Minimaliseer klein sake uigawes

rekenaars 12 Comments

Kom Jasper deel met julle so klein goudmyntjie van ondervinding. Al ooit gewonder wat dra geweldig by die rede dat meeste klein ondernemings maklik kan geld maak maar dit nie in die bank kan hou nie…..

Goot korporatiewe het dit maklik (die lang vingers van die korporatief strek ver en hy het die kapitaal om sy sisteme in plek te hou…. - Moenie dink nie. Selfs groot ondernemings in Europa begin nou op hierdie “bandwagon” spring, so help jouself.) So dit los ons om te kyk waar kan mens onnodige uitgawes sny. Dis nou al daardie klein jakkalsies wat jou bank rekening plunder maar ook die dieselfde jakkalsies wat so broodnodig is vir enige klein onderneming om so vlot moontlik te verloop. En natuurlik moet dit binne die reg kan geskied…

Vandag kan julle saam met Jasper kyk na IT toerusting (Die basiese rekenaar en sagteware om ‘n klein onderneming te bedryf vir jou en my)

Hoeveel spandeer jy aan jou rekenaar, windows sagteware, kantoor sagteware (Dit is nou iets soos Microsoft word en Excel ens.) en dan ook die groot (aaneenlopende uitgawe vir enige klein besigheid - en wat hom menigmale kelder) natuurlik die “accounting” program.

Instede daarvan dat jy nou al die hope geld moet loop spandeer, kom ons kyk na die opsies wat “open source” ons bied.

As jy nog nie ‘n rekenaar het nie, kom ons begin hier: As jy reeds ‘n rekenaar met Windows het, moenie bekommer nie want al die programme (uitsluitende Ubuntu) kan jy aflaai vir windows ook….)

ubuntu1.        Koop jou rekenaar (En vra die mense by wie jy hom koop om “Ubuntu” te laai as “operating system” - Mark Shuttleworth se speelding en gratis vir jou en my) Die foto hier links is ‘n skermskoot van hoe dit lyk en soos jy kan sien is daar nie veel verskil uit ‘n kosmetiese oogpunt tussen hom en “windows” nie so dit is nie nodig om te bekommer nie. As jy Windows kan werk sal jy regkom met Ubuntu. As die verskaffer vir jou ‘n windows sisteem probeer smous vertel hom liewers waar hy dit kan druk en gaan na ‘n ander plek om te koop.

2.       Ubuntu kom met firefox (web browser soos internet explorer) en sy eie e-pos program soortgelyk aan “Microsoft Outlook express” maar met meer funksionaliteit wat nader grens aan “Microsoft Outlook” (Dis nou insluitende dinge soos ‘n kalender, kontak databasis, “to-do” lys en dies meer en as jy nie van die ingeboude e-pos program hou nie kan jy altyd “thunderbird” gebruik wat op eie reg net soos ‘n volwaardige “Microsoft Outlook” werk - Dit is nou as jy al die “plug-ins” ook installeer. (Meer daaroor op ‘n ander keer - dalk)

3.      Reg so, nou het jy ‘n rekenaar en jy is op die web en jy het e-pos en so…. Wat nou gemaak met briewe tik en dies meer… Geen probleem, Daar is altyd “open Office“. Dit skop gat. Punt. Met Open Office het jy alles wat “Microsoft Office” jou bied en natuurlik ‘n bietjie meer. Selfs die hele Oxford en UK Open Universiteite hardloop op open office. Vra maar vir Jasper. Hy het sy meesters by Brookes onder die knie gekry met die. Untitled-1

Verskoon die volgende engels maar….

Daar is ‘n Word processor soos “Microsft word” ‘n spreadsheet soos “Microsoft Excel”, ‘n Presentation program soos “Microsoft Powerpoint” en ‘n rits ander eksklusiewe programme wat dit vir ‘n mens maklik maak. En as jou kind Wiskunde op skool het, is daar natuurlik “calculus” wat die beste sakrekenaar se gat skop. Maak nie saak hoe in diepte die Algebraiise algoritmes gaan nie. Selfs Trigonemetrie het sy baas hier gekry. Dit is korrek, jy het reg gehoor. Al hierdie is gratis programmatuur wat jy kan aflaai van die net af…

4.     Dit bring ons by die konstante geld wurg nommertjie vir enige klein besigheid. Natuurlik die gehate lisensie geld vir Pastel en al sy boekhou sagteware maatjies soos Sage en dies meer. Dis nou nadat jy ‘n hoop geld  spandeer het om die ding in die eerste plek te koop. Bo en behalwe die pilfererende uitgawes moet jy dan nog geld loop spandeer vir “support” en “training” en al die klas van dinge. Hoe vinnig loop jou hardverdiende geldjies nou uit die rekening uit….

turbocashVergeet van die programme wat jou geld kos. Skop die salesman by die deur uit en hou jou beursie toe. Laai vir jou “turbocash” af op die net (Dit is open-source en verniet) en support kan jy kry met die menige “tutorials” op hulle webtuiste en as dit nie vir jou werk nie, gaan kyk op “youtube” vir die menigte “tutorials” daar. O ja en voor ek vergeet, Turbocash kom in Afrikaans ook….

