RSS "icon" met Photoshop

photoshop 8 Comments

rss_icon_download

Ek is nog steeds besig om te timmer en te werkskaf aan die webtuiste projek en die naweek het ek weer heelwat dingetjies en datjies aangevang. onder andere het ek joomla se vervelige ingeboude  sindikasie skakels probeer opkikker met die nuwe “web 2.0″ temas waaroor almal deesdae so gaande is.

Dit beteken natuurlik ‘n wulpse nommertjie met beligting van een of ander kant af wat lyk of dit op ‘n gladde oppervlakte staan met refleksie etc. Dit is rss_icon_download_2 eintlik heel eenvoudig om die goed te maak as jy eers photoshop het en as jy nou soos ek is kan jy vir ure jou tyd daarmee mors.

Natuurlik is daar oor die langtermyn ‘n plan daarmee, want ‘n stel “icons” deur die regte affiliasie kan vir tot $200 op die internet verkoop en dit is wat ek probeer poog. Een van my vrinne het ‘n stel van die goed gemaak asook ‘n stel “web 2.0″ “buttons” en sy verdienste vir laas maand was ‘n heel ordentlike $1400. rss_icon_download_3 Wil jy nou meer dink ek toe vir myself. Dit kan nie so moeilik wees nie en toe slaan ek gougou die outjie aan mekaar.

Natuurlik met die help van een of ander photoshop meester “tutorial” wat julle hier kan besigtig…..

Handy icons
nog ‘n “tutorial”
Mish se blog (Waar hierdie icon ontstaan het)

En hier is die oorspronklike photoshop file as julle dalk wil verbeter op my poging…

Download RSS Icon Version 1.0

Downloaded a total of 982 times