Vodacom die boef

11:28 am Algemeen

vodacom Kom ons begin…

Vodacom vir al hulle mag is net "level 8" BEE. Hulle kom soos ‘n boef in die nag en steel jou moela onder jou neus weg en slaan jou ‘n maand verder met die rekening.

Hoe nou vra jy, dit is maklik. Pretensieus is nie die woord nie. Koop jy vir jou ‘n "mobile broadband USB dongle" op kontrak by hulle en gaan ‘n bietjie oor die limiet.

Hy word nie afgesny nie, hulle stuur liewer vir jou ‘n rekening teen R4 / Meg. O ja, moenie dink as jy oor die limiet gaan betaal jy net gewone data rates nie. O nee, hulle boks jou ore met "analog voice rates". As jy hulle aanvat daar oor en vra vir "itemised billing" sodat jy kan uitvind hoekom jy skielik ‘n rekening van R16,000.00 kry as jy net 7gig se data afgelaai het dan het hulle te vertelle jy kan dit net kry as jy kom met ‘n hofaansoek. Ja jy het reg gelees, jy moet ‘n hofaansoek indien by hulle om ‘n volledige gedetailleerde staat te kry. Is dit nie sinies of sal ek liewer se tipies nie. Dit was my sus se storie nou die dag toe sy die klein verrassing in die pos kry.

Sleep Jasper toe mos SA toe en koop vir hom dieselfde ding sommer op "pay as you go". Geen probleem nie reken die verkoopspersoon, dit kos net R275 vir 2 gig (huh, het sus dan nou vir my gejok of is daar fout met Vodacom se rekening stelsel?

Kom ons kyk dan maar hoe werk dit reken ek en koop die ding. R1600 vir die "dongle" en R275 vir 2 gig. Lekker, stel hom in en kry hom aan die werk. 50 Meg en daar stop hy. Nou wat nou!? Ek bel Vodacom. Nee Meneer, Jy moet eers die Analog na data toe convert op die website of deur *111# op jou selfoon te skakel en dit dan om te sit in ‘n data bundle anders kos dit tussen R2 en R4 per Meg. Hoe nou?? Kom weer!? Ek het dan uitdruklik vir JULLE verkoopsagent gese ek soek 2 gig se DATA. Hoekom het hy dit dan nie gedoen of my ten minste gesê om dit te convert nie!?….

Jammer meneer maar dis nou maar so. Fienies en klaar! Jy sal weer R275 moet koop en dit dan verander na data toe.

WTF :?

Data is data. Hoekom die publiek openlik roof deur "voice rates" te vra as hulle data gebruik?? Dink ek so liggies by myselwers. "want hulle kan". Daar is mos nie ‘n beheer liggaam in SA wat die verbruikers beskerm nie en die wat dit eintlik moet doen druk ‘n stukkie groen lap in die gatsak en die verbruiker verloor in elk geval……

Iets gee my die idee ek en ousus is nie die enigste wat hierdie tipe verrassingkie gekry het nie……

6 Responses
  1. boerinballingskap :

    Date: April 25, 2008 @ 11:51 am

    Ai…ai! Internetgebruik in SA is so ‘n MISSION! En intussen maak ‘n hele paar mense lekker geld, ongeag die frustrasie van gebruikers!

  2. Wipneus :

    Date: April 25, 2008 @ 4:44 pm

    Dis nuus vir my, wat gaan hier aan…dankie Jasper, voor ek my paar sentjies ook verloor. Ons verbruikers verloor al die pad, en my beursie word al dunner…..

  3. sonkind :

    Date: April 25, 2008 @ 7:49 pm

    Ek het self ‘n stel afgetrap met ons liewe Vodacom. Ek het gereeld ‘n rekening gekry. waar ek kwansuis oor my cap limiet gegaan het. Toe wil ek my cap verbruik dophou en wil gaan registreer op vodacom4me.co.za en vind uit my simkaart nommer is reeds geregistreer. Deur Vodacom natuurlik. Bel hulle en vra my password. Nee, jammer, hulle kan dit op GEEN manier vir my gee nie, behalwe om dit na daardie simkaart (wat in die flippin modem is!) te sms nie. WTF! Toe gooi ek hulle op hellopeter.com en woeps waps word ek gebel en my password gegee. Hulle maak dan nou kwansuis vir my ‘n uitsondering. Ga!

    Wat hulle nie weet nie, is dat ek weer hulle gatte gaan brand, want volgens my cap was ek laas maand 125MB onder en hulle gooi my WEER met ‘n rekening wat sê ek het R3.46 se cap meer gebruik. Bid jou aan. Ek sien uit na hulle verduideliking!

  4. demoerin :

    Date: April 29, 2008 @ 7:14 am

    Ja, lekker word ons almal aan dei neuse rondgelei! Iemand moet vir al die sport-sponsorships betaal en dit kom definitief nie uit die bonus-budget uit nie!!

  5. Rustig :

    Date: May 1, 2008 @ 6:30 pm

    Ek het ook vir my “dongle dingetjie” gekoop toe ek in Jan 2008 in SA was. Sommer ook “pay as you go”. Gelukkig het die oulike meisie op Hermanus se Vodashop my sommer mooi gehelp en gewys hoe om jou “top up” na die data pakket oor te plaas. Ook sommer op die heilige Sondag vir my gehelp die ding aan die werk kry. So ek kan regtig nie klae nie. Is baie goedkoper op “pay as you go” as die kontrak. Jammer jy het so stel afgetrap. Kan ongelukkig niks lelik se.

  6. SimaJHanigan :

    Date: October 11, 2016 @ 9:25 am

    I am really inspired together with your writing skills as well as using the
    structure for your personal blog. Is it a paid topic or do you customize it your self?

    In any event keep up the nice quality writing, it’s uncommon to find out a nice blog similar to this one today..

    Feel free to surf to my webpage; SimaJHanigan

Leave a Comment

Your comment

You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.