Begrafplaas vir ‘n strydros

9:16 am Algemeen

025 Ek sit lankal en wonder wat het geword van die ou militere voertuie wat tydens die bosoorlog gbruik was. Met die goewerment en al sy dinge asook al die politieke polemiek wat daaruit spruit betreffende die weermag, is dit seker ‘n kwessie van "los die braksak vir die aasvoels".

Een van my vriende is heeltemaal gaande oor die topiek tot in so ‘n mate dat hy as stokperdjie elke jaar aan die internasionale "war & peace" skou in die suide van Engeland deelneem as deel van die "living history" uitstalling. Daarmee gepaard is daar natuurlik die poging om soveel memorabilia te versamel van die SA leer spesifiek gemik op die Angolese bos oorlog. Terwyl ek nou so lekker in SA gekuier het, het iemand te vertelle gehad dat die weermag deesdae alle ou voertuie verkoop….. Mos.

Jinne dink Jasper toe. Wat sal die prys vir ‘n ou buffel wees en wat sal dit kos om die 027 spulletjie in Engeland te kry vir Riekert se skou. So oor ‘n stukkie beeshaas met ‘n slukkie bier by Maaders Restaurant vertel Herman dat hy vir Januz Walluz se broer ken en dat die poolse oubaas al die ou voertuie opkoop en dit dan restoureer. Natuurlik is dit wat Jasper wil hoor en Herman stem in om hom en Tienie soontoe te neem om die oubaas te gaan raadpleeg oor kostes etc.

Op pad soontoe speel die naam Walluz in my kop oor waar en wanneer en die onthouding is toe natuurlik dat dit die knaap is wat vir ene Chris Hani die volgende lewe ingehelp het en nou lewenslank in die tjoekie met sy bas teen die muur loop. Elk geval, die besluit is toe om liefs nie die oubaas oor sy boet se doen en late uit te vra nie. Mens weet nie aldag hoe ‘n pool reageer oor die klas van ding nie.

011 Terug by die storie, die plekkie waar Herman ons heen smokkel is sowat van ‘n plot net noord van Pretoria en dit lyk soos ‘n ou militere museum waarvan die die staat vergeet het. Ou voertuie wat half nog in een stuk is staan voor die by die ingang, maar binne is dit een groot "salvage yard". Ou Buffels, Caspirs, ‘n klompie "caracens" en natuurlik ‘n miljuisend ou stukkende Samils. Vir ‘n knapie wat groot geword het 022duskant  Voortrekkerhoogte het hierdie nou wraggies ou herinneringe terug gebring. Die oubaas restoureer nou Samils en verkoop dit dan as "amper" nuwe trokke aan die hoogste bod. (R140,000.00 vir ‘n Samil 20 "voetstoots" en glad nie gerestoureer nie, nadat ‘n paar foon oproepe bevestig het dat oubaas Walluz net R10,000.00 vir hulle betaal het…..) Ek wou nou nie hardop vir hom se om in sy moer te vlieg nie. Daar gaan Riekert se geleentheid saam met die oubaas se gierigheid die drein af :( . Sorrie Riek, Ons het hom probeer oortuig dat hy beter gras moet begint rook want die goete wat hy gebruik is effens af…

26 Responses
  1. Nikita :

    Date: April 24, 2008 @ 9:47 am

    Dit sou nogal iets gewees het om dit op die skou te kon sien…
    en die oubaas het ook om ‘n geleentheid gesien! ;)

  2. Klei Lat :

    Date: April 24, 2008 @ 12:41 pm

    Enige Ratels 80’s tussen die trokke ? Sal my voortande gee om 1 van hulle hier op die M25 te ry in die middag as dit so bumper-aan-bumper staan (natuurlik n mortier of 2 ook te skiet so tussen in !)

  3. Jaco :

    Date: April 24, 2008 @ 2:26 pm

    Ek het al op daai plot rondgeloop met verlange in my ogies. Ek weet nie met wie ek gesels het nie, maar ek het vir die persoon gesê waar hy sy R160 000 se wrak van ‘n unimog kan indruk. Ek dink ek mag dalk ook iets genoem het van hulle rookgoed wat laf geword het.

  4. Jasper :

    Date: April 24, 2008 @ 3:28 pm

    Klei Lat,
    Ek dink ‘n Ratel 90 sal nog beter werk. Een van daardie outjies wat getoor is om projektiel rondtes te skiet…

    Jaco,
    Het jy met die oubaas met die “hoed” gepraat?

