‘n Web 2.0 "orb" met Photoshop

photoshop 14 Comments

orb Hierdie is nou vir as julle bietjie tyd het om met photoshop te speel. Agteroor sit, bier in die hand en vergeet van werk vir so 5 minute.

Dit is ‘n ossewa rit deur die branberg pas.

Die mannetjie spoel deur photoshop soos jy nie kan dink nie, maar die eindresultaat is “poignant”.

Hier is my eerste probeerslag. (’n volle 20 minute geneem om dit reg te kry ;) . Volg die skakel en doen jou photoshop ding en as jy klaar is, sit ‘n skekel op die “comments” laat ons kan pryse uitdeel vir die beste “orb”

Volg net die skakel en hou jou stoel vas. Hierdie ou maak uit van photoshop….

http://www.vimeo.com/937306?pg=embed&sec=937306

Verwyl die Sondag

Algemeen 12 Comments

002 Wat is daar nou lekkerder op ‘n sondag as om saam met goeie vriende ‘n lekker kuiertjie te maak om ‘n lamsnek potjie.

So teen 9 uur die kole aan die gang gekry en ‘n bietjie uie, greenpepper, knoffel en gemmer gebraai en toe oorbedek met ‘n stewige klompie lamsnek filette in blokkies gesny.

terwyl die outjie lekker staan en borrel kom die Lamb stock met mint sousie by en die klankie wat op die windjie verby kom is heel parmantig…

Na sowat ‘n uur of wat se prut het die aartappels en pampoentjies bygekom en na nog sowat ‘n uur die res van die groenigheidjies. So bietjie blomkool en worteltjies met ‘n stukkie broccoli net om die outjie so effense kleurtjie te gee. ‘n glasie wit chardonnay kom by om die skapie bietjie te troos waarna die deksel opgesit word om alles snoesig te hou vir die geselskap.

Nog so 3 ure se stille sluimering met net die kole se rokie en ‘n effense klankie wat die atmosfeer skep.

Bon apetit!

Mayday Mayday

Algemeen 11 Comments

Waar is payday!?

Ek sweer die hele wereld het tot stilstand gekom gister en vandag. Nie net gebeur daar haas boggerol op meeste blogs nie, maar selfs in Engeland reageer die baas van ‘n besigheid nie op ‘n oproep van ‘n klient wat bittergraag ‘n bestelling wil plaas vir £1,250,000.00 nie. Dis nou Ponde, nie Rande nie….

Wat de hel gaan aan met die mensdom? :?

Ek probeer nou al 3 dae om iemand in die hande te kry vir ‘n invoice address en my e-posse gaan net ongesiens verby. Het dit selfs gestuur na die grootbase toe en niks gebeur nie.

(((((((((((((WAT GAAAN AAAAN))))))))))))))

Is die hele Afrika op vakansie??? Waar is al die mense??? Het die kontinent onder die see verdwyn???

hmmmmm…..

Maandag is vakansie dag in Engeland. Wonder wat dit gaan afgee. Hopelik tel die drommel sy telefoon op en kom agter dat hy voor Dinsdag vir my moet ja woord gee of hy bereid is om my klient se bestelling te vat of nie.

Elk geval,

Geniet die naweek..

Next Entries »