Die Griffelgids Verjaar…

Algemeen 19 Comments

 

Regtig egtig.

Vandag is Jasper se griffelgids presies ‘n jaar oud. Hy kan dit self nie glo nie. die url is al 4 lekker jaar in omloop maar dit was ‘n jaar gelede dat Jasper die site fisies na ‘n blog verander het.

AL die “trials en tribulations”, die gevloek en skel toe al die Data “soos mis voor die son” verdwyn het oor vroetelvingers met die wordpress PHP gepeuter het en perongeluk die verkeerde “MySQL tables” met Navicat delete het. En natuurlik al julle mede bloggers se ondersteuning en raad oor hoe om dit te probeer terugkry. 2 weke verder was alles darm weer in plek en kon Jasper vir Roer “Gotlieb Grootlieg” se storie teruglaai.

Vandag het Jasper vir die eerste keer gaan loer hoeveel “hits” hy nou regtig gekry het in die laaste jaar en sy mond het half oopgehang. Van hy in Augustus 2006 die url by Clustr Maps geregistreer het tot hy met die blog begin het 02 September 2007 was die telling 2,636 hits. Die totaal staan nou op 11,941. Vir die bietjie wat hy blog en die tema’s wat hy gebruik is hy regtig ge-imponeerd.

oh-noJasper blog nie met opinie nie. Hy blog nie oor daaglikse nuus, sy daaglike lewe, sy emosies, skindernuus of enige iets anders wat ‘n debat kan veroorsaak nie. Dit is juis die dinge wat hy op ander blogs wil lees en daar sal hy sy pluimpie bydrae.

Die Griffelgids is wat hy is. Die tema is stokperdjies, persoonlike belangstellings en ‘n Joernaal vir Jasper se omswerwinge. Niks meer nie en niks minder nie. Jasper blog ook nie elke liewe dag nie. Somtyds verdwyn hy kortstondig en sonder seremonie. Die blaaskanse is soms gebonde aan werk, soms aan persoonlike redes en soms net om bietjie te besin oor nuwighede en hoe om dit in die tema van die blog in te pas. (Writers blog(ck) hehehe….)

Dan natuurlik Jasper se 2 seuns. ‘n jaar gelede was Jasper se omgewing anders. 2 ure per dag kon hy op die web surf en kuier op blogs. Vandag is dit juis daardie 2 ure wat opgeneem word deur sy kinders en dit is ‘n “no-brainer” aan wie hy liewer daardie tyd sal spandeer. Blogging is ongelukkig nie in die top 10 belangrikste kategoriëe in sy dag nie. As hy tyd kry surf en blog hy, maar waar more se tyd vandaan gaan kom vir Surf en blog is ‘n “enigma”. Dit kan gebeur of dit kan nie. Ieder geval pla hom nie.

Blogging is verslawend (Jasper se eie beskeie opinie). As hy jou byt haak jy vas en voor jy jouself kon kry raak jy ontnugter oor die tyd wat “blogging” van jou vereis. Dit is hoekom so baie bloggers begin en dan weer verdwyn… Die totale “disillusionment” oor die grafika, skematika en tyd vereistes van suksesvolle “blogging” en die dinge wat daarmee saamgaan. Dit is soos enige ander webtuiste. Jy wil voete deur jou tuiste hê en om dit te doen moet jy skouer aan die wiel sit en bydraes lewer by ander met soortgelyke aspirasies, asook “truuks” gebruik (Iets wat Jasper tot op hede geweier het om te doen want dit was syns insiens nie nodig nie..) om voete na jou URL te lok.

Veral vir ons taal Afrikaans. Persona (Afrikaanses - insluitende Jasper homself) wat op die kuber ruimte na iets soek doen dit nie in die moedertaal nie en daarom raak die soek enjins Arikaanse blogs nie so in diepte soos Engelse blogs of enige van die ander groot tale “Spaans”, Frans” ens nie.

Die nuanses van suksesvolle “blogging” is seker een van die interessantste psigologiese studies in die moderne kuber wêreld. Die psige van die onbekende bemarker in elkeen van ons en hoe die onbewustelike gebruik word om jouself, jou menings, jou emosie, jou kennis en gevoel te bevorder en onwetend te bemark.

Die wat daarin slaag is diegene wat ‘n “concientuousness” in hulself blootstel en daardeur nie net hulself nie, maar ook toevallig hul taal, kultuur en idees bevorder.

shades Dit is juis hierdie idees wat maak maak dat Jasper aanhou blog. Dalk nie so gereeld nie, maar nog steeds wanneer dit hom pas.

Deur die volgende jaar gaan Jasper nie enige iets verander in sy tema’s of styl nie. (Dalk net ‘n nuwe template) Wat hy wel gaan poog om by te bring is ‘n “blogging” model waar daar meer van “leefstyl” en “community” tuistes gebruik gaan word vir die bevordering van die idee van Afrikaans die taal, die kultuur, die  algemene idees van Afrikaanse mense en hul kundigheid.

Jasper wil bietjie meer “truuks” gebruik om nie die griffelgids nie, maar liewer Afrikaanse idiologie te bevorder. Soos hy tyd kry natuurlik…….

Met dit dan ‘n groooooot dankie vir almal wat kom inloer het by die griffelgids deur die jaar en gehelp het om Jasper op sy tone te hou as hy so af en toe koers vat na die vêr plekke toe, hetsy met die voet of met die gedagtes….

Web 2.0 Photoshop medalje

photoshop 4 Comments

Bou ‘n web 2.0 Photoshop medalje met ‘n Afrika tema saam met Jasper…

pumba-medal

Wat jy gaan nodig hê is die volgende:

1.   Laai vir jou die Afrika Tema dingbat font hier af: searchfreefonts.com 
- “unzip” hom en kopieer die TT leêr na jou “font folder” in die “control panel” van jou rekenaar.

2. Laai die Photoshop “style” file hier af: hongkiat.com 
- Installeer dit volgens die gegewens op die hongkiat tuiste.

As jy dit klaar gedoen het, maak jou Photoshop oop, kry ‘n bak popcorn, flex jou vingers en kliek op die “play” knoppie hier onder…

Read the rest…

Next Entries »