Die Online Shop

Algemeen 25 Comments

sa-shopEk is half in my skik met my web projekkie so ver. Die SA-shop is so te se amper klaar en  daar is al so paar toets produkte gelaai. So far so good soos die ingilsman sal sê en vir die van julle wat die spul dophou kan ek net se dankie… Ek loer so elke nou en dan op die “My Blog Log” statistiek om te kyk hoeveel van die uitgaande klicks hardloop na die projek tuistes toe en ek was nogals vebaas om te sien daar is elke dag sowat 20 of wat lesers wat gaan ogie gooi daar. Ek is ook vir nou eers klaar met die kosmetiese gedeelte van die sa-shop en sal hopelik binne die volgende week of wat die url skuif na sy eie server toe en teen die einde van Junie behoort die spul aan lyn te wees. As julle iewers in die UK verkeer kan julle maar ‘n pakkie chips of 2 daar gaan koop. ;)

Volgende op die lys sal die relocations tuiste wees en as hy klaar is wil ek die “classifieds” tuiste tackle. die forum moet maar wag tot laaste. Agter os kom ook in die kraal en so…

EK het gister verneem dat my trippie DRC toe geboek is tussen die 22ste en 31ste Mei, so as ek effens stil is gedurende die tydjie sal julle ten minste weet hoekom. Leeglê kom mos elke nou en dan op ‘n einde dan moet daar weer gewerkskaf word om die pot aan die kook te hou. Dit is hoe dinge werk loop die storie deur die druiwe prieel of so lui die storie as my geheu mooi onthou… :?

Maar vir eers, geniet die naweek….