Nou ja, met die bogenoemde het jy al die gereedskap om jou besigheid te laat floreer en die klein jakkalsies in die bus te hou. Volgende keer as Jasper tyd het kan ons kyk hoe om jou besigheid op die internet te kry (Verniet, mahala en gratis - Met ‘n Google “pagerank” wat skrik vir niks)

groete

c4d

rekenaars 6 Comments

Al gehoor van C4D???

Jasper ook nie. Tot hy moes begin om ‘n mobiele klinie vir ‘n klient te ontwerp. Google Sketchup is ‘n gratis program wat vir die doel gebruik kan word, maar C4D bly sy baas.

Hier is ‘n google sketchup prentjie wat ek geskep het:

serphine-treatment

en hier is ietsie wat met C4D geskep is….

gallery_5_10_13473

“geen vergelyking”

Loer bietjie op youtube na C4D tutorials as julle tydjie kry. Dit maak mens dom voel as mens sien hoe maklik dit eintlik is…..

Natuurlik is C4D nie verniet nie (maar daar is natuurlik iets soos bittorrent.)

Se niks verder nie ;)

Verlore Tyd

Algemeen 4 Comments

Nog ‘n week verby en nog ‘n week vergane voor die rekenaar sonder om ‘n stukkie op die blog te sit. Waar gaan die tyd heen???

Van SA weer my voete gesien het is dit asof 6 jaar sy opvangs probeer maak in 2 weke. Ek probeer oral uitkom maar dit werk nie. Tussen werk, kinders, werk en nogmaals werk voel my dak soos ‘n bol wol wat net een pluk nodig het om die draadjie te ontrafel…

Alles is darm nie verniet nie. Dinge begin nou weer lekker in plek val en nog so 2 weke (geskatte) skouer aan die wiel en alles gaan mooi in ‘n ry stap.

Nog net die bank vir ‘n SA rkening (teensinnig), binnelandse sake vir ‘n verlore id (nog meer teensinnig) en die wet op maatskappye (Moet ek regtig….) en dan behoort alles te loop soos dit moet.

Die databasis is ontwikkel vir my kliente (As julle wil weet wat my so besig gehou het die laaste maand of wat) asook die nuwe besigheids webtuiste

Altwee kan hier besigtig word: www.bioclinworld.com

Daar is natuurlik nog so paar stukkies informasie wat nodig is vir die webtuiste maar dit is gelukkig klaar geskryf en moet net ge-publiseer word.

Na dese kan ek begin aangaan met vorige projekte en kyk hoe ver ek dit onder die knie kan kry.

Tot later

Blog verlof of net wegbreek?

Algemeen 19 Comments

Dit is nou langer as ‘n maand. ‘n maand en ‘n half om presies te wees. ‘n maand en ‘n half se blog verwaarloosing (Met goeie rede hoop ek).

Kinders, beurokrasie, nuwe geleenthede, hope werk, nuwe besigheids ontwikkeling, ou kennisse en vriende opspoor en hallo sê, ou kliente opspoor en vergete bande versterk etc etc

Kom ons kyk hoe het dit verloop (Deel 1).

Nuwe voertuie, nuwe huisie nuwe omgewing op die been gebring en deur al die drama van lisensies terug skakel na SA kaart lisensies gaan om vroulief se voertuig aangekoop te kry. Ten minste afgehandel, vroulief is gelukkig en die huis is half klein maar dis ‘n beginpunt. Vroulief weier om in een van ons huidige huise te bly so ons huur maar vir eers met die oog om bietjie window shopping te doen vir ‘n lekker plekkie (enige idee hoe moeilik so besluit is met die huismark wat so in sy maai is. Ek dink ek sal maar wag tot volgende jaar Maart (As ek nog hier is bygesê) en dan kyk wie hulle huise wil weggee soos dinge nou gaan. Miskien kan ek dalk ‘n winskopie losslaan.

Nuwe bank rekeninge. Enige idee hoe tydrowend dit is om met banke te werk vir rekenings, besigheids rekeninge en dies meer. Hulle is erger as die lisensie kantore. Geen probleem om ‘n persoonlike rekeninkie oop te maak as jy ‘n handjievols duisend het nie, maar o-wee…. Hoe de hel begin jy ‘n besigheids rekening as jy nie kan bewys die besigheids naam waaronder jy trade is joune in Suid Afrika nie. O-nee, gebruik maar jou Europese rekeninge en trek maar daarop. Dis vinniger en beter.

More sal ek bietjie verder delf oor wat dit verg om ‘n besigheid so gou moontlik te begin bemark in SA (Dit is half intriguing…)