Verwyl die Sondag

Algemeen 12 Comments

002 Wat is daar nou lekkerder op ‘n sondag as om saam met goeie vriende ‘n lekker kuiertjie te maak om ‘n lamsnek potjie.

So teen 9 uur die kole aan die gang gekry en ‘n bietjie uie, greenpepper, knoffel en gemmer gebraai en toe oorbedek met ‘n stewige klompie lamsnek filette in blokkies gesny.

terwyl die outjie lekker staan en borrel kom die Lamb stock met mint sousie by en die klankie wat op die windjie verby kom is heel parmantig…

Na sowat ‘n uur of wat se prut het die aartappels en pampoentjies bygekom en na nog sowat ‘n uur die res van die groenigheidjies. So bietjie blomkool en worteltjies met ‘n stukkie broccoli net om die outjie so effense kleurtjie te gee. ‘n glasie wit chardonnay kom by om die skapie bietjie te troos waarna die deksel opgesit word om alles snoesig te hou vir die geselskap.

Nog so 3 ure se stille sluimering met net die kole se rokie en ‘n effense klankie wat die atmosfeer skep.

Bon apetit!