Musiek tot in jou siel…

Algemeen 28 Comments

OK, hier is nou song om van notisie te neem (Jasper het nog altyd ‘n sagte plekkie vir Eddie Vedder van Pearl Jam faam…) en as ‘n dude met ‘n goue kitaar dit so kan speel dan luister ‘n mens…

Am I not entertained?

Algemeen 24 Comments

Wie wil nou meer in die lewe he as ‘n knapie jou so kan entertain!?

 
icon for podpress  Die airbus: Play Now | Play in Popup | Download

As jy lekker kuier

Algemeen 24 Comments

My week terug van die DRC af was ‘n besige een. Noemenswaardig om die minste te se. lapaWanneer kuier ‘n mens lekker? As jy natuurlik tussen mense is wat omgee en jou laat voel of jy tuis  is met gasvreiheid. Nie in Engeland nie natuurlik. Dit kan net SA wees. Tussen oubaas Tienie en sy vroutjie en oom Dirkas en sy vroutjie het my week in ‘n spontane geslligheidjie ontaard. Soveel so dat internet nie eens ‘n  gedagte by my was nie. Net so nou en dan gedink aan die “invoices” wat gedoen moes word, maar dit kon ook maar wag. Kopfoto’s vir more was die algemene gedagte wat by my omgegaan het.

Die mooiste landskappe in die Noord Wes het gesorg vir herinneringe wat saam met my gaan stap tot in die volgende lewe en natuurlik die aande se geselskap saam met oubaas Dirkas om ‘n kykvuurtjie met ‘n kitaar in die hand en die natuurlike samesyn wat net ‘n sisselende stukkie T-been kan verskaf. Nou vra jy my hoekom verlang ek so na Suid Afrika!? Waar in Engeland kan jy in die winter nog steeds tot 12 landy3uur lekker snoesig onder ‘n Lapa spandeer en die reuk van die bos om jou he met net so af en toe ‘n geurtjie wat deurslaan van die rooster af. Wissel dit dan met die klank van vingers oor die snare en ‘n diep stem wat sing van die mooiste Karoo.

Nee wat, my kaartjie is geboek. SA se poeier vir die xenifobiese, rassistiese kriminele samehang vat nie aan die drek wat in Europa rondloop nie en diepste donker Afrika se geheime blus die vure soos gister aand se hardekool as op die hert. Die gras is groener aan die ander kant maar die sny-wurms is vetter want daar is net meer geld vir kunsmus om die verrotting weg te steek vir die oog…..

huis Ek lees van ‘n oubaas wat versmoor is in sy huis vir ‘n selfoon in Suid Afrika en ek lees van ‘n 12 jarige seuntjie wat in sy bed geskiet is vir wat klaarblyklik “gang warfare” is in Engeland. WTF?? Alles in dieselfde week. Wat van die Suid Afrikaner wat doodgeslaan is in die kroeg in Sydney. Net omdat hy wou keer dat een of ander eilander nie met sy meisie moet lol nie..

Maak nie saak waar jy is in die wereld nie. As jy jouself expose gaan die ongeluk jou tref. (’n statement wat baie mee verkeerd gaan sit seker..) Hoe dit ook al sy, SA bied vir my meer as Europa op die stadium so ek en mammie kom terug van Julie tot Desember en van daar af sal ons ‘n besluit maak of dit Australie, Suid Afrika of Europa gaan wees…..

Jasper is nie dood nie……

Algemeen 16 Comments

Hy is net bietjie werksaam in diepste donker Afrika waar die muskiete byt en die malaria met krukke rondloop. Hier is die werk volop en kuiertyd gekrimp. Maar die boerseuns maak ‘n plan en selfs Wllington en Castle is beskikbaar

Een din is verseker,
Die Afrika sonsopkoms bly maar die mooiste in die wereld.

Ons gesels weer as Jasper terug is in die beskawing :)