Blog verlof of net wegbreek?

Algemeen 19 Comments

Dit is nou langer as ‘n maand. ‘n maand en ‘n half om presies te wees. ‘n maand en ‘n half se blog verwaarloosing (Met goeie rede hoop ek).

Kinders, beurokrasie, nuwe geleenthede, hope werk, nuwe besigheids ontwikkeling, ou kennisse en vriende opspoor en hallo sê, ou kliente opspoor en vergete bande versterk etc etc

Kom ons kyk hoe het dit verloop (Deel 1).

Nuwe voertuie, nuwe huisie nuwe omgewing op die been gebring en deur al die drama van lisensies terug skakel na SA kaart lisensies gaan om vroulief se voertuig aangekoop te kry. Ten minste afgehandel, vroulief is gelukkig en die huis is half klein maar dis ‘n beginpunt. Vroulief weier om in een van ons huidige huise te bly so ons huur maar vir eers met die oog om bietjie window shopping te doen vir ‘n lekker plekkie (enige idee hoe moeilik so besluit is met die huismark wat so in sy maai is. Ek dink ek sal maar wag tot volgende jaar Maart (As ek nog hier is bygesê) en dan kyk wie hulle huise wil weggee soos dinge nou gaan. Miskien kan ek dalk ‘n winskopie losslaan.

Nuwe bank rekeninge. Enige idee hoe tydrowend dit is om met banke te werk vir rekenings, besigheids rekeninge en dies meer. Hulle is erger as die lisensie kantore. Geen probleem om ‘n persoonlike rekeninkie oop te maak as jy ‘n handjievols duisend het nie, maar o-wee…. Hoe de hel begin jy ‘n besigheids rekening as jy nie kan bewys die besigheids naam waaronder jy trade is joune in Suid Afrika nie. O-nee, gebruik maar jou Europese rekeninge en trek maar daarop. Dis vinniger en beter.

More sal ek bietjie verder delf oor wat dit verg om ‘n besigheid so gou moontlik te begin bemark in SA (Dit is half intriguing…)