  5. Rosalind Franklin :

    Date: April 24, 2008 @ 3:49 pm

    Amazing….

    Ek sal nie omgee om een van daai geote te ry nie, dan sal niemand ooit weer op pad met my k@k soek of my afsny of vir my ligte flits en as hulle vir my ligte flits moet hulle ma net weet…..

  6. Jaco :

    Date: April 24, 2008 @ 4:02 pm

    Nee Jassie, dit was ‘n jonger kêrel. Vroeg veertig miskien, maar dit was al so 3 jaar gelede.

  7. Jasper :

    Date: April 24, 2008 @ 4:21 pm

    Rooskind, dan hoef jy nie te bekommer dat iemand jou gaan stamp nie. Hy ry of onderdeur of jy ry bo-oor hom :lol:

    Jaco, ek dink die keboedel is kop in een mus. Hulle gee sulke ketools pryse om ons daar weg te hou….

  8. Wipneus :

    Date: April 24, 2008 @ 4:46 pm

    hie hie manne en hulle wiele!! Hulle sê hoe ouer mans word hoe duurder die speelgoed maar soos dit vir my lyk soek hulle nie net duur speelgoed nie, maar skaars speelgoed! :lol:

  9. A3 :

    Date: April 24, 2008 @ 7:28 pm

    Baie interessant. My seun bly al die afgelope 8 jaar in Mozambiek. Hy was verbonde aan ‘n saagmeule langs die Limpopo.Hulle het vir die saagmeule ‘n Samil in SA gekoop, opgefieks en met ‘n helse gesukkel dit na Moz. geneem. (onthou dit is ‘n militere voertuig en van daar al die probleme met invoer permitte).
    Gedurende die vloed het die saagmeule weggespoel en die enigste ding wat oorgebly het was die Samil, wat hy gebruik het om mense na hoer land te ry. Hy het voor die water uit aanhou ry en nooit gestop nie. Gedurende hierdie proses het mans vroue en kinders dan opgeklim (ek weet nie hoe nie want as ek langs die ding staan en my hand uitstrek, raak ek nie eers aan die bak nie) en as hulle in die dorpie Macia afgelaai word was daar tussen 200 en 250 ELKE KEER

  10. A3 :

    Date: April 24, 2008 @ 7:34 pm

    Baie interessant. My seun bly al die afgelope 10 jaar in Mozambiek. Hy was verbonde aan ‘n saagmeule langs die Limpopo. Hulle het vir die saagmeule ‘n Samil in SA gekoop, opgefieks en met ‘n helse gesukkel dit na Moz. geneem. (onthou dit is ‘n militere voertuig en van daar al die probleme met invoer permitte).
    Gedurende die vloed het die saag-meule weggespoel en die enigste ding wat oorgebly het was die Samil, wat hy gebruik het om mense na hoer land te ry. Hy het voor die water uit aanhou ry en nooit gestop nie. Gedurende hierdie proses het mans vroue en kinders dan in die ry opgeklim (ek weet nie hoe nie want as ek langs die ding staan en my hand uitstrek, raak ek nie eers aan die bak nie) en as hulle in die dorpie Macia afgelaai word was daar tussen 200 en 250 ELKE KEER op die trok. Snaaks wat adrenalien aan ‘n mens kan doen.

    Nouja, jammer om te se die trok bestaan nie meer nie, want met al die mishandeling gedurende die vloed het hy ook die gees gegee.

    Daai ou in PTA wat die goed so duur verkoop kan gerus iets doen om die ou reuse te gebruik om ander te help.

  11. A3 :

    Date: April 24, 2008 @ 7:37 pm

    Verskoon maar die bollie met die eerste comment. Moes eers redigeer en toe foeter ek als op. Is nog maar onnosel en weet nie hoe om dit te delete nie.

  12. platterfuss :

    Date: April 25, 2008 @ 6:53 am

    *sug* Kan doen met enetjie myself…. Kan nogals ‘n paar ‘probleempies’ op die pad uitwis! HEHE!!!

  13. Zee :

    Date: April 25, 2008 @ 7:15 am

    Lol A3 moedertjie!

    Jasper, hier naby ons in Benoni is ook so ‘n begrafplaas! Ek weet elke keer as my oom hulle van USA af kom moet ons daar gaan draai want sy seun soek net ‘n Caspir om oor te vat, en ek is seker sodra die prys reg is gaan daar ene oor die water gevat word!

