Om die tyd om te kry…

Algemeen 20 Comments

Ek het vandag so klein projekkie begin (mos…)

Die idee is om 5 verskillende webtuistes te bou en dit dan te integreer en sodoende een globale "community porthole" te begin.

So wat het ‘n mens nodig om dit te begin:

1 x SA produkte verskaffer in Engeland. (Moet Suid Afrikaanse eienaars wees)    
1 x internationale verhuisings firma (Moet Suid Afrikaanse eienaars he en uit die UK werk)
1 x Huis verkoop en verhurings agentskap (Moet Suid Afrikaanse eienaars he)
1 x "classified ads" (ala gumtree)
1 x Forum (diskussie bord vir mense om my raad te gee en aanmerkings maak as ek sukkel ;)

Great, ek het nou al die mense wat die tuistes wil he gaan sien en almal se toestemming gekry en die webwerwe op die williewerkie server gelaai. Nou begin die bouery. As julle wil deelneem aan die projek, hetsy dit raad is of aktief wil help om die spul aan die gang te kry, of net uit die hoek uit ‘n bietjie wil koggel om my bietjie aan te vuur hiermee, julle is welkom. Stuur net ‘n e-pos.

Dan moet ek byvoeg, vir elke sent wat gespandeer word by een van hierdie tuistes verdien Jasper en die wat hom help 1%. Dit klink soos peanuts, maar R1,000,000.00 is R10,000.00 (En natuurlik is Gumtree na 5 jaar aan google verkoop vir ‘n redelike 6 figuur sommetjie…….)

Die tuistes is as volg….

http://estates.williewerkie.com
http://forum.williewerkie.com
http://relocations.williewerkie.com
http://sa-shop.williewerkie.com
http://classifieds.williewerkie.com

Die basiese tuiste is op elkeen gelaai. Die volgende is om die binnegoed bietjie te verander sodat elke tuiste doen wat hy moet doen. Vir die estate agent moet die gebruiker darm huisies kan sien met ‘n "google map" van waar die huisie nou eintlik is. Vir die sa-shop moet jy darm ietsie aanlyn kan koop soos ‘n chomp of ‘n stukkie biltong en vir die re-locations wil jy seker kan weet wat kos ‘n boks en ‘n stukkie bubble wrap en ook wat dit jou gaan kos om jou goedjies van Timbaktoe tot in Australie te stuur.

Sodra alles werk (En REG werk) gaan ek dit onder een "domain" integreer en begin sjielings verdien. (Ek hoop….)

O ja, dit is nie ‘n dag job nie dit is ‘n stokperdjie so alles gaan nie in een dag gebeur nie……. ;)