Mayday Mayday

Algemeen 11 Comments

Waar is payday!?

Ek sweer die hele wereld het tot stilstand gekom gister en vandag. Nie net gebeur daar haas boggerol op meeste blogs nie, maar selfs in Engeland reageer die baas van ‘n besigheid nie op ‘n oproep van ‘n klient wat bittergraag ‘n bestelling wil plaas vir £1,250,000.00 nie. Dis nou Ponde, nie Rande nie….

Wat de hel gaan aan met die mensdom? :?

Ek probeer nou al 3 dae om iemand in die hande te kry vir ‘n invoice address en my e-posse gaan net ongesiens verby. Het dit selfs gestuur na die grootbase toe en niks gebeur nie.

(((((((((((((WAT GAAAN AAAAN))))))))))))))

Is die hele Afrika op vakansie??? Waar is al die mense??? Het die kontinent onder die see verdwyn???

hmmmmm…..

Maandag is vakansie dag in Engeland. Wonder wat dit gaan afgee. Hopelik tel die drommel sy telefoon op en kom agter dat hy voor Dinsdag vir my moet ja woord gee of hy bereid is om my klient se bestelling te vat of nie.

Elk geval,

Geniet die naweek..