One drink to rule them all

Algemeen 12 Comments

Jasper is nie ‘n groot brandewyn drinker nie, maar as daar nou een afstammeling van die druif se sappie is waarmee hy sy pallette sal skoonhou na ‘n goeie aandete dan moet dit ‘n KWV 10 jaartjie wees. Vir ‘n kuier sessie is die 3 en die 5 heel aangenaam,maar die 10 bly die baas.

Net so skoon soos wafferse Franse Cognac. Groot boepens glasie en dies meer sorg vir ‘n gawe vervanging van die ou boererate wat praat van “lemon sorbet” om die kossies te laat sak.

Die Franse kan kom leer by die Suid Afrikaners as dit kom by goeie brandewyn….