Aanpas in SA

Algemeen 25 Comments

Jinne, wat ‘n week….

Van land in Johannesburg met skoonlief en die kroos tot huis uitsorteer en kar koop en dies meer. Skielik is ek wawyd bewus van beurokrasie soos ek dit nie ken nie. Toe ek uit SA uit weg is in 2002 was dinge makliker. Daar was nie soveel draadwerk met die banke nie en nog minder met die lisensie kantoor.

Kom ons kyk bietjie na lisensies in SA…

Jy kan jou SA lisensie in Engeland “convert” na ‘n UK een sonder drama maar om dit terug te verander het jy ‘n polisie verklaring, ‘n brief van jou werkgewer in die UK, jou paspoort en ID dokument nodig asook polisie gewaarmerkte afskrifte van jou paspoort wat die datums bevestig wanneer jy verhuis het landuit en wanneer jy teruggekeer het. (Dan vat dit 6-8 weke plus ‘n paneel deskundiges om dit goed te keur en vir jou ‘n nuwe lisensie uit te reik….

O ja en as jy nie ‘n SA lisensie het nie, vergeet maar om ‘n lening te kry vir jou voertuig… UK en Internationaal tel nie as geldig nie - (In die UK kan jy enige tyd met ‘n SA lisensie ‘n voertuig bekom)

Maar dit daar gelaat vir eers. Ek sal so met die tyd nog vergelykings skryf soos ek gewoond raak aan SA en sy manier van doen :?

Dankie vir julle ouens wat elke dag kom inloer en die debat of my voete los is iewers anders in die wereld. Julle is nie ver verkeerd nie, Jasper is alweer op pad diepste donker Afrika toe, die keer DRC en Equatorial Guinea (Maar eers volgende week ;) )

Byt Net Vas!!

Algemeen 13 Comments

Jasper probeer sy voete in SA vind…

Ek gesels weer sodra alles in orde is