klink na “besigheid”…;)) ek sal gaan inloer…uit nuuskierigheid… sterkte!

  4. Klei Lat :

    Date: April 26, 2008 @ 4:34 pm

    Ek like jou idee, het jy al gedink om versekering ook by die list te sit, ie kar, huis, bike en van ?

  5. Wipneus :

    Date: April 26, 2008 @ 5:18 pm

    So jy gaan ryk word?

    Sterkte!

  6. Jasper :

    Date: April 26, 2008 @ 5:22 pm

    Klei Lat, ek het daaraan gedink. Die ding met versekering is om dit reg te bemark en op die oomblik vra google astronomiese pryse vir die “keywords”. buiten dit kos die affliasie te veel met die groot instansies en hulle vereistes om te kwalifiseer vir ‘n “campaign” beteken dat jou huidige opset al klaar ten minste £10,000.00 plus per maand moet genereer.

    So dit sal bietjie moet wag…

    Wipneus, dis nog te vroeg :?
    Miskien so oor ‘n jaar of 2 jong. Die dinge vat mos mar tyd om te groei soos enige ander besigheid ;)

  7. Roer :

    Date: April 27, 2008 @ 6:32 am

    ‘n Baie goeie idee Jas. Sterkte met jou stokperdjie en ek hoop dit is winsgewend al dan nie dat dit ten minste vir jou plesier sal verskaf. As jy so in die aande moet op staan vir die ‘pajama drill’ kan jy maar net so wel voor die rekenaar sit en bietjie werk. ;-)

  8. boerinballingskap :

    Date: April 27, 2008 @ 6:40 am

    Lyk my jy WIL rerig nie WERK nie! ;)

  9. Riaan Oosthuysen :

    Date: April 27, 2008 @ 1:07 pm

    Dit klink baie interessant. Wat van ‘n prokureur wat die Transporte gaan doen.

  10. Riaan Oosthuysen :

    Date: April 27, 2008 @ 4:54 pm

  11. My Kop Op 'n Blok! :

    Date: April 27, 2008 @ 8:01 pm

    Dit lyk goed! Sit skakels daarnatoe in jou sidebar.

  12. Jasper :

    Date: April 28, 2008 @ 8:24 am

    Roer, dankie. ;)

    Bib,
    werk :? wat is dit? kan mens dit eet :lol:

    Riaan, ek is oop vir idees. Sal bietjie vroetel met die estate site.

    MyKopOp, Ek wil sommer ‘n progressie blad skep vir dit…..

  13. Zee :

    Date: April 28, 2008 @ 12:14 pm

    Nou kyk, as ek die tjomp en stukkie biltong gaan koop en jy die miljoene oor 2 jaar verdien, gaan jy darem ook by my kom kuier :)

    Jasper, ek hoop dit werk goed uit vir jou en dat jou geldjies binnekort sommer sal inrol!

  14. Rustig :

    Date: April 28, 2008 @ 2:55 pm

    Al wat jou vinnig gaan ryk maak op die internet is Viagra en adult sites.
    Jasper: Ek is maar “home web designer”. Het ook met Joomla probeer speel maar dit is regtig baie tyd rowend. Selfs die manual geprint maar niks wyser geword nie. Groot begeerte om php te kan doen.

  15. Jasper :

    Date: April 28, 2008 @ 3:26 pm

    Zee,
    dankie vir die wense.
    Sal my bes probeer ;)

    Rustig, ek speel al 3 jaar aan en af tussen php en asp.
    asp vertoon baie beter maar alles kos geld.
    Joomla met sy PHP basis is baie “flexible” en meeste komponente is nog gratis. Buiten dit is php heelwat makliker om mee te werk as asp…

    As jy sukkel met joomla moet jy maar vir my ‘n e-pos stuur. Dalk kan ek jou help…

  16. BB :

    Date: April 29, 2008 @ 5:57 am

    Grrrrrrreat idee!! Sterkte!!

  17. demoerin :

    Date: April 29, 2008 @ 7:17 am

    Ek willie-okkie-werkie. haha. Laat weet my as jy iemand nodig het om jou geld te tel.

  18. meermin :

    Date: April 29, 2008 @ 9:38 am

    STERKTE dit sal my kop beslis plat maak - ek gaan nou die winkels invaar!!

  19. Johan Swarts :

    Date: May 6, 2008 @ 12:12 am

    Awesome, ek hoop die projek groei soos ‘n magic boontjierank :-)

  20. Rosalind Franklin :

    Date: May 6, 2008 @ 3:24 pm

    wowie…en ek sit hier en sturf op die net.

Leave a Comment

Your comment

You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.