Vodacom die boef

Algemeen 6 Comments

vodacom Kom ons begin…

Vodacom vir al hulle mag is net "level 8" BEE. Hulle kom soos ‘n boef in die nag en steel jou moela onder jou neus weg en slaan jou ‘n maand verder met die rekening.

Hoe nou vra jy, dit is maklik. Pretensieus is nie die woord nie. Koop jy vir jou ‘n "mobile broadband USB dongle" op kontrak by hulle en gaan ‘n bietjie oor die limiet.

Hy word nie afgesny nie, hulle stuur liewer vir jou ‘n rekening teen R4 / Meg. O ja, moenie dink as jy oor die limiet gaan betaal jy net gewone data rates nie. O nee, hulle boks jou ore met "analog voice rates". As jy hulle aanvat daar oor en vra vir "itemised billing" sodat jy kan uitvind hoekom jy skielik ‘n rekening van R16,000.00 kry as jy net 7gig se data afgelaai het dan het hulle te vertelle jy kan dit net kry as jy kom met ‘n hofaansoek. Ja jy het reg gelees, jy moet ‘n hofaansoek indien by hulle om ‘n volledige gedetailleerde staat te kry. Is dit nie sinies of sal ek liewer se tipies nie. Dit was my sus se storie nou die dag toe sy die klein verrassing in die pos kry.

Sleep Jasper toe mos SA toe en koop vir hom dieselfde ding sommer op "pay as you go". Geen probleem nie reken die verkoopspersoon, dit kos net R275 vir 2 gig (huh, het sus dan nou vir my gejok of is daar fout met Vodacom se rekening stelsel?

Kom ons kyk dan maar hoe werk dit reken ek en koop die ding. R1600 vir die "dongle" en R275 vir 2 gig. Lekker, stel hom in en kry hom aan die werk. 50 Meg en daar stop hy. Nou wat nou!? Ek bel Vodacom. Nee Meneer, Jy moet eers die Analog na data toe convert op die website of deur *111# op jou selfoon te skakel en dit dan om te sit in ‘n data bundle anders kos dit tussen R2 en R4 per Meg. Hoe nou?? Kom weer!? Ek het dan uitdruklik vir JULLE verkoopsagent gese ek soek 2 gig se DATA. Hoekom het hy dit dan nie gedoen of my ten minste gesê om dit te convert nie!?….

Jammer meneer maar dis nou maar so. Fienies en klaar! Jy sal weer R275 moet koop en dit dan verander na data toe.

WTF :?

Data is data. Hoekom die publiek openlik roof deur "voice rates" te vra as hulle data gebruik?? Dink ek so liggies by myselwers. "want hulle kan". Daar is mos nie ‘n beheer liggaam in SA wat die verbruikers beskerm nie en die wat dit eintlik moet doen druk ‘n stukkie groen lap in die gatsak en die verbruiker verloor in elk geval……

Iets gee my die idee ek en ousus is nie die enigste wat hierdie tipe verrassingkie gekry het nie……