  14. Meermin :

    Date: April 25, 2008 @ 11:28 am

    Jasper ek sal nie weet wat van al daai goede en dinge geword het nie, ek was nie in die weermag nie!

    Lekker naweek, ek chat eers baie later met julle, ek is af ander week!

  15. Jasper :

    Date: April 25, 2008 @ 11:36 am

    Wipneus, Dis nie dat hulle so skaars is nie, dis omdat hulle so oud en stukkend is ;)

    A3, moenie bekommer nie. Ons almal leer maar.

    Platty, iets gee my die idee daardie “probleempies” is sulke wit bussies wat ry soos hulle wil :lol:

    Zee, volgende keer sal ek daar gaan draai gooi.

    Meermin, geniet die vakansie!!

  16. ??? ??? ?? :

    Date: February 10, 2015 @ 2:50 pm

    ????????????? ???????????????????????????????????????????????…??????????????????????? ???????????????????????????????
    ??? ??? ?? http://www.soctrest.com/aes/famous-5127-9634.html

  17. naturalogy.org :

    Date: February 12, 2016 @ 12:58 pm

    We have been shocked!

  18. mcdonalds jobs las vegas :

    Date: April 29, 2016 @ 3:45 am

    I wish that this report was just a scam, since I Have worked at mcdonalds jobs las vegas for several years and I - can certainly inform people who it’s not
    at all up itis broken what to be.

  19. fishing kayaks :

    Date: May 28, 2016 @ 6:52 pm

    This piece of writing is genuinely a nice one it helps new the web viewers,
    who are wishing in favor of blogging.

  20. happyluke ?????? :

    Date: August 20, 2016 @ 3:00 am

    To bet a smaller amount you must find a game which does not require you to bet high
    amount to score a win. This means that you get
    larger amounts in return as you play longer. Nowadays, you can engage in these games by means of online from your at
    ease home and most essential 1 is you can play for genuine money.

  21. happyluke ?????? :

    Date: August 20, 2016 @ 3:01 am

    To bet a smaller amount you must find a game which does not require you to bet high
    amount to score a win. This means that you get
    larger amounts in return as you play longer. Nowadays, you can engage in these games by means of online from your at
    ease home and most essential 1 is you can play for genuine money.

  22. bunk beds :

    Date: September 3, 2016 @ 12:26 pm

    A? Can you and your children come to a reasonable acceptance of who will sleep on the top bed
    and who will sleep on the bottom. The vast majority will even provide data of basic safety benchmarks not to
    mention past shopper product reviews. Naturally, a bed is
    an essential piece of the room and it is significant footprint
    can take up a large amount of precious space.

  23. http://eazylanka.com :

    Date: October 10, 2016 @ 8:40 am

    I believe what you published was very reasonable. However, what
    about this? suppose you were to write a killer headline?
    I ain’t suggesting your information isn’t solid.,
    but suppose you added a title to possibly get folk’s attention? I mean Jasper se Griffelgids
    » Blog Archive » Begrafplaas vir
    ‘n strydros is kinda vanilla. You might peek at Yahoo’s front page and
    see how they create news titles to get viewers to open the links.
    You might try adding a video or a picture or two to grab
    readers excited about everything’ve written. In my opinion, it might make your website a little bit
    more interesting.

  24. u-haul albemarle nc :

    Date: October 11, 2016 @ 9:37 am

    You could certainly see your expertise within the work you write.

    The arena hopes for more passionate writers like you who are not afraid
    to say how they believe. Always go after your heart.

  25. alejandro isturiz chiesa :

    Date: November 29, 2016 @ 3:54 am

    ?l proceso inició en el momento en que la comisión envió ?na comuni?ación a ll?
    directiva de Bariven solicitando laas ?opias de todos loss contratos y órdenes
    de compras gesti?na?as por A?ejandro
    Istúriz C?iesa, ex-alto funcionario d?e la compañía durante la presidencia dde Javier Alvarado.

    Have a loo? at my ?eb blog :: alejandro isturiz chiesa

  26. kunststoffverarbeitungsmaschinen demag :

    Date: December 2, 2016 @ 3:35 pm

    Danke , ich Suchen info etwa für eine Weile , und dein ist das beste Ich habe herausgefunden, kam auf entdeckt bisher Allerdings Aber, was über die in Bezug auf den Abschluss bottom line? Sind Sie sicher, dass bestimmten in Bezug auf die Quelle Versorgung?

Leave a Comment

Your comment

You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.